Anton, soos wat ek gister vir jou vertel het, my tweede kleindogter is so pas gebore.
'n Normale geboorte wat verander is na 'n nood keiser. Danika is vir nou eers in ICS vir 3 dae. Glo en vertrou dat als sal regkom.

Baie geluk Stoffel aan julle…
Baie geluk Stoffel aan julle!
Danika sal fine wees, hulle is mos klein tough goedjies ![]()
My broer se jongste se naam is ook Danika
Ag moeder.
Baie geluk oupa!!! Sy kry net so bietjie suurstoffies. Sy is pragtig.
Stoffel baie geluk aan die…
Stoffel baie geluk aan die ouers en ook aan die trotse oupa en ouma!
Baie geluk !!!…
Baie geluk !!!
Surette se broer se oudste is ook Danica.
Geluk Oupa
Dusty baie geluk met die toevoeging van jou klein kind mag die lewe sorgeloos wees vir die nuwe baba
Ag, sy lyk perdfris en…
Ag, sy lyk perdfris en gesond. Sy is pragtig, Dusty. Baie geluk, mag sy baie vreugde en liefde in jul almal se lewens bring.
Baie geluk Stoffel en…
Baie geluk Stoffel en familie, mag daai pragtige ou kleintjie vir julle baie vreugde verskaf.
Sy lyk heel op en wakker waar sy daar lê, kyk dan so ewe vir die kamera man.
Stoffel geluk
Baie geluk ou Stoffel alles sal reg uitwerk sy is binnekort saam haar ma uit hospital hou ons asb op hoogte
Shaun, dankie…
Shaun, dankie.
Sy moet nog vir 2 dae in ICU wees vir 'n "cool down" tyd. Tydens geboorte het sy vir 'n rukkie nie suurstof gekry nie. Glo en vertrou dat dit ook goed sal gaan
Pragtige baba, sy lyk heel…
Pragtige baba, sy lyk heel fine, glo my ek het hulle al baie gesien!
Sy gaan seker al amper…
Sy gaan seker al amper huistoe kom? Dan begin die groot sports!![]()
Anton, nog nie. Sy gaan nog…
Anton, nog nie. Sy gaan nog n week of twee daar bly. Sy was met geboorte n ruk sonder suurstof en is nog onder die "cool down" gedeelte. Hulle gaan nog eers n paar toetse doen. Volgens die pediator vorder sy baie goed.
Ja Stoffel, 1 of 2 weke is…
Ja Stoffel, 1 of 2 weke is niks vir die dokters nie, maar vir die arme ouers wie hulle kindjie wil huis toe neem voel dit soos 'n ewigheid!
Sterkte!





Stoffel..................
...................dankie tog vir die mediese wetenskap ! Sy lyk dood tevrede met al die pype, drade en pleisters na 'n paar uur se kennismaking met die lewe hier op aarde !
Baie geluk Oupa Stoffel !