Ek het met groot gesukkel en lank aanhou vir Ezibookings, my bespreking vir Mokala en KarooNp gedoen.
Ek het later vir Chris B gebel, hom gevra om klaar te maak, sodat ek ook 'n beurt kan kry. Die vriend pleit toe geheel onskuldig.
Teen 10h30 kry ek bespreek, en vra sommer vir Nossob ook. Volgens die kantoor was Nossob toe reeds vol bespreek, seker vir Aug'27. MataMata en Twee rivieren het nog plekke oop gehad.
Chris B ...
...ek is bly jy het reggekom met Honda se sleutel. Ek was nie slim nie, net iemand wat ook daai foutjie al gemaak het. ![]()
Kraak in die vloer, ek dog jy het genoem dat 'n onderstel balk 'n kraak in het??
Wessel ...
... ja, die betrokke yster"balk" is gekraak en moet uitgehaal word om te laat sweis. Hopelik is dit die primêre oorsaak van kraak in die vloer. Christo se tyd het hom nie gister toegelaat om daarby te kom nie - hy't bietjie laat hier gekom nadat hy eers in Sandbaai werksaam was.
Hy sal waarskynlik eers weer by my uitkom nadat ons teruggekeer het vanaf Kgalagadi. Hy's betrokke by 'n paar boere in die Riviersonderend-distrik tydens die graan-oestyd wat nou begin. Gelukkig vertrek ek eers vroeg April met die Ou Lady.
Geert - verjaar?
Ek maak die afleiding op die CPC-forum dat Geert vandag die groot 60 slaan. Of jy dit nou wil weet of nie - jy is dus ook nou 'n senior burger. Geluk!!





Karavaan-veranderinge
Gister is die Ou Lady toegerus met 'n nuwe tru-kamera. Die kamera is nou bo op die ronding van die dak aangebring. Die oue was laag gemonteer en het baie probleme met vog en vuiligheid van die pad gekry - sodanig dat ek soms niks op die skerm kon sien nie. Dit het ook oor 'n klein skermpie beskik en ek het soms maar gesukkel om 'n goeie beeld na agter te hê. Die nuwe een se skerm is minstens 4 keer die grootte van die oue.
Ons het ook besluit om die ingeboude tweeplaat-gasstoof in die karavaan te laat uithaal. Ons gebruik dit nooit en dit neem baie bruikbare spasie weg. Christo Prins, wat die werk by my huis kom doen, het die hele blad waarin die stoof en wasbak gemonteer is verwyder. Hy gaan nou 'n nuwe blad laat sny met 'n opening vir die wasbak. Ons gebruik die wasbak nogal baie - vir handewas en tandeborsel. Ons vang darem ons gryswater in 'n emmer op en raak op die korrekte wyse daarvan ontslae. Dit is meer as wat ek kan sê van baie mense met die grênd karavane wat ek vanjaar by Eiland Spa gesien het. In een geval het die ou sommer sy stortwater in die teerpad laat uitloop.
Christo moet nou nog aandag gee aan die kraak in die vloer en die wa moet heeltemal oorgeseël word. Dan's ons reg vir volgende jaar se beplande 5+maande vakansie.