So kry ek einde Augustus n waarskuwing van my epos watsenaam af dat die posbus vol is, en ek moet opgradeer anders kan ek nie stuur of ontvang nie. Daar is n skakel wat my toe ly na die epos, en na dit netjies oopgemaak is, se dit "no action needed". Ek het in die verlede baie sulke waarskuwings gekry en gewoond daaraan. Egter verlede jaar opgradeer na n GRoot posbus of whatwever, so effe verbaas gewees. Die blad en logo, uiteensetting, als lyk 100%, vra ook niks verder nie. So "no action needed" is mos reg.
Sondag wil ek epos oopmaak, niks gebeur nie, vra vir nuwe wagwoord, myne werk nie meer nie. Skrik ek my morsdood toe daar n nuwe wagwoord via SMS aankom. So word die tel no geGoogle wat die wagwoord gestuur het, en daar is dit n klomp wat probeer om bankinligting te bekom. Hulle het my oorspronklike wagwoord onderskep, en gebruik dieselfde wagwoord nou by al my sake waar wagwoord nodig is. Hul het mos nou my epos onderskep, en weet meer van my as ekself.....bankstate etc etc.
Die probleem is reggestel nadat ek sowat 200 onbekende eposse ontvang het, en n navraag omtrent die probleem wat ek gepos het, 100 keer herhasldelik gestuur is.
Op die stadium lyk dit darem nie of my sake omgekrap is nie, ek gaan elk geval maar wagwoorde verander, al het dit verskil. Wat meer pla is dat daar vreeslik baie persoonlike inligting, oa state van beleggings, balansstate en wie weet wat nog daar was nou in n krimineel se besit is. Ek praat nie eers van my woonadres nie, ons ontvang munisipale rekeninge per epos., Lekker nare gevoel hier in my ribbes.
Ek kry ...
... boodskappe van DSTV dat "scammers" mense probeer inloop met sogenaamde "decoder deals". Die afgelope week of meer kry ek gereeld oproepe in daardie verband. Gelukkig blok Truecaller dit vanself.
Dit het ongelukkig groot…
Dit het ongelukkig groot besigheid geword. Ek kry ook talle oproepe van ICASA wat beweer n simkaart wat in my naam gerigistreer is is besig met verdagte transaksies. Jy kan sommer aan die aksent hoor dis een of ander volksvreemde wat skaars behoolike ingels kan praat. Ag dis so lekker om hulle aan `n lyntjie te hou en dan vir hom te vertel ek weet presies wat hy wil doen.
Soos Herman noem die feit dat hulle soveel van jou inligting het is skrikwekkend. Die vrou se kaart was iewers gekloon en daar was talle transaksies van Uber Eats wat wou deurgaan. Die bank het self dit geidentifiseer as fraud en dit gestop nadat die eerste transaksie deur is. Haar kaart is nou verander dat daar vir `n pin nr gevra word vir elke transaksie as daar "getap" word.
Wie hier vind dit nog steeds snaaks as jy `n aankoop maak en die girlie agter die toonbank jou vra of jy wil tap of insit ![]()
Nog steeds die ongerief van kaarte wat gestop is en vervang moet word en die bank wetende dis nie jou skuld of fout nie laat jou betaal vir daai nuwe kaart.
Bottom line wees maar versigtig ek dink baie van die bedrog kom vanuit die banke self nes die transito rooftogte waar daar bewys is dat in meer as 75% van die gevalle personeel of oud personeel daarby betrokke is
Groetnis
Kredietkaart
Verlede week, met Daan in die hospitaal en op 'n kretieke tyd van 'n hordes vorms voltooi kry ek toe ook 'n oproep. Die vrou het gesê dat sy skakel van my bank en het baie ingelig geklink toe sy my naam en kaartbesonderhede gee en sê dat iemand probeer om 'n R11 000 se aankoop te doen aanlyn met my kaart. Ek sal 'n sms van die bank kry met 'n OTP wat ek oor die foon vir haar moet gee, dan kan sy verhoed dat so 'n transaksie plaasvind. Oproep beëindig, en omdat ek nie geweet het waartoe sy instaat is nie en in die harwar, kanselleer ek toe maar dadelik my kaart. Die nuwe kaart is reeds by die naaste bank (Middelburg) en die ongerief om dit te gaan haal is myne....
Ja nee, die scammers werk…
Ja nee, die scammers werk kliphard daar buite en hou daarvan om Absa fraud afd te gebruik. My ook gevang met sogenaamde cell contract wat hulle ontdek het en wil my vergoed. Die mannetjie praat vlot Engels, homself geïdentifiseer en was baie oortuigend. Steel toe R3000 by my en wou nog aangaan, maar ons het toe te laat snuf in die neus gekry en oproep gestop. Bel die regta Absa fraud nommer en hulle ken nie daai persoon. Moes toe maar trots in saak sit en 'n saak gaan maak wat nog ondersoek word. As iemand nou bel en klink verdag dan blok ek sommer die nommer. So leer ons maar deur ons foute.
Fop jou hier en kul jou daar.
Nee wat, as daar nie fotos of dagvaardiging aangeheg is nie, is dit kansvatters. Lees nou die dag van dame wat ook verdagte oproep van haar bank kry. Sy bel die bank se bedrog afdeling en die plaas haar oproep oor direk na die scammers wat gebel het. Dit seg alles.






Alweer
Sien dat die draad deur my begin is in 2018 ! En waaragtig vanmiddag lui my foon. Mnr Johannes, my erste naam, ek is van ABSA bedrog en daar lyk na ń verdagte transaksie wat wil deurgaan vir die bedrag van R5000.00 vir Liberty..
Sê vir die man ek bel hom terug om net seker te maak van die nommer. Hy meld dat ek direk by hom sal uitkom. Dit is sy " extension" Bel, dame antwoord, en baie netjies gee sy die hele storie van wat bedrog sal verhoed etc, maar sal my deursit. Ek kla oor swak sein by haar en sê ek bel netnou terug.
ABSA bedrog no is op my foon, bel hulle. Die vra my om die tel no te gee wat my gebel het wat ek toe doen. 079.... Word gevra of ek enige inligting gedeel het. Die is nie ABSA bedrog no nie, hulle sal elk geval nooit van ń cell no gebruik maak nie.
Ek vermoed die lek is by Liberty life waar ek ń klein polis uitgeneem het op 20 jarige ouderdom. Mens moet maar versigtig wees.