
KLIEK HIERBO VIR ARTIKEL:
Boa Vista
So ons kuier by Boa Vista was uit die boeke. Ek kon nie glo die tenthuise was so gerieflik en groot nie. Alles was uiters netjies en elke oggend het iemand gekom om op te ruim. Ons het heerlike weer gehad en langs die strand gaan stap. Ons het ook elke dag gesnorkel en die mooiste vissies gesien. Ek het tot my geliefde "pencil fish" gesien. Die sonsondergange was elke aand asem wegslaan oomblikke. Tot die strand word elke dag skoongemaak sodat daar nie ongewenste goete rondlê as jy op die strand sit nie. Cecily en Corrie was heeltyd beskikbaar om seker te maak dat alles perfek is. Maar oooo wee die laaste dag was wàrmm en ek het te veel shandys en R&R's gedrink, vir iemand wat omtrent nooit iets drink nie. Dis ongelooflik veilig en beskermend en ons kon goed ontspan. Lorense winkel het regtig wat jy nodig het, veral Tiptinto hahahaha.
Dankie Petro vir die…
Dankie Petro vir die terugvoering
Dit klink na paradys.... ek wil ook gaan.
Ek het nog so baie om te…
Ek het nog so baie om te vertel. By die grens het alles lekker rustig verloop, die runners kan net op jou senuwees werk. Toe ons sien die locals val agter die vragmotors in toe maak ons ook maar so en was spoedig deur. Ons was net 1 keer gestop maar die polisieman, wou maar net hallo sê en ons moet veilig ry. As jy regtig iets nodig het is Macia nie te ver nie. Ek was baie beindruk met die diens by die BCI in Bilene. Van die klerke verstaan en praat so bietjie afrikaans en was baie vriendelik en aangenaam. Ons het sommer kontant saamgevat en net omgeruil. Maar nou die pao broodjies was darem baie lekker en ons sal beslis op dieet moet gaan. Oppad terug huistoe het ons gps ons na die bakkery toe gevat hahahahaha. Ek moet ook sê met al die inligting en raad van Drivemoz het alles baie makliker gegaan. Ons het geweet waarvoor om uit te kyk.
Lekker man lekker. Dit is…
Lekker man lekker. Dit is heeltemal n ander verlof as hier in SA by die ATKV.... Maar baie lekerder.
Pragtige fotos wat julle daar geneem het. Maak my sommer verlang.
Klink lekker Petro, nou moet…
Klink lekker Petro, nou moet jy vir ons paar foto's ook wys.
Awesome! Baie mooi foto's…
Awesome! Baie mooi foto's. Dankie Petro ![]()
Watter forumlid gaan…
Watter forumlid gaan volgende?... Dit is n pragtige plek.





Petro, julle moet veilig ry…
Petro, julle moet veilig ry en geniet dit. Hoop alles loop mooi vir julle.