Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann, November 2026 Rona du Plessis -17 minutes ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Boa Vista - Mosambiek - deur Segekok

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

boa vista

KLIEK HIERBO VIR ARTIKEL:

google kaart
Pretoria
Profile picture for user Petro Pretorius

Petro Pretorius

Thu, 21/12/2017 - 14:12

So ons kuier by Boa Vista was uit die boeke. Ek kon nie glo die tenthuise was so gerieflik en groot nie. Alles was uiters netjies en elke oggend het iemand gekom om op te ruim. Ons het heerlike weer gehad en langs die strand gaan stap. Ons het ook elke dag gesnorkel en die mooiste vissies gesien. Ek het tot my geliefde "pencil fish" gesien. Die sonsondergange was elke aand asem wegslaan oomblikke. Tot die strand word elke dag skoongemaak sodat daar nie ongewenste goete rondlê as jy op die strand sit nie. Cecily en Corrie was heeltyd beskikbaar om seker te maak dat alles perfek is. Maar oooo wee die laaste dag was wàrmm en ek het te veel shandys en R&R's gedrink, vir iemand wat omtrent nooit iets drink nie. Dis ongelooflik veilig en beskermend en ons kon goed ontspan. Lorense winkel het regtig wat jy nodig het, veral Tiptinto hahahaha. 

0
Pretoria
Profile picture for user Petro Pretorius

Petro Pretorius

Thu, 21/12/2017 - 14:31

In reply to by Petro Pretorius

Ek het nog so baie om te vertel. By die grens het alles lekker rustig verloop, die runners kan net op jou senuwees werk. Toe ons sien die locals val agter die vragmotors in toe maak ons ook maar so en was spoedig deur. Ons was net 1 keer gestop maar die polisieman, wou maar net hallo sê en ons moet veilig ry. As jy regtig iets nodig het is Macia nie te ver nie. Ek was baie beindruk met die diens by die BCI in Bilene. Van die klerke verstaan en praat so bietjie afrikaans en was baie vriendelik en aangenaam. Ons het sommer kontant saamgevat en net omgeruil. Maar nou die pao broodjies was darem baie lekker en ons sal beslis op dieet moet gaan. Oppad terug huistoe het ons gps ons na die bakkery toe gevat hahahahaha. Ek moet ook sê met al die inligting en raad van Drivemoz het alles baie makliker gegaan. Ons het geweet waarvoor om uit te kyk.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 21/12/2017 - 14:31

Lekker man lekker.  Dit is heeltemal n ander verlof as hier in SA by die ATKV....  Maar baie lekerder.

 

Pragtige fotos wat julle daar geneem het. Maak my sommer verlang.

0
Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Thu, 21/12/2017 - 14:59

Dit is stunning. Baie dankie vir die deel Petru

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 21/12/2017 - 21:00

Dankie vir die deel, die vertel, die mooi fotos en ook die jaloers maak. Bly julle het dit geniet.

Segekok verlang nou seker lekker terug.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus