6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -50 minutes ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 hour ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -2 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -8 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/09/2025 - 19:17

Weet jy hoe mooi en opwindend is dit om atlete dop te hou, met ou leeu of luiperd op hulle hakke. Al wat meer skouspelagtig is, as dit ou olifant is wat deelneem.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/09/2025 - 20:29

Neef het lank gelede ook ingeskryf vir die wedloop, dit het baie beperkte inskrywings, so jy is gelukkig om in te kom. Maar my werksverpligtinge het  my gekelder en het my nommer vir ń maat gegee. Hy het dit vreeslik geniet. Hy vertel dat toe hy klaarmaak cheer almal vir Herman wat al die pad van Knysna af kom.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 01/09/2025 - 21:00

Ons dogter het ook jare gelede (+/- 2007) daar gaan deelgeneem. Dit word altyd (ek dink) in Augustus aangebied. Ons het in Skukuza kampeer. Dit was een van die nagte wat ons die koudste ooit gekry het - eerste en laaste opblaasmatrasse in tente.... Die wedloop het laat begin (9:00 as ek reg onthou) om mense van ander kampe en van buite ook te akkommodeer. Nie baie lank nadat almal weggespring het nie, het die voorste atlete op 'n paar leeus afgekom wat in die pad lê (eintlik gestop deur veldwagters wat vooruit gekyk het dat die pad veilig is). Vir party was dit nogals 'n ontsteltenis en hulle het onttrek. Hardlooptye is ook aangepas volgens die tyd wat hulle verloor het.

Sterkte Geert, ek hoop jy kry 'n bespreking vir die uitstaande nag.

Pretoria

Geert

Tue, 02/09/2025 - 07:46

Verbasend hoe besig lyne is vir Augustus besprekings....op die kop 7h30 gebel. Was toe 68 in ry....darem nou al 16

Worcester

Wildehont

Tue, 02/09/2025 - 07:53

Ek hoop jy kom reg met die ekstra aand. Dit wil my voorkom asof die lyne maar altyd redelik besig is. Toe ek geskakel het om my besprekings te konsolideer was ek ook in ‘n aanhou ry en het op die ou end besluit om eerder ‘n e-pos te stuur. 

Pretoria

Geert

Tue, 02/09/2025 - 13:29

Ek het amper neergesit, want laaste 15 het lank gevat. Darem gehulpe geraak. Gesien dat die 31ste weer 10 plekke oop het....so sou seker môre ook maklik aanlyn klaar gekom het met 1ste

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 02/09/2025 - 14:42

Baie bly saam met jou. Nou kan julle ontspan en weet dat die bespreking volledig is. Ek sien reeds uit na die terugvoer (net nog bietjie lank om te waglaugh)

Pretoria

Geert

Tue, 02/09/2025 - 17:14

As jul op lys sien, sal jul opmerk dat al die kampe om Skukuza uitverkoop is op die 31 ste Julie.....daarom sou hulle almal ook natuurlik vanoggend probeer om die 1ste Augustus te kry. Dis hoekom besprekingslyne seker so besig was. Selfs chalets en rondawels ook vol bespreek daai aand. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/01/2026 - 11:40

As ek na die nuusberigte luister/lees, lyk dit of die hele wildtuin baie nat is, en nog reën word verwag.

Singwedzi, Sirheni en Bateleur is reeds totaal ontruim van personeel en toeriste.

Talamati, Mbyamite en Roodewal se mense is ook geskuif na Satara toe.

Vir een of ander rede word Balule nie in gevaarsone beskou nie. Na my mening is dit ook maar baie naby aan die Olifantsrivier.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/01/2026 - 19:34

Ek het boodskap vir Rodger by Tsendze gestuur, om te hoor hoe lyk die vloed situasie daar. Mopanie se restourant is ook afgesper vir mense.

Ek het egter nog nie iets van Rodger gehoor nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/01/2026 - 20:20

Ek hoor oor vanaand se TV-nuus Letaba is ook geheel-en-al ontruim vir komende vloede.  Sover my kennis strek, het dit nog nooit by hierdie kamp gebeur nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/01/2026 - 21:04

Wildtuin

Letaba

Bostaande is voor dir restaurant in Letaba geneem.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/01/2026 - 04:52

Moes ek nou soek na die brug. !!! 

Die H14 is die teerpad van P,Borwa wat skuins oploop na Tsendze. Die brug id in omgewing van Shimuwini bosveldkamp. 

Wat 'n massa water!!!! 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/01/2026 - 08:02

Dit moet 'n vreesaanjaende gesig wees om te sien. Ek wil nie nou in daai restourant wees nie.

Ek vra myself af, sal ek nog oor daai brug ry in foto wat Chris hierbo geplaas het. 

Kan julle dink hoeveel skade gaan daar wees aan paaie, infrastrukture, praat nie van die tonne grond wat weg is nie. 

Pretoria

Geert

Wed, 14/01/2026 - 09:30

Ja Wessel. Ek het videos gesien hoe daai water onderdeur daai brug stroom.....wild! Ek het dieselfde gedink....sal angstig raak om daaroor te ry.

Ook n video gesien waar iemand oor lae waterbrug by Balule ry wat sterk oor pad loop. Hy het dit gemaak....maar is stupid om so iets te waag, ompad oor hoë brug is nie ver nie

Pretoria

Geert

Thu, 15/01/2026 - 07:48

Op Sanparks se facebook blad gekry. As jy nou by Lower Sabie is, is jy seker vas? Pad tussen Lower Sabie en Skukuza is gesluit, kan nie Tshokwane se rigting gaan en Krokodilbrug loop oor. Grondpaaie sal seker ook toe wees?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/01/2026 - 08:00

...nie kostelik nie.

Ek wonder nou, as mens se bespreking verby is, en mens kan nie uitkom nie, is die koste verbonde aan verblyf/kampering op SANPARKE ???laugh

Solank mens veilig hoog en relatief droog is, met genoeg kos en vloeistof, kan dit dalk aangenaam wees. 

hoog en droog----seker net Olifantskamp, Pretoriuskop, Satara wat die kriteria haal

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus