6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -24 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Ek wonder maar net of.....................

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Anton (Vootrekker) het 'n baie oulike forum tot ons kampeerders se beskikking gestel waar ons oor kampsake en ander ditjies en datjies op Afrikaans kan gesels.  Maar ten spyte van die daaglikse nuwe lede wat aansluit, ontbreek 'n verskeidenheid lekker  nuwe onderwerpe of deelname aan gesprekke wat ouens op die been probeer bring.

Wat sou die fout wees, as forumlede nie wil saamgesels nie, is die forum se fut sommer gou-gou uit en ons moet dit probeer voorkom.

Ek het gewonder of die groot verskeidenheid onderafdelings dalk sommige gesprekke "wegsteek" sodat dit nie maklik raakgesien word nie ?  Moet die forum indeks nie  verklein word net in 'n paar hoofgroepe nie  ?

Ek sal graag ander opinies wil hoor.

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 06/05/2017 - 11:00

Dit sal lekker wees as meer lede aktief wil deelneem en nie net die gewone name nie.  Die mense wat so af en toe skryf, moet aangemoedig word om dit meer gereeld te doen.

Len is reg dat onderwerpe redelik gou van die radar af verdwyn.  As jy nie gaan soek daarvoor op die Indekslys nie, sal jy dit moontlik nie sien nie.  En dit is wat heelwat mense nie gaan doen nie.

My opinie.   Hier links moet langer lyste wees van "Aktiewe Forum Onderwerpe" en "Nuwe Forum Onderwerpe".   "Onlangse Insette" moet weggeneem word.  Dan sal die lede moet ingaan op die nuwe of aktiewe onderwerpe.

Nelspruit

Koos Mol

Sat, 06/05/2017 - 11:48

Ek stem saam vir 'n langer lys van aktiewe onderwerpe. As jy nie elke dag op die forum ingaan val van die onderwerpe onder uit.

Vaalpark

Johann L

Sat, 06/05/2017 - 14:02

Stem ook saam met die uit laat van "onlangse insette" , my gevoel is ook "Aktiewe Onderwerpe" en "Nuwe Onderwerpe" gaan makliker raak gesien word.

Belangrik om ook te onthou, dit is "winter tyd" traditioneel gaan minder mense aktief wees. Ons moet net nie tou in gooi nie, enige nuwe forum gaan maar so effe sukkel voor dit goed gevestig is. 

Anton moet baie insit om "ons te please", dus moet ons gesêls en aanpassings / veranderings aanmoedig.

 

 

Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 06/05/2017 - 15:18

Heelwat van hierdie forum se lede is ook betrokke op n ander forum, soos byv, CP forum en almal weet dit.

Gevolglik is jy nou sku om n draad te plaas van n spesifieke onderwerp omrede jy glo dat hierdie lede dit alreeds gesien het. Nou vermy jy dit.

Ek sou voorstel om dit dan ook hier te plaas want hier is ander lede ook betrokke en jy mag dalk n opinie uit n ander hoek ontdek. Ek glo die twee forums kan in elk geval op hierdie manier saamwerk. Een voorbeeld wat ek raaksien is dat iemand n baie ou draad ophaal en dit weer lewe gee. Dit werk seker vi sommiges maar nie vi my nie, want as ek wil n kommentaar lewer dan sien ek te laat dis n ou storie.

Sê maar wat jy dink.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 06/05/2017 - 15:44

Hoe kanselleer 'n mens 'n onderwerp ?  Ek wou my bogemelse "blank" kommentaar uitvee maar kry dit nie reg nie.

Centurion

Voortrekker

Sun, 07/05/2017 - 07:51

Hoe kanselleer 'n mens 'n onderwerp ?  Ek wou my bogemelse "blank" kommentaar uitvee maar kry dit nie reg nie.

Freda kan jy 'n "delete" opsie sien onder Len se ......... inset?  Kan jy dit dit delete?

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 07/05/2017 - 08:03

Ek luister.  Dankie Len vir hierdie draad.

Aktiewe onderwerpe het ek so 'n bietjie langer gemaak.   Onlangse insette het ek korter gemaak. (Ek gebruik dit byvoorbeeld baie)   Nuwe onderwerpe is nog dieselfde.

Weet julle en gebruik julle die "Alle onderwerpe" skakel links onder?   dit maak 'n Indels oop met alle onderwerpe wat rangskik kan word volgens laaste inset of wanneer geplaas.  Van hier af kan jy "right click -  open in new TAB"  op elke onderwerp wat jy wil lees .  Is dit 'n handige skakel wat priotiteit moet kry en dal bo geplaas word?

 

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 07/05/2017 - 08:45

Nee, Voortrekker, daar is net 'n "reply" opsie by al die insette.  Ek weet daar was voorheen 'n delete opsie want ek het dit self eenkeer gebruik.   

Ek het nog nie die "Alle onderwerpe" gebruik nie.  Ek sal dit bietjie "verken" en kyk of dit my help om ouer drade raak te sien.

Centurion

Voortrekker

Sun, 07/05/2017 - 18:11

Ek het nog nie die "Alle onderwerpe" gebruik nie.  

Het jy dit al probeer Freda.  EK het net bo "Aktiewe Onderwerpe"  'n skakel geplaas vir "ALLE ONDERWERPE"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 07/05/2017 - 18:30

Ek het nou die nuwe skakel gebruik, is dit nie maar die selfde as die "Aktiewe Forum Onderwerpe" sonder die filters nie ?

Centurion

Voortrekker

Sun, 07/05/2017 - 18:37

Wilsur dit is, maar daar is 'n filter keuse om na laaste insette oor te gaan. Die lys is ook baie lank en kan terug gaan tot die eerste plasings.  Die skakel was no altyd daar, maar kry nou prioriteit.   Dit is vir lede wat lanklaas aanlyn was om makliker deur aktiewe en nuwe onderwerpe te browse.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus