6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -59 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Swadini 2026

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ons was toe saam met ons ver kinders en ook ons naby kinders, van 03 Jan tot 10 Jan 2026 by Swadini oord.

Dit was sommer baie lekker al was dit verskriklik warm. Die oorspronklike plan is aangepas om eerder op Saterdae die paaie heen en terug te pak en die ergere verkeer, veral op die Vrydag 9 Jan wanneer die verkeer erg sou wees met twee karavane wat wat saam toer.

Ek gaan probeer fotos laai, maar ek sukkel om op foon te sien (tablet kan nie meer whats app vat nie) 

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 17:21

...dan wag ons in spanning. Intussen kan jy maar teks deel oor padtoestande, roetes gesleep en ervaring van Swadini.

Het vêr kinders die oord geniet??

Vaalpark

Johann L

Fri, 16/01/2026 - 17:55

Ons het Saterdag oggend 05:30 hier weg getrek en met die R59, later op die N4 na Dullstroom, Lydenburg en Origstad gery. Die pad soon toe en terug was nie te sleg nie, paar slag gate en hobbelrig maar heel rybaar.

Swadini self was soos altyd baie lekker, kies en keur waar jy staan. Ons kon twee plekke langs mekaar onder ‘n groot boom, wat heeldag lieflik koelte gehad het kry.

Sal later meer uit wei, die foon is moeilik om op ‘n forum te klets😂

Pretoria

Geert

Fri, 16/01/2026 - 19:09

Dit bly n prag plek. Het jul daai videos gesien van al die watervalle wat teen berghange gekom het na baie reen....en die damwal wat so pragtig oorloop

Vaalpark

Johann L

Fri, 16/01/2026 - 20:52

Geert, ja ek het dit van iemand gekry, gelukkig hat ons daai reën gemis. Het ook gesien hoe het Eiland Spa verspoel.

Vaalpark

Johann L

Fri, 16/01/2026 - 21:08

Die kinders, veral die kleinkinders,  het dit vreeslik geniet. Ons was wildtuin toe en het hulle ook na Maholoholo rehabilitasie sentrum gevat.

In die wildtuin in en uit by Orpen hek en ons was baie gelukkig met besigtigings. Die kleinkinders kon vir die eerste keer Afrika wild in hul natuurlike habitat sien.

Baie van jou gunsteling diertjies, die was plek-plek so naby dat my kinders bang was🤣 dit was vir die kleintjies 'n verskriklike belewenis om olifante van so naby te sien, ons het baie wild kry, behalwe luiperds en renosters. 

Natuurlik was die leeus vir hulle iets besonders en moes oupa later maar net ry sodat ander karre ook kon nader kom.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 06:55

....ek is jaloers op jou wat kleinkinders so kon trakteer op 'n onvergeetlike tyd.

Vaalpark

Johann L

Sat, 17/01/2026 - 14:22

Nou net so paar fotos laai, hoop nie dit verdwyn weer nie. (Nou al paar keer probeer)

Swadini
Ons het by Alzu gestop om brandstof te kry en om die kinders hul eerste regte renoster te wys.
Die middelste drie is die Ausies met ons pragtige fee prinsessie en boeties langs haar. Die ander tweetjies is die volbloed afrikanertjies🤣

 

Vaalpark

Johann L

Sat, 17/01/2026 - 14:27

Nog probeer slae.

Swadini
Spesiaal vir Wessel, die diertjies was sommer baie naby en het die baie kalfies mooi beskerm.
Swadini
Heerlike koelte boom.

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 15:23

...baie dankie dat die olifante jou aan my laat dink het. Die wildtuin is vreeslik groen, lyk nooit so as ons in die winter daar is nielaugh

Julle was bevoorreg om so 'n lekker koelteboom te gehad het. 

Was kampeerplek redelik leeg toe julle daar aankom, on nog besig.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus