6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -39 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

4x4 met Andre

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Julle manne met die regte voertuie kyk seker ook na die Andre se programme. Dit word op DSTV144 uitgesaai. Ek wag nou vir laaste aflewering in sy nuutste reis, met bakkies en Bush Lapas op die Namibië sandduie. 

Ek het nou die aflewerings oor sy tog deur Richtersveld gekyk, en dit het vir my redelik mak gelyk. Ek het veel erger verwag. Dalk het hy op die maklike roete gebly. 

 

Worcester

Wildehont

Tue, 13/01/2026 - 16:06

Omdat dit die ABS (remme) gebruik om wieltol te voorkom verloor mens krag. ‘n Ewenaarslot het nie dieselfde probleem nie. Sommige voertuie het die opsie om vastrapbeheer af te skakel sodat mens makliker teen bv ‘n duin kan uitkom sonder dat jou remme voorkom dat wieltol plaasvind en so die krag verminder wat by die wiele uitkom.

Die Prado 120 s’n kan nie afskakel nie, maar daar is ‘n sekering wat verwyder kan word om dit tydelik te deaktiveer. Dit maak egter die voertuig se brein deurmekaar so hardebaard 4x4 manne het een of ander manier uitgewerk rondom dit. Ek hou van die Prado se voorste buffer soos dit is, so ek gaan nie Atlantis toe nie en los myne se vastrapbeheer maar aan.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 16:38

Ek Wessel Strydom, hierna genoem die "nie tegniese lid"laughlaughkan net be-aam wat jy seg oor die AWD Territory. Ek het ene gehad, vreeslik geniet totdat die aandryfstelsel se sorge na vore getree het. Ek dink dit is wat my afgesit het van die aankoop van 'n 4x4 Hilux. 

Ek het uit die oog verloor dat daar BAIE 4x4 trokkies/fabrikate loop en mens hoor selde dat hulle aandrywing mank gaan. Nou ja dis amper water onderdeur die laagwaterbrug.  

Herman:  Grompie se boekie maak pertinent melding dat skakeling tussen 4H na 4L en terug, slegs gedoen moet word as voertuig gestop is, en in Neutraal. Met die handrat model moet ook gestop word en slegs koppelaar ingetrap word.

Jammer as ek, die nie tegniese ou julle verveel, maar ek hou daarvan om  ook oor 'n effe van 4x4 begrip te beskik.    

Irene

Grootwind

Tue, 13/01/2026 - 17:22

Moet jou darem laat beter voel Wessel. Klompie jare terug was daar 'n TV reeks genaamd "The Big Bang Theory" waar die hoof akteur die rol van ene Sheldon gespeel het en ook 'n PhD in Fisika gehad het, sy "beste" pelle was ook almal Fisika PHDs behalwe een arme ou wat 'n ingenieur was en "slegs" met ' M in enjineering kon spog....daar is gereeld na hom verwys deur die PhDs onder die klomp as "our semi-skilled colleague" met spesifieke melding van die feit dat hy nie 'n fisikus is nie maar bloot 'n enjineer! So ek reken as jy dan 'n "nie-tegniese" lid is moet ekke seker die "semi-skilled" lid weeslaugh

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 13/01/2026 - 17:25

My verduideliking van die baie ratte is om in die ry van 4l na 4H te gaan Wessel. Dit werk seepglad op my LC 76 en LRover. Om van 4H na 4L te gaan, moet jy stop dit is 100% reg.  Miskien het die Toyota bakkies ander issues. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 13/01/2026 - 18:26

Die van 4L na 4H word lyk my nie in handboeke adverteer nie. Ek het dit baie jare gelede geleer toe ons gereeld op Sodwana gaan visvang het. Series 3 met Ford v6 in.  Locals wat elke naweek op die strand is  het verduidelik. Toe weer in 1996 waar ek uitgenooi is na ń " gevordere" 4x4 kursus as deel van die die koop van ñ nuwe Defender. So dit is seker maar dan ñ "gevorderede" tegniek, en te riskant om te publiseer.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 18:26

Grootwind, ek het daai program geniet, wat 'n klomp "nerds" bymekaar.

Gelukkig het jy en 'n paar ander al met my in lewende lywe te doene gehad. Die ander wat hier lees kan dalk nou boonop dink dat ek ook 'n "nerd" is.laughlaugh

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 18:35

Ek dink die handelaars beskerm hulle eie blaker, met die prosedures wat hulle in handleidings gee.

Ek wonder wat is die belangrikste, hetsy met stop/neutraal, of net koppelaar intrap, dalk die feit dat omwentelinge van enjindryfas  so laag as moontlik ["idle"] moet wees. 

Dit laat die vraag, val die voertuig se omwentelinge vinnig en genoeg  tot "idle rpm" as koppelaar getrap word. 

Jou eie woorde, mens wil juis momentum behou in dik los sand, wat beteken mens wil dan nie doodstil gaan staan nie. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 20:06

Ek wou sommer paar somme maak oor omwentelinge op verskillende plekke in die aandryfmeganisme. Baie gou besef dat as mens nie presies weet hoe die koppelinge werk nie, mens liederlik bollie somme kan maak.

Byvoorbeeld, my redenasie hierbo is ook 'n flater. As mens die koppelaar intrap, word slegs die enjin van die normale ratkas ontkoppel. Slegs die enjin se rewolusies daal, maar die ratkas en koppeling na laestrek ratkas  , oordragkas of sentrale ewenaar draai steeds teen die omwentelinge soos bepaal deur spoed en wielgrootte, L-strek verhouding en ewenaarverhoudings.    

Is daar 'n tipe koppelaar, viskose koppeling tussen die H en L ratte en ook tussen die ratte en dryfas vanaf die gewone ratkas? Indien nie, kan ek verstaan waarom mens verkieslik moet stop om te wissel .   

Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 09:19

Ek het vanoggend weer na 'n volgende episode van die ou gekyk. Ek bly verstom oor hoe maklik daai 2 ouens hulle boswaens deur/oor die sandduine gesleep het. Op die oog af was daardie Ranger en Isuzu redelik "stock standard".

Wat sterk na vore kom, is;

1] moenie alleen sulke togte aanpak nie

2] neem veral die lugkussing domkrag saam vir sandwerk

3] maak geen skerp draaie met afgeblaasde bande nie. Dit klim maklik van die vellings af. Selfs die woonwa s'n.  

Ek dink daar is groot verskil tussen duine ry, met of sonder woonwa, en op 'n klam kusstrook.  

 

   

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus