Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -7 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -7 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Dit vat Deursettingsvermoe .../ It'l Dodat

Jozie
Submitted by TWTFAWC on
Forums

Kyk ou maat, As dit hier by die viswater’s kom....

En self as ek dit moet op eie voet se......

Ek... 

Ek is n GESOUTE pap gooi-er

Ek stap al so 20 Yaar water lanks....

Terug, al daaai jaaare agter die blad,.... Ek’t geweet, eendag is een dag. Ek GAAN my PB (Persoonlike beste) uithaal.

Dit vat net deursittings vermooe... twintig dem yaar deursittings vermooe..

Sooveel van daai dem pap-veertjies veloor, dat dit meer ekonomies was om somme my eie te maak..

Toe is dit met hier met draad / suig-strooitjies / slinger / dolly en selfs n soldeer baadjie wat oppi Cadac verhit....
En toe? So veel pap-springs gemaak terwyl ek stok laangs gewag  dat 20 yaar later ek’t nog terduisende van die goed...

SIEN SELF GE-COILED EN AANMEKAAR GEPLAKTE PAP-VEERE

ash

Nie te praat van die moerse klomp vis wat tussen kant-langs en keep-net weg-gekom...

Die inni-water duik... Die rondspartel in die water om di vissie weer in die hande te kry...... 

So hele paar nuwe vloek-woorde aan die bewind gebring....

Nooit reg-gekry, maar doen dit elke donnerse dom keer....

Nou Ja.. Ek’t ook daai storie bewerk deur n spaar keepnet wal langs te hou, die dem vis inni spaar keep-net te sit en somme die hele spul so tot by die staander te vat... 

Dit werk nogal goed hoor.... maar terug by ek en visvang.....

TWEEDE KEEP-NET

ash

Tong vas geklou tussen tande...(somme al amper af-byt) stry ek om te cast... 

En al gooi ek dit hier, of gooi ek dit daar, of self somme D#nner dit  heeltemaal sommer uitmekaar

Todat ek self besef, ek gaan noooooit soos DIE MANNE kan gooi.... 

Toe modify ek somme my moerse duur op-blaas ARK rivier-kanoe en so electric voerr-voerr ding agter om daaaai pap dingitjie uit te vat tot net-die-plek

MOERSE EXPENSIVE CLASS 5 RIVER RAFTING ARK INFLATABLE ARK CANOE

ash

 

Praat nie eers van die vis tekkel...

Moeties / dips / haakke / swaavels / lumi-lights / policie-manne ter duisende van / goeters om die aas te laat sink, en goeters om die aas te laat float / lyn / braid / carbon-fiber stoke (tot die dem ding my geskok) en dan weer-koop terug na veeselglass / rod-pods / bait-stations / emmers / sommer n plaas vol wurms.......

ALLES EN NOG WAT

fsh

fsh

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

BAIT WORKSTATION

fsh

 

MUTI BOX

fsh

STROOPE EN TACKLE.NOG VAN DAAAI SELF GEMAAKTE VEERE (die met die blou slider... somme uit n suig-strooitjie gemaak)

fsh

 

RODSTANDS,1 VAN TWEE

fsh

RODSTANDS 2 VAN 2

fsh

 

KATROLLE...SHIMANO’S NOGAL

fsh

 

Ek’t so veel geld ingesit, ek kon net sowel dit innie bank en vis drie keer n maand elke maand vir die res van my natuurlike lewe koop...
Maar..... Ek’t  geweet.... EENDAG is eendag... Ek gaan my PB eituintelik kant-langs uitbring....

En nou-toe-nou, Die laas December.............. gebeur dit... My PB...

Nou wie se n mens se PB moet die grootste vis inne dam wees..

HUH?

Wie het daai law-of-fishingl gemaak?

HUH?

Die soos langs my voet... al ter diusende... 

fsh

 

Die soos inne skepnet en groote. Al-seker  honderde van hulle...  Gaaap-gaaap... Aga-nee-a. Nog een..

fsh

Ek hou net een vis inne keep-net, en die net vir een dag, en dis die grootste een wat ek uithaal... Net om die anner pap-gooi-ers se ego af te verbrokkel....

Maar die een...

Van die groote het ek net een keer in twintig of wat yaare van water lanks en moer baaie geld uitgehaal......

 

YAAAAAAAAAY UITEINTELIK...20 JAAR LATER MY PERSOONLIKE BESTE

fsh

 

YAAAAAAAAAY UITEINTELIK...20 JAAR LATER MY PERSOONLIKE BESTE

FREDA: Ag Warren, ek kan nou nie jou foto's oopgemaak kry nie.  Maar dit is nie jou skuld nie, ek sukkel baie vandag met my laptop.   Alles is stadig en wil nie oopmaak nie.   Is ek verkeerd as ek raai dat jou PB was 'n klein vissie?      Toemaar, dis beter as wat ek nog ooit gevang het......    Ek weet julle vang vis met PAP, maar aan daai een kon ek nog nooit gewoond raak nie

Frans Pretorius:

Freda, hou  moed, die forum was effe deurmekaar, nie noodwendig jou skootrekenaar.

Warren, ja, sometimes you win, anderdag verloor jy weer!!!, soms klein, anderdag weer GROOT!!!,  soos jou PB het ek ook al vir myself as PB gevang, nou 30 jaar later hoor ek nog altyd die gespottery daaroor!!

Ons wag vir die GROTE!!

LEN LOADER:  

Nee o hemel, dit lyk baie ingewikkeld en dit lyk ook na heeltemal teveel werk  -  erger as grassny !

Ek sal maar my vissie by Ocean Basket gaan eet !

TORA:

Len Loader het geskryf:

Nee o hemel, dit lyk baie ingewikkeld en dit lyk ook na heeltemal teveel werk  -  erger as grassny !

Ek sal maar my vissie by Ocean Basket gaan eet !

'n mens wat nie weet wat dit is om 'n vis aan die hoek te hê wat jou skill's toets tot die uiterste toe nie sal nooit daai sensasie belewe nie. enige Steenbra groter as 10 kg gaan jou 'n harde tyd gee, want as hy hier in die laaste Brander is dan gooi hy sy Exhorst brakes uit en dan moet jy weet wat jy doen. een foutjie en hy is los. Hier staan my seun met sy eerste twee Steenbras wat hy uitgehaal het met my leiding. en dit was die begin van baie lekker tye. die lekkerste vis wat jy kan rook. Sorg net dat sy grote so tussen 2- 4 kg is anders is hy droog. 

fshfsh

DUSTY:As visvang eers in jou bloed is.......... dit bly vir my ook lekker. die probleem is net, waar is dit deesdae veilig om rustig te sit en visvang. Het al'n paar keer by Dennekruin gaan visvang maar in die nag word jy aan geval en beroof. hoor ook so van 'n klomp ander plekke wat ook so is

FREDA: Sjoe, Tora, dis darem mooi visse daardie hoor.   My oorlede man was 'n groot (see) visserman, so ek weet waarvan jy praat!   Hy het elke visvangplek in dele van die tuinroete en langs die weskus op soos die palm van sy hand geken, toe hy nog 'n Kapenaar was.   As ons naweke by die see gaan kamp het, was ek 'n grasweduwee, hy was by die viswaters.  En hy het altyd sy eie aas gekry, mossels gegrawe, rooiaas van die rotse afgesny.  Ek moes altyd die emmer dra vir die mossels.  Sy geliefde vis om te vang was galjoen.  Hy het dit gebloei maar ek wou dit nooit eet nie oor dit vir my te blou was.   Daar is niks lekkerder as vars gevangde vis, uit die see, nie.

It'lDodat:

Moerse dankie almal vir julle insete.... 

So N ligtelik kykie na my visvang vermooe... Ek't daai probleem lekker vas-gepen om eder om vir die kleinste vissie te gaan, en DAARUIT success te he.... Hehehe

Net n jammerte dat die photoes nie van self wys, en moet daarop ge-kliek word....

Dusty ja, kamp veiligheid in n groot storie.... Ek ävotuur"op my eie, en trek so ver van die mensdom as ek kan.... Ek't so paar idees hieroor maar moet eers vooruit kom met photo laai in die gallery en Anton werk sy Wiellie-Wallie af om di photo ding in die post reg te kry....

TORA:

Freda het geskryf:

Sjoe, Tora, dis darem mooi visse daardie hoor.   My oorlede man was 'n groot (see) visserman, so ek weet waarvan jy praat!   Hy het elke visvangplek in dele van die tuinroete en langs die weskus op soos die palm van sy hand geken, toe hy nog 'n Kapenaar was.   As ons naweke by die see gaan kamp het, was ek 'n grasweduwee, hy was by die viswaters.  En hy het altyd sy eie aas gekry, mossels gegrawe, rooiaas van die rotse afgesny.  Ek moes altyd die emmer dra vir die mossels.  Sy geliefde vis om te vang was galjoen.  Hy het dit gebloei maar ek wou dit nooit eet nie oor dit vir my te blou was.   Daar is niks lekkerder as vars gevangde vis, uit die see, nie.

En daar is min visse so lekker soos 'n Galjien op die kole.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sun, 07/05/2017 - 12:26

Jip.

Lees ook nou van julle se hengel praatjies. Ek het ook oorgeslaan na pap gooi. Seer skouers en see hengel werk teen die joints by die skouers. Maar ek geniet nogal die papgooi. As die vis te veel pla gooi ek lee hoeke sonder aas in. Kry dan biki kans om my J&B ding te doen. Nou word ek warm, trek op en aas die hoeke.

Warren jy moet saam my by Kimberley, Riverside gaan vis. Naby genoeg aan jou. Dis op die walle v.d. rietrivier.. daar waar die kleinbek geelvis uitbroei. Jou PB le en wag vi jou. End Januarie, byt hulle goed, daars nie kans vi J&B nie.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 08/12/2017 - 07:41

Ek volg die reeks Hier gaan ons al weer Petri en vrinne vang vis die land vol het laasweek se program geniet waar hulle by Loskop dam was en daai mooi blou kurper gevang het lekke draad hierdie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus