Kampforum het 'n logo nodig.
Ek dink dit is dalk 'n goeie idee dat forum lede die logo kan skep en kies!
Dit maak nie saak hoe die logo lyk nie, solank dit met die forum praat en weerspieel. Dit kan net die woord KAMPFORUM wees met ander tipe font of iets, of dit kan 'n woordspeel logo wees of iets met 'n icon of prentjie.
Ek wil daarom graag lede uitnooi om idees op die tafel nee te sit. As jy goed is met sulke dinge dan vra ek asseblief sit bietjie met pen en potlood en speel met idees.
Ek stel dan voor dat enige idees deur lede ingestem moet word, ek kan ook probeer om verder te tweak in Photoshop indien nodig.
Onthou, "copy rights"moet respekteer word wanneer prentjies ens gebruik word afkomstig van die internet.
Wat moet die mates/grote van…
Wat moet die mates/grote van die logo wees.?
Hi Jakkals! Welkom. Mates, hmmm laat ek sien. Wat Pixels aanbetref sal ek sê so groot as prakties moontlik want dit moet moontlik gebruik kan word vir enige media waar nodig in die toekoms. Ek wil dus se om veilig te wees sal 'n 250 dpi en dan 3000 x 3000?
Orientasie kan ek nie sê nie, maar my gut sê vir my vierkantig is seker die beste for 'n logo?
Ek hoop bogenoemde maak sin. Ek is nou nie 'n graphics expert nie, dalk is daar ander wat beter advies kan gee?
Logo
Van my kant af sal ek net graag die volgende wil by dra... Om goed op papier en op die net te sit is maklik. hou net ingedagte dat as mens dalk later op T hemde ens wil plaas dat dit koste sal opjaag en dit meoiliker sal maak met elke kleur wat by kom. Met ander woorde... Hou dit so eenvoudig as moontlik en so naby aan n 1 kleus as moontlik
Net my siening.... Maar ek weet niks
Klink vir my na baie goeie…
Klink vir my na baie goeie raad Segekok, dankie!
Hier is n vinnige voorstel
Hier is so n vinnige een net om te wys wat ek bedoel met eenvoudig en min kleur.

Logo
Ag, blikses, ek sit my dêm vigers hier en aftik!!!! en druk verkeerde knoppie, en alles is WEG!!! soos weggesleepte forum!!!!
Nou probeer ek weer, julle moet vinng lees voor dit weer weg is!!!
Goed, ekke gaa nie betrokke raak by ontwerpe nie, EK IS MET VAKANSIE!!!! he-he-he
Deon se voorstel is bakgat - vertel HELE storie van KAMP!!!!
As gedagte - KAMPFORUM dalk in donker groen - sou sekerlik NIE ter veel ekstra koste beteken in sommige drukwerke nie???
Die dakkie-tent? dalk in skakering van GRYS???
Ek noem dit net as moontlikheid? Deon is meer betrokke by sulke tipe drukwerk - Screening - en sal weet oor kostes ens.
Vir my is dit 'n BAIE goeie idee / konsep, eenvoudig maar TREFFEND!!!
Ek is baie moerig as klante vir my werk bring wat deur grafiese ontwerpers voorgelê word vir drukwerk, maar DIS NIE MAKLIK HAALBAAR nie, dan doen ek NIE die werk nie.
Hierdie een KAN WERK!!!

Ek stem vir Deon se voorstel…
Ek stem vir Deon se voorstel, kom ons hoop daar kom nog voorstelle dan kan mens dit op 'n polling stelsel kies?
Sal ook bietjie sit en dink, (soms kry ek dit reg om te dink?)
Kampforum Logo
Dit lyk goed en hou van dit. Sal kyk of ek ook kan dink.
Ok, ek het probeer.
Kampforum logo
O ja, ons moet ons eie logo hê. Dit sal ek vir die slim manne los om te doen. Sovêr lyk die voorstelle nommerpas en baie oulik vir my!
Ek hoop ons kry na die…
Ek hoop ons kry na die naweek en volgende week nog 'n paar in. Dit lyk goed.
Ek speel maar so 'n bietjie…
Ek speel maar so 'n bietjie rond met Segekok se png prentjie. ek het die onderste lyntjie afgehaal en die vuurtjie blou kon maak on voor die ander vlamme uit te kan staan.
Willem het ook mooi…
Willem het ook mooi voorstelle, ek hou veral van die boonste twee, my gevoel, daar moet darem bietjie kleur ook in wees, anders lyk dit te veel na 'n dooie vuur⛺
Oops, kon nie die een…
Oops, kon nie die een verwyder nie, het dit vir die bestuur geplaas.
Koste van druk werk.
Ek wil aan niemand enige iets afdwing nie maar ek wil graag net die volgende onder mense se aandag bring waneer daar met logo gewerk word.
Ek praat spesefiek hier van reproduksie op goed soos klerasie ens. Om iets op papier te plaas in baie maklik en word digital gedoen. Om dit op klerasie te sit ( wat moet hou) werk die digitale ding nie so goed nie. Dit was uit, het n soliede agterkant wat baie warm is en wat die kledingstuk ongemalmaklik kam maak.
Wat die koste betref... Vir elke kleur moet n aparte "Screen" gemaak word wat n koste daar aan verbonde het.. Ek gaan gou n voorbeld gee.
Screen R 250.00 ( voorbeeld)
Opstel en voorbereiding R 200.00 (voorbeeld)
Dan kom die drukwerk... R 5.00( voorbeeld) per print..
Veronder stel dat daar 1 kleur is en 100 t-hemde.. lyk die som dus so.. (R250.00+R200+R500) / 100 R 9.50 per eenheid. Nie die t hemp ingesluit nie.
As ins die selfde so doen met n 4 kleur lyk die som so.. (R1000+R 800+ R2000)/ 100 Dus R38.00 per eenheid.
Let wel ek het nie die regte berdrae gege nie. inwerklikheid is dit baie hoër.
Ek gee hierdie inligting net dat die person wat n logo wil maak n beter begrip het waaroor die koste van reproduksie gaan.
Ek wil dit sê dat my logo net ter verduideliking was oor die gebruik van kleur. Ek dink oom Frans sal dalk met my kan saamstem hier.
EK het Segekok se .png…
EK het Segekok se .png prentjie op die hoof, bo links geplaas vir 'n rukkie. Die png was op 'n deurskynende agtergrond. EK het nou een van Wilsur s'n opgesit. dit is op 'n wit agtergrond. Ek sal ook later weer Segekok s'n op 'n soortgelyke wit agtergrond plaas.






Mates
Wat moet die mates/grote van die logo wees.?