Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -13 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -14 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -15 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -16 hours ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/11/2025 - 09:12

Oom Grootwind met sy afwersie van stortwater op ń staanplek, sal op die kriteria lys insluit. " Ondersoek die ontwerp van gryswater hantering " devil

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 13/11/2025 - 09:27

Gryswater is mos nie 'n probleem nie oom Neef? Laat dit net uitloop op die ou langsaan se staanplek? devil Jy herinner my nou mos...moet op my lysie byvoeg dat ek 'n klomp swembad pype moet bykoop wat darem sowat 6m weerskante van 'n staanplek kan bykom! Ontwerp uitgesorteer...

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/11/2025 - 09:41

Ek sal ook enige smal straatjie met daai vuurwa rydevillaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 13/11/2025 - 09:54

Pak 'n projek aan. Beplan en bou 'n motorhome wat aan al julle behoeftes voldoen (gryswatertenk ingesluit). Niks meer se gesleep nie en alles wat jy nodig het is beskikbaar ook tydens jou hele rit. Oor al die voordele en gerief kan ek hier gesels tot môresmiley

Of pas jou spreivel (is dit 'n spreadsheet?) aan en koop 'n klaar vervaardigde eenlaugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 13/11/2025 - 10:43

Hoor jou Rona! Maar alles in die lewe is mos maar 'n kompromis! As ek vir RV gaan eindig ek steeds op met iets om te sleep, iets soos 'n Jimny om darem mobiel te wees terwyl mens kamp, andersins alles opslaan, winkels toe ry met 'n bus, en later weer opslaan?

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 13/11/2025 - 10:54

Beskikbaar op my kortlys is tans eintlik maar min te kies. slegs een Sensation Deevee, drie Quantum Connect's, al die Connect's moet 'n tent bykry en almal is sonder movers, maw tel nog iets soos R7o+k by die prys. Meeste beskikbaar is Classique's, 'n hele 10 word tans ge-adverteer. Sal die naweek bietjie rondry en gaan kyk...gelukkig is ons nie haastig nie. En as 'n wa nie met ons "praat" nie kyk ons maar verder...

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 13/11/2025 - 20:40

Lyk nie of ek jou gaan oortuig nie, Grootwind. Met bietjie beplanning van jou buite-opset hoef mens nie 'n Jimny saam te sleep nie (ek gaan nooit). Maar nouja...

Geniet die rondkyk. Sal interessant wees om die uiteinde te hoor.

Ns. Net vir die pret: gaan toetsbestuur 'n motorhome (een waar mens van voor na agter kan deurloopsmiley

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 13/11/2025 - 23:30

houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie

Quantum het ook nog hout in panele

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 14/11/2025 - 09:08

Jy is reg Geert, ek was onder die indruk Quantum se waens het nie hout innie panele nie. met agente gepraat vanoggend en almal reken dis "net die matriks aan die binnekant waaraan die meubels vas is..." wat dit ook al beteken.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 14/11/2025 - 15:13

Ek het so ruk terug geloer na n Quantum Connect teen n goeie prys. By nadere ondersoek het hy houtvrot gehad agter waar stort is...lyk my stortpan was nie meer mooi geseël gewees nie en water het sy ding gedoen .

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/11/2025 - 17:19

Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer 

GW, jou kommentaar soos hierbo het my nou ook uitgelok om aan die gesprek deel te neem, al het ek nie meer 'n karavaan nie.

Kan jy asseblief verduidelik wat jy bedoel met "te omslagtig om te hanteer", met ander woorde, presies in watter opsig is 'n dubbelas karavan met movers  moeilik om te hanteer ?

Op 'n ander punt, jou eie ouderdom is nie 'n kwessie in hierdie geval nie, jy het  nog so 'n 10 jaar om my in te haal !

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/11/2025 - 17:52

.... roer hom Len!!! Die mannetjie weet net nie hoe jy 'n Exclusive kon hanteer nie. laughlaugh 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 15/11/2025 - 18:51

Gelukkig is "party" omies oppie forum nie "besluitnemers" wat ons nuw wa aanbetref nie! Dan het ek sekerlik opgeeindig met iets wat soos 'n baster tussen 'n Kavango en 'n Exlusive lyk, Kavango met twee asse? laugh

Vandag my spreivel op 'n toetsrit na 'n verskeidenheid Pretoria en omstreke se handelaars geneem om eerstehands te kyk hoe lyk die 2de handse waens wat hulle adverteer. Heelwat Classique modelle gesien waarvan meeste maar redelik verweer voorgekom het met o.a. sonskade, ene met 'n stinkende yskas, ander ene waarvan die yskas se onderste deel redelik roes wys, sleephake wat erg geroes is, foutiewe kas skarniere, en natuurlik heelwat met matrasse waarop ek nie eers 'n rondloper hond sal laat slaap nie. Van die probleme is maklik om reg te stel, ander minder so, soos vervanging van yskaste of matras, beide duur items. In Pta area geen Quantum Connect gesien nie, asook geen Okto nie...daarvoor sou ek Randburg of Germiston toe moes ry. In die opstel van my spreivel het ek wel landwyd advertensies deurgewerk om minstens 'n idee te vorm wat beskikbaar is. Ons het gelukkig wel twee Clasiques asook een Sensation gesien wat almal in 'n puik toestand is,  met net 'n paar kleiner dingetjies wat aandag verg, maar geen "deal breakers" nie. Ons het op die ou einde besluit dat tentatief ons vir die Sensation sal gaan, Die kort aandag aan 'n paar deurknippe en skarniere, asook nuwe bande. Die wa kom met lugreëling asook Ewiks movers, radio, awning en 'n volledige tent. Vanmiddag was dit 'n gemeet by ons huis om te kyk of die wa wel sal pas. Lengte is sowat 7160 mm teenoor die Fleetline se 5988 en breedte 2480 mm teenoor die Fleetline se 2350 mm. Hoogte is nie 'n probleem nie aangesien ons afdak 3000 mm hoog is. My hek breedte is skraps maar die wa behoort net-net deur te gaan, gelukkig sal die movers dit makliker maak. Volgende week sal ons die wa in detail deurgaan voor ons die koop finaliseer. Wat die Fleetline aanbetref is 1995 modelle nie juis gewild as inruil middel nie, maak nie saak nie, ek sal 'n paar dinge oppie Fleetline  uitsorteer en die dan uit die hand verkoop. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 15/11/2025 - 19:40

Ek sien hierbo jy verwys na "party" omies in aanhalingstekens, met ander woorde dis die Engelse "party" (partytjie omies) waarna jy verwys. Of is die party omies sommige , maar nie alle omies nie ?

Terug na die onbeantwoorde vraag : in watter opsig is 'n dubbelas karavaan met movers te moeilik om te hanteer ?

GW, ten spyte daarvan dat jy nie hierdie vraag sal kan beantwoord nie,  moenie worrie nie,  geniet jou Sensasie drome, dis 'n oulike wa, maar nie so oulik soos.................. !

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/11/2025 - 19:53

....net soos jy daar seg!! Party omies lees en hou vordering en keuse met arendsoge dop.

Voordat ek elke keer met "movers" deur 'n  hek moet sukkel, maak ek liewer die hek wyer.laugh Mens moet nie adverteer dat mens met verlof gaan, en huis alleen los nie.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 15/11/2025 - 19:56

Pta area geen Quantum Connect gesien nie,

Daars een by Caravans4Africa 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/11/2025 - 20:15

...ek sal op jou nommer druk as ek my Kavango wil verkoop. Daai ene by Caravans for africa is presies my huidige model. Ek sal heelwat meer vir myne wil hê.

Myne het voltent, lugreeling, omsetter, nuwe opgradeerde onafhanklike vering, 17" bakkie {Hilux} vellings en bande en PBE elektriese stelsel wat 400watt sonpanele kan hanteer, en twee 105amp.hr batterye..  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/11/2025 - 20:16

....roer jou blaker môre oggend en gaan kyk. Dis om die hoek van jou af!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/11/2025 - 07:57

Grootwind, die ene is by Randburg Loftus caravans, R389 000

Lekker rondkyk, onthou jy het gesê julle het BAIE tyd. Moenie nou oorhaastig raak nie.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus