Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand.
Nie net nog 'n maand vir my nie, dis die maand wanneer ek die pad vat Namakwaland toe, en dan oor Herman se boomslang-stoep verby na die KarooNP.
Dit is ook die maand waar Rona haar man [Daan] en die toerbus in die pad druk, vêr plekke toe.
Gesels saam, dis waarom ons vriende is.
Jaagduiwel beboet deur vlieënier
Kyk nou die oulike berig. ‘n Jaagduiwel is deur ‘n helikopter gewaar wat met wildstellings besig was in die Krugerwildtuin naby Tshokwane. Toe land die vlieënier en beboet die bestuurder.
Goeie Hout
Ek hoop jy geniet ook die afdakkie vir jou karavaan. Die een wat ons laat maak het werk soos 'n droom. Ons het dit nou gebruik terwyl ons by Nata Lodge gekamp het. Nadat ek 'n foto geplaas het het ek groot lag gekry. Die hele storie was nog nie uitgestryk en square nie. Daan moes nog die toutjies ook span, maar ek kon nie wag om 'n koppie tee te maak nie en het toe sommer gou 'n foto geneem (die enigste wat ons dan ook het daarvan). Die manne met hul waterpasse sal ons seker lekker uitmekaartrek![]()
Rona se seiltjie,...
Ek wou liewer niks seg nie. My Kavango se sytent hang ook so slapperig soos n ongestrykte onderrok. Bly steeds n seeroog vir my.
Hallo Almal
Ek plaas maar n ou fototjie. Ons gaan die naweek in Berg Rivier kamp.
Dan toets ek die awning uit.
Sysak.....
Goeie hout, ek dog jy het n vlermuisvlerk met pale struktuur en al laat aansit. Neem net n ou naelborseltjie saam om tits met water te borsel as dit nie lekker loop nie
Sysak.....
Hoe bedoel meneer nou.
Nee Wessel, daar is nie vasmaak plek vir daardie swaar goeters.
Lekker week en gelukkige LENTE vir almal.
Lente se blaker
Wat se gagga weer is die in die Kaap. Strandfontein is soos baba nat en winderi😀
Lente se blaker
Hier in die Wes Kaap is dit lekker sonskyn met n kouerige briesie.
1 September ??
Lyk my Old timers loop dik vanoggend. Almal gesels land en sand oor lentedag wat vandag, die 1ste September is. ??? Op die Augustus gesels.





Dak stutte,
Dankie Johann L