Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
sonder sein..... Toep wat aflyn kan wys waar… Wessel Strydom -14 minutes ago
Dankie Willem. Dit lyk soos … Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -44 minutes ago
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -10 hours ago

So paar diertjies by Mabalingwe

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Renosters by Maba

So lyk die wild by Mabalingwe

Waar my wa staan

Arie

Mon, 26/03/2018 - 07:06

Dalk is dit maar die Warmbad Kameelperde wat so bietjie "anders" is, dalk iets in die water hier?

Ek kom agter die gebore Warmbadders is ook maar so bietjie anders as ons ander, vra maar vir Lolla?

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 27/03/2018 - 12:13

Gisteraand so om en by tienuur hoor ons 'n Olifant bul trompetter, loop die troppie so reg langs die kamp verby. Daar was net 14 gewees, kon hulle nou mooi tel van dit is redelik oop en hulle het reg langs die draad gestap. Cliff bevestig toe vanoggend dat hulle op die oomblik net 14 hier het, maar daar sal binnekort 'n paar kleintjies bykom.

Vroeer toe so ent gaan ry om hulle te soek, maar al wat ons kry is hul spore.

Besluit toe om te gaan kyk hoe lyk die damme na die groot reens, Huilboom loop oor, Gorken is so 90% vol, klipspringer loop oor en WP le Roux is so 80% vol.

By Gorken [ek noem hom sommer Seekoei dam] kry ons toe twee volwasse seekoeie en ses kalfies.

Ons het seker 'n uur daar sit en kyk hoe speel daai kalfies in die water, hou sulke skyngevegte, bekke wawyd oop en dan druk hul daai bekke teen mekaar om te probeer byt. Die een ma moet kort, kort hulle so stamp gee as hulle te uitbundig raak.

Die kleiner paaidjies om naby die water te kom raak nou nogals regte 4x4 roetes, sleg verspoel met al die reen, maar ja ek geniet myself gate uit om deur en oor die slote en dongas te ry, om nie te praat van deur die stroompies [party nogal so 500mm diep] en die groot moddergate. 

Voel sommer weer so 'n jong seun as ek so kan speel!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus