Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Bande koop vir jou voertuig

Durban
Profile picture for user dassie
Submitted by dassie on
Forums

Ai manne almal van ons moet op n stadium nuwe bande koop vir jou voertuig .Okay gryp die "phone" en bel al die vername handelaars .Skokkend ,die pryse wissel tussen R2800 en R3200 en dis vir dieselfde band net verskillend handelaars .Nou vir die cherrie op die koek "Meneer dis excluding die fitting " Waaaattttt nou is die bloeddruk hoog  ek koop die bande by jou en jy wil my "fitting charges " vra .Ek se nee wat  kerel ek loop soek maar liewer iemand anders .Wag ,wag meneer ek hoor gou by die bestuurder of ons die "fitting charges " kan waifer .Skielik is die bestuurder baie meer toegeeflik nee wat die saak is reg ons vra meneer nie "fitting charges" Ek se vir hom Ghoebaai n minuut gelede was julle beried om my lekker te skroef .Wie van julle het ook al sulke tipe besigheid ondervind en dan aanbeweeg na mense wat n goeie dien lewer

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 10/04/2018 - 15:05

Ek het nog nooit soiets by ons hier in die Kaap ervaar nie.  Pryse hier sluit in die monteer van die bande en die balansering daarvan met nuwe kleppe.  As jy sommer wielsporing ook laat doen, doen hulle dit teen 'n fraksie van die koste wat jou handelaar-agent vra.....En jy kan bystaan en sorg dat die tegnikus die korrekte modelvoertuig tot die rekenaar toevoer en dan kan jy sien op die skerm hoe naby aan presies korrek hy die boute vasdraai.

Wat wel interessant is, is die bande-handelaars se pryse verskil aansienlik vir presies dieselfde produk.  'n Mens moet dus eersc 'n bietjie "rond shop" voor jy 'n besluit neem.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 10/04/2018 - 15:14

Len dis presies wat ek gevra het .Ek koop die nuwe bande by jou onderneming en nou wil jy my "fitting charges" vra . En die ander ding is hoekom so groot verskil in pryse van die band dis diesefde rubber .Soos dit vir my lyk doen bietjie jou huiswerk voordat jy jou swaar verdiende geldjies uitgee

0
PRETORIA
Profile picture for user Leeutemmer

Leeutemmer

Tue, 10/04/2018 - 15:58

Hi Dassie , ek het hier I Pretoria nog R1500 vir my Bakkie gekoop. Dunlop 4x4. Ek dink nogal Dunlop is in Pinetown as ek reg het.

Groete.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 10/04/2018 - 17:08

Ek is baie gelukkig. Een van my kliente is in die bande bedryf en ekhet myne gekry vir kosprys. Als ingesluit. 

Vir my Bakkie se 265/75/R16 AT het ek maar R2200 vir die 4 betaal.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 10/04/2018 - 17:48

Dankie vir die terug voer .Okay my voertuig het n spesisfieke band op dit is 255 x 60 xR18 die bande is Pirilli ATR en ek het 2 nodig agter so ek wil nie verskillende vervaardiger se bande opsit

Leeutemmer ek weet van die Dunlop plek in Pinetown maar meeste het verander na Dunlop Zone of Tyre Mart as ek 4 bande vir R1500 elk kan kry koop ek sommer n dubbel stel

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 10/04/2018 - 20:28

Dassie, ek het sopas vir my voertuig 4 nuwe bande laat opsit. Het toe gegaan vir die Cooper bande. Die prys wat vir my gekwoteer was sluit alles in. Tot die wielsporing ens. Kon agter die 18" bande is nogal duur

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/04/2018 - 20:29

Dit is die selfde grote wat die ST op het.  Wil met die volgende stel bietjie hoër profiel op sit vir sagter ry.

Hulle reken net die AWD moet jy al 4 vervang anders pla dit die ratkas.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 10/04/2018 - 21:02

Ek vervang ook altyd al vier bande gelyk, of al twee op die karavaan, seker maar bietjie bygelowig, maar ek voel net beter as die bande almal presies dieselfde is.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 10/04/2018 - 21:44

Johann L dankie vir jou kontak details volgende keer as ek bande laat vervang sal ek jou kontak  vir die lening laugh  .Grap net Johann L .Wilsur die ding met die Discovery 3 is net die buitenste deel van die band loop af so die res van die band is nog 90% perfek maar wil nie kanse waag met die versekering manne netnou se hulle ek ry met gladde bande .

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/04/2018 - 07:05

Dassie, dit laat my wonder of jou bandd druk nie effens laag is nie?

net die buitenste deel van die band loop af so die res van die band is nog 90% perfek 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/04/2018 - 20:20

Ek dink Willem is reg, ek het weer nie op gelet in die klas nie,  net buite loop af, met te pap bande, sou albei kante af geloop het.

So leer ons elke dag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/04/2018 - 20:28

Hehe Dassie,  ek ruil my bande voor na agter met elke diens, so loop die bande eweredig af en moet in elk geval saam vervang word. Vir my gaan dit oor die bande moet presies dieselfde traksie op hê.

Johann L dankie vir jou kontak details volgende keer as ek bande laat vervang sal ek jou kontak  vir die lening

As pensionaris is dit om te ewe, of jy nou twee en twee maande later twee moet vervang, dit moet gedoen word. Daar is nie meer "pay days" nie ?

0
Worcester

Bolander

Wed, 11/04/2018 - 20:43

n Goeie vriend in die bandebedryf het gefluister dat ons net seker moet maak van die vervaardegingsdatum. Party goedkoper bande is dalk al n hele ruk op die rakke en naby sy waarborg se vervaldatum,daarom die goeie afslag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/04/2018 - 21:19

Ja, daai datum van vervaardiging is baie belangrik. Ek het dit nooit geweet tot ek daarvan op Cp forum gesien het nie.  Nou al lank dat ek daarna oplet.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 12/04/2018 - 13:56

Dankie aan al die maats wat ge-antwoord het .Het gister met TWT se bande spesialis gepraat .Sy antwoord was die volgende .Die discovery is n swaar voertuig weeg by die 2.5 ton en die vervaardiger  van die bande speel n groot rol wanneer dit kom by die keuse van bande vir die voertuig .In sy opinie is die Perilli's nie die regte band vir die Discovery  nie ek moes eerder Continental's opgesit het . Dis glo n harder rubber wat slytasie betref .Moet ook byvoeg my bande word elke 10000 kilo's geruil en wiel sporing word na gegaan .My band druk is ook altyd reg ek toets dit elke maand .Soos hy ook genoem het van die karre soos Mercedes en BMW se castor en camber is so gestel dat as die voorwiele draai  die bande sal oorleen teen die hoek wat die wiel gedraai word . Ek het self ook n Mercedes gery wat presies diesefde probleem gehad het die bande slyt net daai 5 % aan die buitekant .Of hy my nou n vy storie vertel het weet ek nie as hier manne is wat Mercedes of BMW ry kan hulle hulle ondervinding aangaande die slytasie aan die buitkant van die bande bevestig

 

Dankie

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 12/04/2018 - 16:35

In reply to by Willem Brits

Dankie Willem Brits ek het gaan loer daar by Errol's Tyres sjoe maar die bande is duur .Hulle vra vir my bande 255 x 60 x R18 R3500 per band ek het by TWT net R2800 betaal vir dieselfde bande .

Skuus ek sien dis die 255 x 70 x R18 en nie 255 x 60 x R18

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus