Vir die ouens wat nie weet nie. Ek en 5 van my Pelle het vanaf 1992 vir die afgelope 25 jaar elke jaar op Hentie/torra enTerres gaan visvang. Vir die eerste keer die jaar ( Febr 2018) moes ek alleen gaan met 'n swaar gemoed, want die dag toe ek Henties toe ry is een van ons stigters van die instelling oorlede . Hy was amper 80 maar dit het baie swaar op my hart gedruk. Baas Piet soos ek hom altyd genoem het het 'n groot gat in my gemaak, en ek het vir die eerste keer in 25 jaar nie my visvang geniet nie. Gelukkig het ek baie lekker gekamp en ek kon vir Ma 'n paar plekke gaan wys wat sy nog nie gesien het nie. As herrinering plaas ek 'n paar foto's van ons en ons ou vissies wat ons so oor die jare gevang het.
Ai Tora dit is swaar as ons…
Ai Tora dit is swaar as ons jare lange vriende so een, een heengaan!!
Ek weet hoe jy voel, maar gelukig het ons darem al die mooi herineringe van die goeie tye saam met hulle.
Sterkte my maat!
Jammer Tora
Tora sterkte alles sal weer ok wees soos Arie se die herineringe is geprint vir ewig
Dis waar, ons moet maar…
Dis waar, ons moet maar aanvaar daar word nou in ons Bos gekap. Ek het 'n ou swartman gehad wat vir 30 jaar vir my gewerk het wat altyd gesê het ," Baas daar waar ons vandaankom is ver,maar daar waarheen ons gaan is naby.![]()
Wat kan mens sê, sterkte vir…
Wat kan mens sê, sterkte vir die familie en almal betrokke.
Soos jy sê, die houtkapper is klaar met die oubos, ons is nou die oubos.





Hier is nog 'n paar Foto's…
Hier is nog 'n paar Foto's van die Groep.Dit was 2003 op Terras.