Goeiedag Almal.
Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.
Dankie!
Dankie Wessel. Die…
Dankie Wessel. Die stippellyne is altyd daar na upgrades. Ek sal dit heel laaste regstel.
Ek het darem al opgegaan vannaf 9.44 tot by 9.51. Maar daar is nog 'n pad vorentoe om tot by weergawe 11 te kom. Dan sal alles weer 100% veilig wees vorentoe.
Anton opgradering
Forum is aan die gang, baie dankie.
Onthou Rome is nie in 1 dag gebou nie, die krisis is verby, en vêrdere opgraderings kan mettertyd gedoen word.
Wil 'n kappie-e tik
Onder INSET is 'n lyntjie met 'n B vir bold letters, en dan 'n I wat vir mens die keuse van simbole en meer gee - dit wil nog nie oopmaak nie. Sal bly wees as dit weer werk want ek is nou bederf daarmee en het al die Alt-storie vergeet![]()
Groot verrassing...ek kan…
Groot verrassing...ek kan weer Uitlog en ook weer Inlog!
Toets vir foto laai
Die ou resep werk nie meer nie. Ek het altyd op die ikon, 2de van regs hierbo geklik, dan met "browser" die fotos van my rekenaar af kies. Die stelsel het dan vanself die fotos verklein.
Nou vorder ek net tot waar 'n foto gekies kan word, kry die boodskap die foto is te groot, en kan dan nie vêrder voortgaan nie.
Wessel kyk asb of jy die…
Wessel kyk asb of jy die foto's kan laai dmv die eerste opsies
Foto laai opsie 1 toets
Môre Anton, hier kom die toets.
Nie gewerk nie, ek vorder tot waar ek foto kies. Kry dan die waarskuwing dat foto te groot is, en outomatiese verkleining gebeur dan nie.
Opsie 1 toets tweede poging
Nog 'n probeerslag om 08h09.
Nou het dit gewerk---perfek![]()

en dan 'n I wat vir mens die…
en dan 'n I wat vir mens die keuse van simbole en meer gee - dit wil nog nie oopmaak nie
Rona kyk asb of die opsie nou werk
Opsie 1 toolbar ikon
Anton, wat ook werk met die opsie is;
as mens na die inset kyk en regs klik op foto, mens die opsie kry "open image in new tab" Klik mens dan op die "new tab" kom die foto omtrent in volgrootte op skerm.
Jy is besig om die sagteware te bemeester. Dankie
Anton, as ek op die omega…
Anton, as ek op die omega klik, open al die spesiale karakters.
ô, ê
Nou het ek ok iets geleer.![]()
Dit werk, dankie Voortrekker
Dit was eintlik die laaste Griekse letter wat gekort het. Waarvoor die I (met 'n 'slant' daar is weet ek nog nie). Noudat die Omega terug is kan ek weer baie klets
¾ € ê
Intussen ook agtergekom wat ek met die I kan doen.








Stippellyne oral
Middag Anton. ek sien stippellyne onder name, aktiewe onderwerpe en nuutste insette.