Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn, dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.
Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly.
Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar.
| Attachment | Size |
|---|---|
| Alles oor weerlig | 562.44 KB |
Die W
Daardie w aan die agterkant van die groot kussing is kenmerkend van katte. Darem lekker om te weet hulle kom nog so wydverspreid voor. Luiperds is by verre die mees suksesvolle van die groot katspesies en kom algemeen buite beskermde gebiede voor. Hulle het so wye verskeidenheid prooi - van vis tot voëls, insekte en soogdiere. Ook troeteldiere. En omdat hulle so geheimsinnig is kan hulle maklik naby mense leef sonder om bespeur te word.
Die spoor se imprent foto…
Die spoor se imprent foto lyk vir my ook positief is ipv negatief. Blykbaar ń brein affêre die. Probeer ñ 2d beeld in 3d omskakel, en kry dit dan verkeerd. ![]()
Olifante se verwoesting...
Indien jy belangstel, lees in vandag se Daily Maverick die berig "Challenging misconceptions - the positive impact of elephants on savanna dynamics".
Dit handel oor dr. Gabriella Teren (ekoloog) se bevindinge in haar doktorale studie t.o.v. die impak van olifante in Botswana. Die studie strek oor +/- 20 jaar en spesifiek in die Linyanti gebied.
Rede tot kommer? Sy reken, nie te veel nie....
olifante ???
Ek is uit my vaarwater as dit by ekologie kom. Die beste persoon wat sinvolle kommentaar kan lewer, is seker Chris S.
Wel, doodeerlik, ek dink dat daar hopeloos te veel olifante in Botswana en Krugerwildtuin is.
Ek wonder of die studie/projek oor 20 jaar strek, maar ek twyfel of haar doktorale studie so lank kon neem. dit mag moontlik deel uitmaak van die projek.
Tipies spandeer 'n student, en word toegelaat, om so 2 jaar aan 'n M-graad en nog 2 jaar vir 'n PhD- graad te werk.
My mening
Dankie Rona dat jy die artikel onder ons aandag gebring het. Die Linyanti gebied is juis waar ek vir meer as twee jaar gewoon en gewerk het. Ek het onder andere 30 drie-dag staptoere gelei daar. Dit was ‘n fantastiese ervaring wat Wessel sou gehaat het. Daar was tussen 5000 en 6000 olifante in die 150,000 ha konsessie waarin ek gewerk het. Vergelyk dit met die digtheid van olifante in die Krugerwildtuin wat bykans 2 miljoen ha is.
Olifante is ‘n sleutelspesie in savanne habitat. Ons staar ons blind teen die “vernietiging” wat hulle veroorsaak. Hulle is weliswaar naas ons die dier met die grootste vermoë om hulle omgewing te verander, maar dit wat hulle doen strek veel verder as om op die oog af “onnodig” bome om te stoot. Deur die manier wat hulle beweeg en vreet en hulle gewoontes skep hulle habitat en voedingsgeleenthede vir ander organismes.
Toe ek staptoere gelei het, het ek altyd met ‘n groep gestop by ‘n boom wat ‘n olifant omgestoot het. Dis die voordeel van stap, mens sien en hoor dinge wat jy mis in ‘n voertuig. As jy van naderby kyk besef jy hoeveel lewe daar in en om ‘n boom is wat omgestoot is. Diere wat nie andersins die boom se blare kon bereik nie kan dit nou doen. Nagapies kry toegang tot die boomgom en termiete tot die hout. So word nie net voedingsgeleenthede geskep nie, maar word voedingstowwe herwin (hersikleer). Spinnekoppe en slange vind blyplek in en onder gevalle bome. Selfs soogdiere soos muishonde kan daar woon, natuurlik ander reptiele en knaagdiere ook.
Olifante beweeg redelik baie rond ook, en verteer hulle kos nie volledig nie omdat hulle nie herkou nie. So versprei hulle sade en word hulle vrugbare mis ‘n teelaarde vir boomsade en bron van voedsel vir voëls, soogdiere en insekte.
Hulle skep transito roetes wat deur baie ander diere gebruik word en maak dig begroeide areas toeganklik vir kleiner diere. Deur modderbaddens te neem dra hulle modder weg uit holtes wat in kleigrond oor tyd poele raak, wat op hulle beurt ‘n bron van water vir hulle en ander diere is en self klein ekosisteme raak wat bewoon word deur voëls, paddas, visse en insekte.
As jy hulle verwyder word al die bg dienste saam met hulle verwyder. Maar hulle het plek nodig. Heinings en die teenwoordigheid van paaie en mense beperk hulle beweging en dan begin dit lyk of hulle ‘n plek verniel. Eintlik vervul hulle maar net hulle ekologiese rol.
ekologie bydraes
Chris S, ek lees altyd lekker aan jou insette oor die natuur en dierelewe.
Tog, met die syfers wat jy kwoteer in jou 1ste paragraaf, is dit nie tog te veel nie??? Wat sal daardie telling vandag wees??
Spasie nodig.
Olifante het seker behalwe mense nie natuurlike vyande nie. Ek weet van Leeus wat jonges vang, maar dit het miskien nie so groot inpak op die Olifant getalle nie. Hulle sou natuurlik ander areas opsoek, maar hulle is nou ingeperk, en waar hulle nog kan beweeg soos in Botswana, word bulle verjaag waar hulle menslike areas betree.
Die wat hulle die Savanah ontbos is waar hulle belangrik is in die ekologie, en dit weet die natuurkundiges al vir 100de jare. Maar dat daar weliswaar deesdae in sommige areas onvolhoubare druk op die balans is, is die gesprek wat sekere groepe ontken.
In Madikwe waar ek ñ projek gedoen het in 2005, was daar omtrent geen uitgegroeide Accacias te sien nie. Die veld het werklik gelyk of die bome met opset omgestoot is. Miljoene dooie bome. By hulle watergate is regop gepunte klippe om die bome geplant om dit te beskerm. Die hoof veldwagter het toe al gesê dat die Olifante die balans totaal versteur en hulself in moeilke omstandighede gaan behind onrede deel van hul voedselbron oorbenut word.
Weer 'n bewys,
dat indien mens 'n natuurliefhebber is, van hoeveel onskatbare waarde veldkennis is. Ek waardeer jou mening Wildehont en wens dat ek die olifante-kwessie so objektief kon benader. Dit bly net hartseer om te sien hoeveel groot bome oor die jare in die Kruger wildtuin gesneuwel het - deur vloede, brande, droogte en dan die liewe olifante...
Hier is ‘n vraag
Is daar te veel olifante, of is daar te veel mense?
Hier is die antwoord....
....die mens is geskape om oor die diere te heers. Sekerlik tot voordeel van albei.
My kort antwoord
Die aarde is geheel en al oorbevolk van mense wat dan te min spasie laat vir diere (o.a. olifante) - gevolglik: konflik.
Wag vir die regte antwoord.
Dis wat ek bedoel het
Mense is baie aanpasbaar. Daar is geen ander spesie wat so wyd verspreid is as ons nie. Ongelukkig vernietig ons ook ander organismes se habitat deur ons doen en late. Ons weet lankal dit is nie volhoubaar nie, maar ons stoom voort.
Baie spesies kan nie in harmonie met ons saamleef nie. In ons land is daar ‘n legio voorbeelde, waarvan olifante maar een spesie is. Soos wat ons ander organismes se habitat verander en vernietig, gaan die getalle van spesies wat nie daarby kan aanpas nie (soos bv olifante en leeus) afneem, en die getalle van spesies wat goed aanpas by ons teenwoordigheid toeneem. Dink bv aan kraaie, duiwe en mossies. Ook pestilensies soos rotte en kokkerotte. Ons roei ook hulle natuurlike vyande uit en hulle leef al hoe lekkerder saam met ons.
Mens mag nie sê daar is te veel mense nie, want netnou maak jy iemand se gevoelens seer. Maar hier is die werklikheid. Lank voor die industriële revolusie het die landbou revolusie plaasgevind. Skielik het mense meer kos geproduseer as wat hulle kon eet of berg, en dit het die deure oopgemaak vir menslike aanwas. Daarmee saam het vordering in die mediese wetenskap gekom wat natural selection onder mense uitgeskakel het. Toe raak menslike bevolkingsgroei eksponensieël, met die gepaardgaande gevolge vir ander spesies.
Gelukkig is daar nog ekosisteme wat redelik intact is. Die noordelike twee derdes van Botswana is ‘n voorbeeld. Weens tsetsevlieë is dit nooit deur boere ingeneem nie. Nie die nomadiese Bantu aanvanklik nie, en ook nie deur die Europese afstammelinge later nie. Net die boesmans het daar oorleef, en dit in harmonie met die natuur. Hulle leefstyl was volhoubaar. Toe kom die Bantu en die boesmans moes Kalahari toe trek. Daar is hulle later ook uitgeskuif na poste toe waar hulle moes skoolgaan, Setswana leer en verslaaf geraak het aan tee, sigarette en alkohol.
Maar terug na noordelike Botswana. Daar is min inmenging en bestuur deur mense. Beperkte ekotoerisme, en sterk bekamping van stropery. Die habitat is onveranderd deur mense, en dis waarom daar so vrek baie olifante is. Sou hulle werklik hulle habitat so vernietig dat daar nie vir hulle genoeg kos oor is nie, sal hulle getalle (en ander spesies s’n) natuurlik begin afneem, en die balans sal mettertyd herstel word. Dis natuurlik as die mense nie die veilige hawe begin oorneem en ontwikkel nie…
Insiggewend
Interessante stukkie skrywe hier bo, dankie. Laat mens net nog meer dink...
Wildehont, ek is op presies…
Wildehont, ek is op presies dieselfde bladsy. Netjies an akkuraat geskryf. Dalk moet daar meer sulke artikels geplaas word, met dieselfde naakte waarheid, van die 100de spesies wat onder menslike heerskappy totaal uitgewis is. En..onverpoosd voortduur.
eie voorvaders....
....is moontlik net so aandadig aan wat Chris S en Herman hierbo aanspreek.
Onwillekeurig dink mens mos dadelik aan die Oosterse vergrype aan renosterhoring, en enige iets eetbaar [vir hulle].
Nog 'n stukkie leesstof
Terwyl ons van olifante en hulle gewoontes praat is daar nog 'n artikel in die Daily Maverick - reeds in Januarie geskryf, maar indien jy belangstel, gaan soek dit op. Ek kan ongelukkig nie die skakel daartoe hier plaas nie. Enigste wat ek kan sê aangesien daar reeds tyd verloop het: gaan na daily maverick se webblad. Op die soeklyn, gaan na News en klik op Earth. Blaai af tot by Biodiversity. Die artikel waarna ek verwys: Elephants or Marula trees? - Eugene Moll.
Alles t.o.v die Kruger wildtuin kom neer op die regte bestuur. Mens kan maar net hoop dat dit slaag, en ons nageslag die vrugte daarvan sal pluk (maroelas in hierdie geval
) want vir ons is dit ongelukkig bietjie te laat.
Om die wildtuin met Botswana en ander buurlande te vergelyk is ook nie reg nie. Daar is 'n groot verskil tussen inperking en vrye beweging. Maar indien dit nie vir die wildtuin was nie weet ek nie...
Belangrike perspektief
Die artikel waarna ek verwys: Elephants or Marula trees? - Eugene Moll.
Dankie vir die deel hiervan. Dis ‘n belangrike perspektief wat ‘n nuwe dimensie byvoeg tot die vraagstuk oor wat die drakrag van die Krugerwildtuin vir olifante is. Ek dink almal stem saam dat daar meer olifante in die Krugerwildtuin is as wat die reservaat se drakrag is.
Hierdie artikel bevat geskiedhundige data, en bewys dat ons as mense al vir meer somers as wat meeste van die lede hier sover geniet het hieroor wonder (en steeds nie die antwoord gekry het nie).
Naakte waarheid.
Nou is daar ñ geskatte populasie van 50 000 Olifante. Maar intussen is 3500 die volhoubare getal, en dit is nie ń duimsuig getal nie.





Herman...
... daai foto smokkel met my kop!!!
Ek dog die kussinkies moet 'n identasie in die sagte sand/grond maak. Op jou foto lyk dit egter of die kontakarea verhewe is.
Hoe verklaar mens dit, behalwe dat die kussinkies die grond/sand effe oplig, soos die poot die grond verlaat.
Die voetspore regs van die hond en luiperd pote, toon ingedrukte patroon.
Jy moet maar Giepie of Pointer laat voor loop in die veld.