Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

E-pos notifikasies

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

notify me

Hallo almal.     toets gerus die NUWE  epos notifikasie funksie.   Dit is nog onder ontwikkeling, maar funksionalitiet is bruikbaar.

As jy een keer besluit om 'n draad te volg, dan sal die volg opsie altyd aktief wees op alle insette, en moet jy dit elke keer de-selekteer op 'n inset as jy NIE notifikasies wil ontvang vir die betrokke draad nie.   Jy kan dit gaan afsit onder jou profiel (account)

Wanneer jy 'n epos notifikasie ontvang, sal daar ook 'n skakel wees om die notifikasies vir die betrokke draad af te skakel.  ONTHOU, wanneer jy dit kliek, ontvolg jy dadelik, en kan die nie omgekeer word nie.  As jy die betrokke draad weer wil volg, moet jy 'n nuwe inset gaan lewer en weer die 'volg' opsie kies.smiley

Om 'n draad te volg, moet jy 'n inset lewer en die 'volg' opsie selekteer.

Volg insette op al jou Onderwerpe.     Jy kan ook onder jou profiel (account) kies om notifikasies te ontvang vir enige insette op AL jou onderwerpe.   Individuele onderwerpe kan nie geaktiveer word vir notifikasies nie.

NUWE lede se  ALLE onderwerp notifikasies sal outomaties aangeskakel wees - dit sal help om 'n nuwe lid wat eerste onderwerpe plaas te laat weet as iemand 'n inset daarop gelewer het.

Centurion

Voortrekker

Sat, 10/02/2018 - 08:35

Ek toets bietjie of ek lede kan terug kry op drade wat hulle geplaas het.    So julle sal sien ek plaas insette op ouer drade wat deur lede geplaas is wat nie weer teruggekom het nie.  

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 10/02/2018 - 08:45

Ek weet ek het nie van die opsie gehou by CP nie en myne was permanent afgeskakel.  'n Mens het net te veel e-posse ontvang en dit het lastig geword.   Ek onthou daar was dikwels lede wat wou weet hoe hulle dit permanent kan de-aktiveer omdat hulle dit ook nie wou gebruik nie.   Die opsie om die notifikasie af te skakel op die e-pos self was ook daar, maar dit het nie gewerk nie, want die e-posse het nog steeds deurgekom.

Ek moet bysê, daai was in die tyd toe ek nog gewerk het en baie e-posse ontvang het.  Nou se dae ontvang ek minder en sal dit dalk nie lastig vind nie.    Ek sal sien hoe dit hier werk en dan besluit.   Maar ek stem dat dit lede op hoogte sal hou van reaksies op hul drade.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 10/02/2018 - 08:53

Freda ek het dit gisteraand oor en oor getoets en dit lyk asof die de-aktivering skakels, en aan en af skakel alles goed werk.     Ek het wel die lede wie se ouer onderwerpe ek laat herleef se notifikasie vir onderwerpe individueel aangeskakel met die hoop dat hulle dit kry en dan ook op die drade reageer.   Ander lede s'n is AF.     Alle nuwe lede s'n sal aan wees, totdat hulle dit self afskakel.   Kom ons kyk hoe werk dit.

Ek is seker die funksie was op die forum wish list gewees ?

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 10/02/2018 - 09:00

Ja, Voortrekker, ek dink dit is 'n goeie ding dat jy dit opgesit het.  Dit sal nuwe lede aanmoedig as hul 'n e-pos kry wat sien daar was reaksie op hul inset.  (En selfs ou lede ook!).   Ek verwerp dit gladnie, elkeen kan later besluit of hul dit wil gebruik of nie.

As iemand 'n e-pos kry om te sê daar was reaksie op 'n draad waar hulle deelgeneem het, sal hulle definitief inskakel om te kom kyk daarna.yes

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 10/02/2018 - 09:23

Die gesie hou van tradisionele manier van spook. Oom Admin, sal jy asseblief so gaaf om die gesie se notifikasies met tradisionele (poskantoor) pos aan te stuur. Om my privaatheid te beskerm het ek reeds my posbus besonderhede gister aan jou gestuur met n posduif. Kyk asb uit rondom jou huis vir n spookagtige wit duif!

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 10/02/2018 - 15:06

Sal julle nou ophou om alles met DK te skryf, dit is nou glad nie meer snaaks nie en ek vind dit uiters oneerbaarlik!!!

Ek is sommer lus om die omie met sy Jeep op julle te sit!!

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 10/02/2018 - 17:32

Op 'n meer ernstige noot.  BELANGRIK -   die Beta 'Notifikasie' funksie het 'n bug -   wanneer jy 'n jou inset wil "edit"  en dan save, gaan jy 'n ERROR blad kry!    Jou wysiging sal wel geldig wees, maar jy sal nie onmiddelik na jou inset geneem word nie.  Druk 'back' en herlaai die blad - hoop dit maak sin.

Hopelik net 'n tydelike probleempie totdat ons 'n update kan kry. smiley

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 10/02/2018 - 18:35

Ernstige noot, Òom Voorie, gaan search sound of silence gesing deur disturbed,

DIT IS N ERNSTIGE NOOT EN EK LIKE, op youtube, sit dit hard, mooi

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 10/02/2018 - 18:47

Aai ou oom Voorie, ek het baie respek en vra om verskoning vir die baie spot, maar ken so bietjje waardeur jy gaan om die MX recosrds en en SMTP, Daai is egter die minste, dan om met n web platform te implementeer!

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 10/02/2018 - 19:45

Willem, ek dink hier is wat ek gaan doen.   Ek gaan die opsie om op  insette te volg verwyder, want dit is waar die bug sit.   Die opsie om  notifikasie op AL 'n lid se  onderwerpe te ontvang sal ek behou - dit sal aan wees vir nuwe lede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus