Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -27 minutes ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -48 minutes ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -1 hour ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -4 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 16/12/2017 - 17:29

Freda, ja dit is die F blok maar ons staan op F51, 52 & 53.

Len, ons het die vol tent maar gebruik altyd net die een sy kant wat aan die voorkant van die karavaan is.  Ons hou van die oop ruimte.  By die agterkant gaan ons na die opwas toe.

0
Meyerton

Segekok

Sun, 17/12/2017 - 05:45

Môre almal. 

Mag dit n heerlike dag wees vir almal met genoeg vooespoed. Om vir n leeftyd te hou...

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 17/12/2017 - 06:16

Ek hoop almal het lekker geslaap.   Hier in die Baai is die lug baie donker vanoggend en reën word voorspel tot more.  Dit sal wonderlik wees want ons het dit nou bitter nodig.   Dit is nou so stil buite, daar beweeg nie 'n blaartjie nie.  Hopelik is dit die stilte voor die storm!

Geniet julle Saterdag.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 17/12/2017 - 17:47

Ons het omtrent baie gedoen vandag.   Jy spel dit   n-i-k-s.   Ja, omtrent lui gewees.

Van die reën het daar nog niks gekom nie.  Die lug is nog heeldag betrokke en nou en dan was daar sulke spatseltjies teen die ruite maar nie eers 'n ligte bui reën nie.

Geniet jul aand.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 06:56

Hier is ons in ons Kersfeesweek.   Nou begin my kop oortyd werk oor wat ek nog moet kry, wanneer wat gedoen gaan word.   Alles in die huis moet reg wees, die kosse se maak beplan.laugh  Colin het nie 'n saak nie.  Al wat hy weet, hy maak vleis gaar in die weber Sondagoggend, verder het hy vrede met alles.

Geniet julle Maandag.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/12/2017 - 07:27

Goeie more almal.   Ja Freda dit is kersfees, nou moet ek nog net klaarmaak op kantoor die week sodat die gevoel 100% kan inskop.

Baie dankbaar, oppad kantoor toe vanoggend is ek amper oor 'n barrier, maar hoe bly toe ek hoor en voel my kar te ABS skop in  -   vrou voor my, moes haar kar omrol en die deur oopbreek om haar uit te haal. surprise

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 07:38

Ag nee, dit is nie 'n lekker manier om die week te begin nie.  Arme vrou, ek hoop sy het darem nie te seer gekry nie.   Nou watse barrier praat jy van en hoekom is jy amper ook daar oor?  Dit klink na 'n "death trap".surprise

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 18/12/2017 - 07:38

Bly jy is  ok Anton jip ongeluk gebeur so gou ja Freda ek sien innie winkels die mense gaan wild met koop van kos ens. Julle moet n lekke dag he die koffie loop soos stroop

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/12/2017 - 07:48

Freda, dit is die R55, tussen Olifienatsfontein en Crowthorne gaan die pad deur 'n dip, oor rivier, die pad vernou en daar is onlangs barriers opgesit om te verhoed dat voertuie daar afry.   As iets fout gaan, soos met die vrou voor my,  en as daar verkeer van voor afkom, en jou brieke werk nie reg nie, dan is daar net een plek om heen te gaan, oor die baarier, soos die vrou voor my.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 18/12/2017 - 09:18

En 'n eerbaarlike wonderlike goeie more vir jul almal met spesiale groete vir my twee GROOT vriende - DK en oompie JEEPIE!!

Jip ons leef nog, kuier net 'n hond uit 'n bos uit. en kom maar min hier by die kantoor om op internet te kom.

Moet nou hier wees om so bietjie op te vang met my belegings en sulke goed, man moet maar soms kyk hoe lank ons nog kan leef, met Steinhoff ingesluit lyk dit darem orraait hier - ons kan nog lekker leef solank ons net nie langer as Maart 2018 leef nie?

Oom Voorie waneer kom jy nou kuier, en waar staan julle - ons staan op 20.

Nou ja, ek sal weer van die lug af wees tot na Kersfees, ons gaan so bietjie kuier by vriende en kinders.

Julle moet 'n wonderlik geseende Kersfees he, en mag die nuwe jaar vir julle almal met rose [sonder dorings] besaai wees .

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 10:05

Dit is goed om van jou te hoor.   Ek het al gedink jy is oneerbaarlik omdat jy nie ekstra moeite doen om 'n eerbaarlike ogie oor ons te hou nie.

Ek is bly die finansies is nog reg.  Ek hoop Petra kry 'n ekstra mooi kersgeskenk.  Vir al haar liefde en toewyding teenoor haar man.

Geniet die kuier saam met almal en mag jul Kersfees ook heerlik wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus