6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -9 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Kamp Gemeenskap

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Na aanleiding van 'n gesprek wat ek gehad het met Arie terwyl ons by Drie Berge gekamp het ( ek het die gesprek opgebring toe ek die Sensation Vee se stewige onderstel gesien het,in vergelyking met my Camp Lite waentjie s'n)

...ok, die gesprek het gehandel oor een van my heel eerste onderwerpe wat ek uit groot entoesiasme op die ou weggesleepte forum geplaas het.  Ek was 'n soos hulle noem nog 'n "newbie" gewees.     Ek kan nie die naam van die draad onthou nie, maar ek onthou goed hoe oom WW (willewillemien- daaitydse moddergooier) vir my 'n baie duidelike  en reguit e-possie gestuur het om te vertel dat my uitlatings en idees nie toegelaat sal word op DIE forum nie.  -    iets van sekere mense wat spiere skeur deur net aan omgang te dink ....?

Oo ja, nou onthou ek die draad se naam, of was daar dalk 2 pogings vir 'n draad?  Miskien kan iemand hier onthou?   was dit "die klappende tent flap"  of   " kampfoeffel"?

Nou ja wat, terug by die onderwerp.  Vertel ek toe vir Arie van my suiwere motiewe vir so 'n draad destyds en hoe ek maar net 'n eerlike opinie wou gekry het van mense wat kamp -   mense wat tog ook uit die natuurlike voortbestaan van die mensdom spruit of hoe?

Arie verstaan darem toe wat ek probeer sê (en vra).   Veral met daai Sensation Vee, wonder ek of hy darem kan vasstaan, sonder om die bure te pla?   

Terug by my oorspronlike vraag, hoegemaak of (hoe het julle gemaak) -   of is kampfoeffel maar iets wat mens vir die huis moet los?     My waentjie se onderstel is klein en die geringste beweging laat alles wapper en flap en klap -  ek wil dus nie 'n slegte naam vir kampforum ontwikkel of onnodige aandag trek tydens my kampe nie -  

.....of is die groot rede hoekom so baie ervare kampeerders op die einde vir hulle lekker groot karavane koop juis vir daardie lekker stewige basis en onderstel wat geen beweging binne merkbaar maak nie?

Waar my wa staan

Arie

Tue, 09/01/2018 - 01:49

Sit ek weer een nag so tussen Kersfees en nuwe jaar hier in my tent.

Hoor ek kort kort so geklingel, kompleet soos iemand wat jingle Bells wil speel maar nie so lekker regkom?

Gaan toe maar uit om ondersoek in te stel, sien ek so neefens die Sensation met sy stewige onderstel so ligte Camplite waentjie. Man dit lyk kompleet of die waentjie wil rock en roll of iets, staan en bokspring en sulke rittel tit bewegings, die geklingel was toe die slotte wat buite hang en so rond wip.

Ja toe verstaan ek mooi wat aangaan, dit is twee baie bedagsame kampeerders wat nie die bure wil steur nie. Hulle le in die bed en fluister vir mekaar grappe, en dan skud hulle soos hulle probeer om nie hard op te lag nie? Dit verklaar ook die vreeslike steun geluide wat van daar af kom.

Voorie terug na jou vraag;

Ja baie belangrik dat jou wa goed stewig staan, die fondament moet absoluut reg wees.

Mens leer met tyd om dit baie kalmer en stadiger te vat, nie meer met trompet geskal en uitbundige oorgawe nie.

Los ook maar die kliphard insatruksies vir mekaar, dit word met sulke ligte hand drukkies oorgedra.

Ons Permanente kampeerders is baie gelukig in die opsig dat 90% van die tyd jou naaste bure so 4 of 5 staanplekke weg is, so ons hoef nie so vreeslik versigtig te wees nie. 

Ander tye as die nood druk en mens kan nie anders nie dan doen jy dit met ekstra omsigtigheid en rustigheid, kyk ek glo die laaste ding wat mens wil he is dat jou bure rondom jou, hande klap en julle staande toejuig waneer julle klaar maak.

Hierdie is maar my leke opinie, hier is sekerlik mense met baie meer kennis en ervaring?

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 09/01/2018 - 05:55

Soos die gesie verstaan is daar op party mense se laaste kamp steelfilms gemaak. Daar Kan dus n groot moontlikheid wees dat ons eersdaags op die internet n video gaan he wat viral gaan en vir ons presies wys hoe om te werk te gaan, devil

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 09/01/2018 - 08:09

Kyk, op 'n dag moes hierdie onderwerp seker ter sprake kom op 'n kampforum.laugh   Daar was al so rondom dit geskimp maar nog nie so reguit aangepak nie.  Gelukkig het ons baas dit begin...

Daar is 'n verskil tussen huisfoefel en kampfoefel.   As die kinders nog in die huis is, leer dit jou en berei jou voor op kampfoefel.    So, as jy kampfoefel onthou die dae toe jy moes huisfoefel met die kinders onder dieselfde dak.   Die kassie bokant jou kop in die karavaan is 'n gevaar vir kopstamp, so die help weer vir meer berekende bewegings.

As jy in die Baai bly, kan jy gelukkig altyd die wind blameer vir die bewegings en klingelgeluide.

Net die trompetgeskal is daar nie raad voor nie.  Miskien moet iemand 'n foefelaand in die park reël.   Dan moet almal dit daardie aand doen en almal kan laat loop soos hulle wil.   

Van dit sal ek graag 'n bandopname wil maak!!  laugh

 

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/01/2018 - 08:24

Laat dink my nou aan 'n ander knaap, ook 'n lid hier op ons forum, maar nie baie aktief nie   (wel ek sou ook nie my gesig hier wou wys as ek hy was nie laugh)

Hy het 'n Gypsey Raven dink ek?  Gesleep deur 'n Mazda BT  bakkie.   Daai wa van hom squeeck weer vreeslik baie -     dink hulle noem hom ook "Lone Ranger"  of so iets?    ...alhoewel elke keer wat ek hom nog raakgekamp het was daar 'n ander girl saam met hom cool

 

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/01/2018 - 08:46

of is dit nou 'n Rascal?      Ek ken ook nie al die karavane nie.     

Centurion

Dusty

Tue, 09/01/2018 - 09:49

Laat my dink aan die omie wat vir sy jaarlikse mediese ondersoek gegaan het.

Die dr het vir hom gesê na die ondersoek dat alles nog wel is, maar hy moet in die kamer die kerkklok gebruik vir ritme.

Twee weke later is hy toe oorlede. Die dr probeer toe uitvind wat gebeur het. Sy hy toe vir die tannie dat hy vir hom gesê het om die kerkklok te gebruik vir ritme.

Sy sê toe vir hom hy het maar toe kom die ambulans verby.

Secunda

Sleep nou

Tue, 09/01/2018 - 10:24

Jy doen die kamp foeffel stil baie stil jou oe op mekaar gerug en toe die oe kommunikasie maak seker alle slotte en  kaste is toe julle moet oplet Arie gee tips en haal stadig maar diep asem

Pretoria

Slowstrike

Tue, 09/01/2018 - 10:36

Net so waarskuwing....

As julle by Dube gaan kamp (Midweek as daar byna niemand is nie) moenie in die middag gaan"RUS" en die vleisie buite los om te ontdooi nie 

Daai donkies wat daar rondloop hou van vleis.. (Ek hoop die wetter se maag was seer daarna)

Het al by Sondela `n paartjie gekry wat die "natuur bewonder" daar langs die dam by die 4x4 roete. Het maar net verbygery met die bicycle maar vroulief kon nie help om te roep "Goeie werk doe soo voort nie"

Groetnis

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 09/01/2018 - 11:31

Daai ou met die Raven los maar die praatwerk vir sy vrou.   Alhoewel hy is baie nuuskierig om te hoor waaroor daar gepraat word.

Hy het altyd 'n blik olie handig, alle squeaks en ander geluide word onmiddellik daarmee behandel.   So alles verloop altyd baie glad en stil.

By the way, die Hilux is net gister verkoop.  Ek sal jul anderdag daarvan vertel.   Ek verwerk dit nog...

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 09/01/2018 - 11:35

Ag nee man, Voories, praat ek nou verkeerd saam met jou!   Dit was mos 'n Isuzu!

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/01/2018 - 11:39

Nee Freda jy het die krokodil aan die stert beet.   Ek praat van 'n Jonge man, ongetroud nog (toe ek laas gehoor het).    

clue -   ek dink hy behoort aan die Wilsur groep?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/01/2018 - 12:20

Wat die stewig staan van 'n groot karavaan betref, op 'n ouer ouderdom gaan lig jy juis op so 'n aand die stutte so effens van die grond af om dan te kan "brag" teenoor almal wat verby loop dat jy nog instaat is om die karavaan te kan "rock" !

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 09/01/2018 - 12:21

In reply to by Frieps

Ek het al van baie goeters gehoor om dinge gladder te laat verloop.

Vaseline - KY jellie - maar nog nooit van 'n blik olie nie.

Hoe kry jy weer alles skoon en droog na die tyd Freda???

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 09/01/2018 - 13:44

Ek vra nederig om verskoning.

Ja - die Vaseline gannie lekker werk op die waentjie se squeaks nie.angel

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/01/2018 - 13:45

Hahaha Len, nou weet ek, as ek sien die oom wat langsaan kamp verstel kamstig sy stutte, dat hy eintlik besig is om vir tannie te sê sy moet begin regmaak! smiley

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 09/01/2018 - 17:31

Het sy nou wraggies haar ruite met Vaseline ingesit?   Wat het sy met die Putty gedoen?

(Het jy die boodskap gelees wat ek vanoggend vir jou op die koffiedraad geskryf het?)

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus