Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -7 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -7 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Strydoms in Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na 'n lang "aanhou" op die telefoon darem deurgekom na Ezibookings, om vir volgende jaar te bespreek. ek vermoed hulle fone lui onophoudelik.

Ons is baie gelukkig, ons bespreking is as volg;

Malelane-------4 Mei

Skukuza -------7 tot 13 Mei

Satara----------13 tot 19 Mei

Tsendze--------19 tot 25 Mei

P. Borwa -------25 Mei Safari park

Deposito betaal en sommer epos na Mopanie gestuur met staanplek voorkeure. Nou hou ons duimvas, gevra  in volgorde vir nr 28, 26 en 29.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/05/2026 - 09:10

Ek hoop julle is al oppad.  Hier by ons reën dit vanaf vannag, yskoud, sneeu op die berge, kwaai wind en see-deinings wat hemelhoog gaan wees. Maar ek sien gisteraand op die TV weervoorspelling Skukuza se temperatuur word vandag op  30ºvoorspel. Julle gaan dus met fantastiese weer in die Wildtuin wegspring.

Julle moet dit geniet, maar net as julle ons voordurend op hoogte hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/05/2026 - 12:59

Sjoe vriende, lank gesleep gister. 8h30 uit Brits en eers 14h20 by hek gekom. Trokke maak mens klaar op N4. Sou beter deur Schoemanskloof gedoen het met stoppe en al. Van Waterval Boven tot by Sappi in tou trokke gevang, kon nooitbo 70km/hr kom nie. Van Nelspruit tot by Kaap Muiden weer enkelbaan, padwerke. Vêrder voorspoedig gesleep.

Die kampie is nie so oulik as wat fotos wys nie. Kragpunte is swak versprei, koeltebome skaars, en staanplekke baie skuins. Ons  het 'n plek gekry oorkant die 1ste rondawel. Die ablusie blok is foto gewys agter die wa.

Ma1

Om te wys hoe skuins dit is, sien die toring wat ek onder neuswiel gepak het. Was bekommerd om neuswiel te hoog uit te draai.

neus

Vanoggend 1ste wildrit gery, teerpad na Afsaal, toe regs op S118 en treug met S122 en teerpad. die veld is ruig en groen, wild is skaars, maar het darem verdwaalde seekoei  langs teerpad gekry. Ook rooibokke, zebras, olifante, enkele buffel in rivier, naby Ampie se watergat op S118. Darem ook al 2renosters gekry daar rond. 

Vreemd genoeg, Marie hou reeds meer van die kampie, as van B&Dal. Dis stil en rustig, min voertuig beweging. Die nuwe hek maak van weerskante elektries met drukknoppie oop.

 

darem foto geneem van die 2 voëls, seker hamerkoppe, help gerus reg.

f2

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/05/2026 - 14:31

...................maar jy klink nie vir my gelukkig nie.  Gelukkig net vandag en môre dan "verhuis" julle Skukuza toe.

Hoe het jy die wa opgelig gekry om die "toring" onder die neuswiel te bou  of het jou wa hoekstutte voor waarmee jy dit kon doen ?

'n Seekoei langs 'n teerpad is 'n besonderse gesig om te sien en om twee renosters op julle eerste dag te sien is 'n groot geluk. Lyk vir my ook na twee hamerkoppe in die dam.

Ns. Skuins staanplekke het my nooit gepla nie.  Ek het maar die karavaan wiel (wiele in die Exclusive se geval) aan die laagste kant van die staanplek-helling met my geelblokke opgelig om dit waterpas met die anderkant  van die wa te bring.  Sou die helling val in die rigting van die A-raam, dan lig ek die neuswiel hoër op en sou die val na die agterkant van die wa wees, laat sak ek die neuswiel tot op die grond om die voorkant met die agterkant waterpas te maak.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 05/05/2026 - 16:57

Dankie Wessel.  Lyk heerlik die kampie.

Julle baie gelukkig met renosters.

Geniet dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/05/2026 - 20:44

Ek sukkel met tablet, moet nou hele opstel oortik.  Dan kan ek ook nie nuwe paragraaf skep nie.   Geel wig gebruik om wa oor wiel waterpas te kry. Gelukkig het ek stewige hoekstut oorkant die neuswiel, en kon om die beurt blokke onder in pak.    Die voëls was op laagwaterbrug naby Ampie se boorgat. Die veld is baie nat en oral poele water.   Vir die kampie is ten minste 50m verlengkoord nodig, Die onderste plat staanplekke, waar uitkyk bankie is, is steeds modderig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/05/2026 - 12:15

Kry ons gisteraand 'n verwoede donderstorm, met reën. Moes paar keer opstaan en pale laat sak sodat water van tentdak kan afloop. Net weer besef wat 'n gemors skadu-tent my wa het. 

Gelukkig het ek teleskopiese pale spaar saamgery, en sal dit van nou af eerder gebruik. Niks gebreek of skade gelei nie, mikrogolf was in Grompie geberg.

Vanoggend is omtrent al die grondpaaie weer toegemaak. Darem'n luiperd in 'n boom gekry, omtrent waar kamp se grondpad in B&D teerpad kom. Te vêr om af te neem sonder vreeslike zoom lens. Ook 'n enkel olifant, paar koedoes en rooibokke. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/05/2026 - 14:31

...ons breek en pak weg vanmiddag. Ons hou daarvan om so min as moontlik af te breek op dag van vertrek.   Netnou iemand hier ingesleep van Satara af, die ene modder. Stormweer was daar ook.

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/05/2026 - 20:44

Ek dink die grondpaaie is so versadig van water dat enige goeie donderbui dit weer gesluit moet word. Ek sien by Satara is basies alle grondpaaie vanoggend gesluit...  hoop dit is beter die tyd wanneer Wessel soontoe vertrek

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 07/05/2026 - 08:01

Ons moet volgende maand n besluit neem om eerder die binnelandse toer mee te maak of Kruger Wildtuin toe.  Ek leen na die binnelandse toer aangesien ek nie wil nie sukkel met paaie wat toegemaak is nie.  Maar dit sal dalk verbeter na volgende jaar.

Zuzie het oorgslaan na 300 000.  Haar verstand is nog heerlik vars.  Baie tevrede met DIESEL verbruik.

Lekker toer Wessel. 

0
Pretoria

Geert

Thu, 07/05/2026 - 17:10

Hi Wessel. Dit lyk tog of jy n lekker staanplek met n boom gekry het en geen bure bo op jou nie.....is die kamp aan die leë kant gewees? Spring die nag apies nog steeds so op die grensheining se pale?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/05/2026 - 20:34

Was sonder direkte bure, met heerlike namiddag koelte. 

Jip die nagapies baljaar steeds op die heining.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/05/2026 - 20:50

Kom ons in 'n vol kamp aan. Hier word nog baie herstelwerk gedoen.

Na 'n sukkelende gesoek kry ons seker die lekkerste staanplek by ablusieblok 6. Plat en hele dag koelte. Die kombuis en skottelgoed wasplek is letterlik 10m van ons af. Die mans-ablusie is ook so 10m weg. Gelukkig het 'n egpaar ons kom help om wa 180 grade te draai. Kon dit nie alleen doen in nat sand nie. Ek dink die staanplekke is uiters stront uitgelê, hoewel groot. Eerste stille observasie vir toekoms gemaak.

Vandag begin diere sien, koedoes, trop buffels, olifante met goeie opvoeding en hiëna nes. Vir 1ste keer die week 'n arend gekry.

arend

hiena

ganse

Buffels was te teen die son om foto te neem.

Skukuza is raserig en baie besig. ek raak oud en vol bollie, Malelane kampie met sy min staanplekke, was lekkerder gewees. Volgende jaar gaan ek probeer om Balule te boek. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/05/2026 - 20:53

Vanoggend is baie van die paaie wat gister toe was, alweer teen 8h00 oopgestel, Lyk my die park speel veilig, na die reen was paaie toe, maar nadat die water afgeloop het, weer oopgestel.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/05/2026 - 12:24

Vanoggend uitgery en ontbyt-verkoek by Nkulu gaan eet. Mensig dis ruig en groen. Die Sandrivier loop nog baie sterk, sien foto van laagwater bruggie.

Beide teerpaaie na die piekniekplek is oop, die suide ene het egter so kort stukkie grondpad verlegging. Daar ry ek my toe vas in olifant verwelkoming, maar na paar minute was pad oop.

rivier

olie

Hier word grootskaal paaie herstel. Seker 3 "side tippers" op padverlegging gekry, soos gruis aangery word.

0
Pretoria

Geert

Fri, 08/05/2026 - 18:36

Dankie Wessel. My mond water nou vir een van Nkhulu se vetkoeke tesame met daai heerlike atmosfeer op daai vierkantige stoepie. Elders het ek gelees dat hul van plan is om daai 2x korter ompaaie wat al geruime tyd daar is tussen Skukuza en Lower Sabie teen einde hierdie maand af te handel. 

Dankie vir foto's en terugvoering...lekker om te lees en volg

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 08/05/2026 - 20:18

Dankie dankie Wessel.  Van n sombere Kaapstad.  Ons kry weer more tot maandag groot reen.

Ek geniet elke woord wat jy vas pen.  Pen is sterker as die swaard.

Navigator sal vlou val as sy daai water oor bruggie sien.  En natuurlik oom groot voete.

Lekker bly almal en lekker naweek.

Hoop Stormers en Bulle doen die ding......

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 09/05/2026 - 13:08

Ek lees lekker saam, dankie. Met al die vloede en skade wat die land tans beleef is die wildtuin seker nou 'n beter plek om te wees - paaie wat gesluit is en al. Hoop julle sien baie diere en rus ook darem so tusseninlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 09/05/2026 - 13:15

.... het tot nou net natuurskoon opgelewer. Vanoggend met die S114 suid gery, later met pragtige S23 en S113 na teerpad, om terug te ry kamp toe.

 

Darem  hiëna ma met kleintjies gekry, paar rooibokke en moedswillige olifant. Ek moes 5 km agteruit ry, want draaiplek was nie daar nie. Gelukkig kry hy toe smaaklike omgestampte boom en begin vretend uit pad beweeg.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus