Anton (Vootrekker) het 'n baie oulike forum tot ons kampeerders se beskikking gestel waar ons oor kampsake en ander ditjies en datjies op Afrikaans kan gesels. Maar ten spyte van die daaglikse nuwe lede wat aansluit, ontbreek 'n verskeidenheid lekker nuwe onderwerpe of deelname aan gesprekke wat ouens op die been probeer bring.
Wat sou die fout wees, as forumlede nie wil saamgesels nie, is die forum se fut sommer gou-gou uit en ons moet dit probeer voorkom.
Ek het gewonder of die groot verskeidenheid onderafdelings dalk sommige gesprekke "wegsteek" sodat dit nie maklik raakgesien word nie ? Moet die forum indeks nie verklein word net in 'n paar hoofgroepe nie ?
Ek sal graag ander opinies wil hoor.
Forum deelname
Dit sal lekker wees as meer lede aktief wil deelneem en nie net die gewone name nie. Die mense wat so af en toe skryf, moet aangemoedig word om dit meer gereeld te doen.
Len is reg dat onderwerpe redelik gou van die radar af verdwyn. As jy nie gaan soek daarvoor op die Indekslys nie, sal jy dit moontlik nie sien nie. En dit is wat heelwat mense nie gaan doen nie.
My opinie. Hier links moet langer lyste wees van "Aktiewe Forum Onderwerpe" en "Nuwe Forum Onderwerpe". "Onlangse Insette" moet weggeneem word. Dan sal die lede moet ingaan op die nuwe of aktiewe onderwerpe.
Stem ook saam met die uit…
Stem ook saam met die uit laat van "onlangse insette" , my gevoel is ook "Aktiewe Onderwerpe" en "Nuwe Onderwerpe" gaan makliker raak gesien word.
Belangrik om ook te onthou, dit is "winter tyd" traditioneel gaan minder mense aktief wees. Ons moet net nie tou in gooi nie, enige nuwe forum gaan maar so effe sukkel voor dit goed gevestig is.
Anton moet baie insit om "ons te please", dus moet ons gesêls en aanpassings / veranderings aanmoedig.
Heelwat van hierdie forum se…
Heelwat van hierdie forum se lede is ook betrokke op n ander forum, soos byv, CP forum en almal weet dit.
Gevolglik is jy nou sku om n draad te plaas van n spesifieke onderwerp omrede jy glo dat hierdie lede dit alreeds gesien het. Nou vermy jy dit.
Ek sou voorstel om dit dan ook hier te plaas want hier is ander lede ook betrokke en jy mag dalk n opinie uit n ander hoek ontdek. Ek glo die twee forums kan in elk geval op hierdie manier saamwerk. Een voorbeeld wat ek raaksien is dat iemand n baie ou draad ophaal en dit weer lewe gee. Dit werk seker vi sommiges maar nie vi my nie, want as ek wil n kommentaar lewer dan sien ek te laat dis n ou storie.
Sê maar wat jy dink.
Kanselleer ?
Hoe kanselleer 'n mens 'n onderwerp ? Ek wou my bogemelse "blank" kommentaar uitvee maar kry dit nie reg nie.
Hehehe. Sien daars darem n…
Hehehe. Sien daars darem n paar punte. Miskien wou jy n punt maak.
Hoe kanselleer 'n mens 'n…
Hoe kanselleer 'n mens 'n onderwerp ? Ek wou my bogemelse "blank" kommentaar uitvee maar kry dit nie reg nie.
Freda kan jy 'n "delete" opsie sien onder Len se ......... inset? Kan jy dit dit delete?
Ek luister. Dankie Len vir…
Ek luister. Dankie Len vir hierdie draad.
Aktiewe onderwerpe het ek so 'n bietjie langer gemaak. Onlangse insette het ek korter gemaak. (Ek gebruik dit byvoorbeeld baie) Nuwe onderwerpe is nog dieselfde.
Weet julle en gebruik julle die "Alle onderwerpe" skakel links onder? dit maak 'n Indels oop met alle onderwerpe wat rangskik kan word volgens laaste inset of wanneer geplaas. Van hier af kan jy "right click - open in new TAB" op elke onderwerp wat jy wil lees . Is dit 'n handige skakel wat priotiteit moet kry en dal bo geplaas word?
Inset delete
Nee, Voortrekker, daar is net 'n "reply" opsie by al die insette. Ek weet daar was voorheen 'n delete opsie want ek het dit self eenkeer gebruik.
Ek het nog nie die "Alle onderwerpe" gebruik nie. Ek sal dit bietjie "verken" en kyk of dit my help om ouer drade raak te sien.
Ek het nog nie die "Alle…
Ek het nog nie die "Alle onderwerpe" gebruik nie.
Het jy dit al probeer Freda. EK het net bo "Aktiewe Onderwerpe" 'n skakel geplaas vir "ALLE ONDERWERPE"
Alle onderwerpe
Ek het nou die nuwe skakel gebruik, is dit nie maar die selfde as die "Aktiewe Forum Onderwerpe" sonder die filters nie ?
Wilsur dit is, maar daar is …
Wilsur dit is, maar daar is 'n filter keuse om na laaste insette oor te gaan. Die lys is ook baie lank en kan terug gaan tot die eerste plasings. Die skakel was no altyd daar, maar kry nou prioriteit. Dit is vir lede wat lanklaas aanlyn was om makliker deur aktiewe en nuwe onderwerpe te browse.
Alle onderwerpe
Anton, ek hou van die "Alle onderwerpe" skakel - dit nou eers ontdek !





Soos jy sê, ek hou van hoe…
Soos jy sê, ek hou van hoe jy dink.
Wats jou voorstel. Dit sit gewoonlik almal se koppe aan die dink.