Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -29 minutes ago
Bygelowig Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -5 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -7 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Takealot

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Ek is nie 'n groot Takealot-koper nie. Maar die paar kere wat ek items vanaf hulle bestel het, het ek nog net goeie diens van hulle ervaar. Die enkele keer wat ek nie tevrede was met 'n item wat ek bestel het nie ('n "trolley jack") is dit vinnig vervang.

My seun het een van daardie kampwaentjies om klein items tussen die karavaan en die swemarea te vervoer - en dit kom baie handig te pas. Ek het Saterdag só 'n waentjie by Takealot bestel. Ek is in kennis gestel dat dit dalk môre afgelewer kan word (hier by Eiland). Maar vanoggend kry ek toe 'n SMS dat aflewering vandag sal wees.

Weereens uitstekende diens.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 13/07/2026 - 18:40

Die feit dat hulle maklik terugneem is n groot voordeel want soms kry jy anders as wat adverteer is....maar dan is dit op hulle.

Ek het ander Smokey Joe gessoek....hele Pretoria is lyk my uitverkoop gewees. Het op Takealot geloer, maar hulle het namaaksels wat opgekom het. Amazon kon nog help....het gister middag laat bestel en was vanoggend half 10 afgelewer gewees. Hulle maak gebruik van The Courier Guy....aflewering was gratis, ek weet nie of dit altyd so is nie....miskien omdat dit my eerste bestelling by hulle was?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 13/07/2026 - 19:06

My stoortentjie ('n Camp Master-produk wat al baie jare diens doen) het nou aftree-ouderdom bereik. Oral begin dingetjies ingee. Ek besluit toe dit is tyd vir 'n nuwe een en bestel een vanaf Makro.

Dit is vanoggend deur The Courier Guy afgelewer by my seun se winkel. Maar sy winkel-assistent, wat dit in ontvangs geneem het, stuur toe dadelik vir my foto's. Die verpakking is beskadig en die sak waarin die tentjie kom (wat uitsteek by die stukkende verpakking) is duidelik stukkend geskuur.

Ek het dadelik vir Makro gekontak en die foto's aangestuur. Hulle sal die beskadigde produk eerskomende Vrydag kom afhaal en vir my 'n "refund" doen.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 13/07/2026 - 19:17

Hier in Pretoria gebruik Makro lyk my goedkoop privaat aflewering. Laaste 3 keer voel mens amper onseker of mens die hek moet oopmaak of nie....ouens lyk skylie. 

2 weke terug het ek bestel en my vrou was tuis om te ontvang....sy was bang

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus