6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -14 minutes ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -18 minutes ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -37 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -56 minutes ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago

September 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek het met groot gesukkel en lank aanhou vir Ezibookings, my bespreking vir Mokala en KarooNp gedoen. 

Ek het later vir Chris B gebel, hom gevra om klaar te maak, sodat ek ook 'n beurt kan kry. Die vriend pleit toe geheel onskuldig.

Teen 10h30 kry ek bespreek, en vra sommer vir Nossob ook. Volgens die kantoor was Nossob toe reeds vol bespreek, seker vir Aug'27. MataMata en Twee rivieren het nog plekke oop gehad.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/09/2026 - 10:49

Ek het die klagtes per whats up aangestuur na Anton. My voorstel betreffende geldelike bydra tot probleemoplossing, soos hierbo, het ek ook in whats up ingesluit.

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/09/2026 - 16:21

Ek het vanmiddag reaksie van Anton gekry;

1] hy vra omverskoning dat hy nog nie Rona se [inpersoon]boodskap geantwoord het nie. 

2] Hy kan ook nie "log in" nie

3] Hy is in oorlewingstryd met die begin van sy maatskappy, en ooreenkomste met nuwe oorsese kliente

4] Laastens sy kategoriese antwoord oor forum se voortbestaan, is as volg " Ek wil nie die forum toemaak of stop nie, nooit nie"

Ek dink ons moet nou maar probeer geduld aan die dag lê, veral ekke. 

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 24/09/2026 - 17:04

... witbrood onder die arm. Mense - ek is geseënd, in vele opsigte. Ons leef lekker en gemaklik. Ek het bykans nie 'n enkele ding wat my "worry" nie - behalwe dalk ons nasionale regering. Ek woon in een van die mooiste dele (en dorp) in die land. Ons beskik oor 'n uitstekende munisipaliteit en provinsiale regering.

Maar die witbrood onder die arm is die klomp lamsvleis wat ek vanmiddag moet pak. Ek het 2 lammers deur d.m.v. my seun gekoop, wat namiddag afgelewer is. Ek is uiters "finicky" wat vleisverpakking aanbetref. Daarom laat vroulief dit te volle aan my oor. Maar nou voel dit of my rug afbreek van gebukkend staan. Vriesplek raak ook 'n probleem - van só 'n aard dat ek my karavaan se vrieskas ook moet aanskakel, want my seun het my afgelope Sondag bykans toegegooi onder vis - snoek, kabeljou, witsteenbras, witstompneus, galjoen en harders. En ek sit nog met twee bokse stokvisfilette. Ten spyte van die feit dat ek aan my bure uitdeel, moet daar beslis nou nóg meer vis deur hierdie visvoete geëet word.

Selfs my tuiningenieur het al in 'n viseter geword.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/09/2026 - 17:27

kla jy of "brag" jy. ??? Moet tog net nie vis in Kgalagadi gaan braai nielaughlaugh

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 24/09/2026 - 20:29

Môre oggend word Giep by die Kennels afgelaai. Gawie sal vir die 4 katte sorg. Voolie se saadbakkie sal hy soggens en saans volmaak. Die kweekhuisie sal hy ook op- pas, en die groentetuin versorg.  Als groei pragtig.

Ek en ouma gaan n ou Duckie, my suster, se 70th birthday bash, bywoon die Saterdag.  Daarna  n pâl in Gansbaai gaan pla en dan ń Chalet Agulhas N Park vir paar dae.

Ouma is mal om " Sea glass" bymekaar te maak. Stukkies wat  van die ou skeepswrakke uitgespoel het, of stukkies porselein met met n motief op sal sy jou ore draai van waar en waneer. Ek geniet ook die  skattejag saam haar. Veral as sy sê " Well spotted" laugh

Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/09/2026 - 05:50

...dit klink na 'n besige paar dae wat voorlê. Skattejag julle dan vir die lekker al die strande soos Waenhuiskrans, Struisbaai ook, of net stapafstand van die chalet af??

Geniet die wegbreek

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 25/09/2026 - 08:54

Ons gaan dit geniet. Sien uit na Sondag se rugby kyk by my ou tawwe maat. Ons twee her honderde kilometers met rugsakke gestap, maratons saam gedoen van Zyls pas saam gery, ag te veel om als op te noem 

Al die strande word gestap, en vir baie kilometers. Net sekere strande sal stukkies uitspoel. Die bodem en die  strand struktuur moet blykbaar net reg wees. Ouma so staan en loer en dan weet sy klaar. cool

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/09/2026 - 09:10

Bostaande toets is suksesvol gedruip. Die probleem is nog nie opgelos nie.

Ek is bevrees dat ons nie kan verwag die forum moet groei in ledetal, deelname en aktief bly op die trant nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 26/09/2026 - 10:04

Ek onttrek nou tydelik van die forum af totdat probleme uitgesorteer is. Iemand (enigeen van diegene wat my telefoonnommer het) kan my per WhatsApp laat as alles weer normaal is - dit is natuurlik slegs as my deelname verder verlang word.

Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 26/09/2026 - 10:51

Het nog nooit verlengde waarborg vir 'n voertuig nodig gehad nie en wonder of dit die geld werd is.

Werk dit soos Gap cover wat jou geld  kos maar as jy wil eis dan kom die fynskrif en verskonings. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/09/2026 - 11:23

...ek het ook nog nooit 'n verlengde waarborg uitgeneem nie. Ek het my meeste voertuie 2de hands gekoop, en nie eers daarmee dit gedoen nie. 

Ek sal jou aanraai om as jy dit oorweeg, eerder 'n verlengde waarborg by die fabrikaat/handelaar uit te neem. Ek sal dink dit moet beter/betroubaar  wees, met meer gemoedsrus, as ene by 'n "fly by night".    

Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 26/09/2026 - 12:20

Ons het Gap cover vir ongeveer 8 jaar wat vir my tot sovêr geen voordele inhou nie. Elke keer as ons  navrae doen is daar verskonings en uitsluitsels van hoekom daar kwansuis nie dekking voor is nie.

Gedink dat verlengde waarborg maar dieselfde uitkoms gaan lewer. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/09/2026 - 13:08

...ons het ook die Gap-cover, en nog nooit gebruik nie. ek het al lus om dit te stop, en my geld in eie rekening te laat rente trek.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/09/2026 - 16:25

Ek sit en kyk na 'n sleeptoets van die nuwe Prado's in Australië, en wonder skielik oor hulle regulasies vir woonwa sleep.

Die aanbieder maak toe 'n punt dat die Prado tot 3500kg mag sleep. Dit laat my toe wonder, want 'n Prado se lisensiegewig is maar ongeveer 2330kg. Hy het nie pertinent gewys of genoem dat hy ekstra elektriese of hidroliese remme aan die wa en kombinasie gekoppel het nie.

Volgens hulle regulasie word ekstra remme benodig as mens meer as 2000kg wil sleep. Dis effe strenger as hier by ons waar ekstra remme net benodig word as mens meer as die lisensiegewig van die sleepvoertuig  sleep.

NS: Hier by ons is dit ook deesdae die "inding" dat vervaardigers spesifiseer dat hulle voertuie tot 3500kg kan sleep. Ek wonder of die vereiste aan ekstra remme ooit vir kopers uitgewys word. Dieselfde met ouens wat woonwaens verkoop. Daar word selde vir jou uitgewys dat 'n sekere wa nie deur sekere voertuie gesleep mag word nie, behalwe met ekstra remme.   

Irene

Grootwind

Sat, 26/09/2026 - 18:04

Ek het ook probleme, kan byvoorbeeld glad nie Uitlog nie, lyk my ek sal vir ewig aan lyn moet bly! Sal maar een of ander ding moet probeer om te kan Uitlog...sodra ek dit reg kry sal ek ook maar vir eers padgee. So as ekke "wegraak" is dit vir 'n goeie rede!

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/09/2026 - 19:44

...ek log nooit uit nie. Dit het sy voordele in sekere gevalle, soos nou.

Dit sal jammer wees as die aktiewe lede almal gaan "wegraak".

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus