Goeie more almal.
Koffie is weer lekker vanoggend.
Lekker ligte bui reen verlede nag gehad
Geniet die Sondag.
Op my eie tyd tot...
Anton, ek is op my eie tyd in en uit by die skool tot die 9de. Ek is weer vaste ure van die 10de af as die skool begin. So paar dinge om reg te kry voor die skool begin. ![]()
Waar in Centurion klop ek…
Waar in Centurion klop ek aan vir n nuwe wasmasjien pomp vir my LG top loader.?
Anton, as jy....
...nie regkom in Centurion nie, sal jy beslis regkom by Van Biljoens in Fredrikastraat, Gezina - kyk op hulle webwerf.
Dat 'n Kapenaar nou vir 'n Gautenger moet help met 'n herstel- en onderdele plek onder sy neus !
Dankie Dusty en Len. Ryks…
Dankie Dusty en Len. Ryks antwoord nie. Van Biljons laat my aanhou vir 5 min. Tesco het my binne 5 minute teruggeskakel met voorraad en 'n prys.
R450
Môre almal. Mooi dag vir…
Môre almal. Mooi dag vir almal.
Jip die staar siekte is met my... So ek gaan nou maar weer werk. Daar in die kantoor kan ek koffie drink sonder om vir Hel1 en die worshond ook wakker te maak.
Laasnag nog so n bietjie gereen maar weet nog nie hoeveel nie.
Goeie more Deon en die ook…
Goeie more Deon en die ook die ander.
Sien Willie Brits is ook aanlyn
Deon is nie lekker nie. Ekself is ook vanaf 24:30 af wakker maar wou nie opstaan nie. Kantoor is ongelukkig nie so naby soos joune nie.
Geniet die dag
Goeie more ander met…
Goeie more ander met staarsiekte, en die sonder dit. Ek kon ook omtrend niks slaap nie?
Geniet 'n lekker Woensdag en gaan voluit.
Môre Arie…
Môre Arie.
Is dit 'n Yes - yes! Met die 2 woorde kort na mekaar?
Of is dit 'n Yes! .......YES!! Met 2 tot 3 sekondes tussen die 2 woorde?
2 Woorde direk namekaar, ek…
2 Woorde direk namekaar, ek is nog half aan die slaap, as ek 3 sekondes tussen die woorde los, dan raak ek weer aan die slaap.
Nou weaar is antie Freda,…
Nou weaar is antie Freda, slaap sy laat of gee sy vir Collin ontbyd in die bed??????
Good Morning!!
G'n staarsiekte vir my vanoggend nie, dankie. Ek het tot 7.45 geslaap en sit nou hier met my eerste koppie tee. Arie, Colin slaap elke oggend laat, die man maak my skoon mislik as hy so kan slaap en slaap en ek is vroeg wakker. Geen ontbyt??? vir hom in die bed nie...
Dit is bewolk by ons, daar was reën voorspel vir die Ooskaap, hopelik is die Baai ook deel van die Ooskaap vandag. Dit voel deesdae of ons in die Namib woestyn bly.
Lekker Woensdag almal. Wie gaan braai?
Goeie morê aan almal
Goeie morê aan almal.
Lekker dag vir almal.
Ag orraait ek sal maar braai…
Ag orraait ek sal maar braai, soos gister en more en......................
Wat sal mens nou anders doen as jy kamp?
More julle
Laat die braai vure loop soos die koffie wat loop soos stroop
Kry ek sommer so 'n lekker…
Kry ek sommer so 'n lekker verassing. Daag Anton hier by my kantoor op vandag.
Dit was lekker om saam met hom so 'n koffie te drink en te gesels.





Goeiemore
Jammer vir julle werkesels, die naweek is verby. Back to the grindstone!
Julle moet almal jul dag geniet en geniet die (kort) week.