Ai manne almal van ons moet op n stadium nuwe bande koop vir jou voertuig .Okay gryp die "phone" en bel al die vername handelaars .Skokkend ,die pryse wissel tussen R2800 en R3200 en dis vir dieselfde band net verskillend handelaars .Nou vir die cherrie op die koek "Meneer dis excluding die fitting " Waaaattttt nou is die bloeddruk hoog ek koop die bande by jou en jy wil my "fitting charges " vra .Ek se nee wat kerel ek loop soek maar liewer iemand anders .Wag ,wag meneer ek hoor gou by die bestuurder of ons die "fitting charges " kan waifer .Skielik is die bestuurder baie meer toegeeflik nee wat die saak is reg ons vra meneer nie "fitting charges" Ek se vir hom Ghoebaai n minuut gelede was julle beried om my lekker te skroef .Wie van julle het ook al sulke tipe besigheid ondervind en dan aanbeweeg na mense wat n goeie dien lewer
Fitting
Len dis presies wat ek gevra het .Ek koop die nuwe bande by jou onderneming en nou wil jy my "fitting charges" vra . En die ander ding is hoekom so groot verskil in pryse van die band dis diesefde rubber .Soos dit vir my lyk doen bietjie jou huiswerk voordat jy jou swaar verdiende geldjies uitgee
Hi Dassie , ek het hier I…
Hi Dassie , ek het hier I Pretoria nog R1500 vir my Bakkie gekoop. Dunlop 4x4. Ek dink nogal Dunlop is in Pinetown as ek reg het.
Groete.
Ek is baie gelukkig. Een van…
Ek is baie gelukkig. Een van my kliente is in die bande bedryf en ekhet myne gekry vir kosprys. Als ingesluit.
Vir my Bakkie se 265/75/R16 AT het ek maar R2200 vir die 4 betaal.
Band pryse
Dankie vir die terug voer .Okay my voertuig het n spesisfieke band op dit is 255 x 60 xR18 die bande is Pirilli ATR en ek het 2 nodig agter so ek wil nie verskillende vervaardiger se bande opsit
Leeutemmer ek weet van die Dunlop plek in Pinetown maar meeste het verander na Dunlop Zone of Tyre Mart as ek 4 bande vir R1500 elk kan kry koop ek sommer n dubbel stel
Dassie, ek het sopas vir my…
Dassie, ek het sopas vir my voertuig 4 nuwe bande laat opsit. Het toe gegaan vir die Cooper bande. Die prys wat vir my gekwoteer was sluit alles in. Tot die wielsporing ens. Kon agter die 18" bande is nogal duur
Dit is die selfde grote wat…
Dit is die selfde grote wat die ST op het. Wil met die volgende stel bietjie hoër profiel op sit vir sagter ry.
Hulle reken net die AWD moet jy al 4 vervang anders pla dit die ratkas.
Ek vervang ook altyd al vier…
Ek vervang ook altyd al vier bande gelyk, of al twee op die karavaan, seker maar bietjie bygelowig, maar ek voel net beter as die bande almal presies dieselfde is.
4 Bande vervang
Johann L dankie vir jou kontak details volgende keer as ek bande laat vervang sal ek jou kontak vir die lening
.Grap net Johann L .Wilsur die ding met die Discovery 3 is net die buitenste deel van die band loop af so die res van die band is nog 90% perfek maar wil nie kanse waag met die versekering manne netnou se hulle ek ry met gladde bande .
Dassie, dit laat my wonder…
Dassie, dit laat my wonder of jou bandd druk nie effens laag is nie?
net die buitenste deel van die band loop af so die res van die band is nog 90% perfek
Klink vir my na sporing "toe…
Klink vir my na sporing "toe in" of dalk "camber" ?
Ek dink Willem is reg, ek…
Ek dink Willem is reg, ek het weer nie op gelet in die klas nie, net buite loop af, met te pap bande, sou albei kante af geloop het.
So leer ons elke dag.
Hehe Dassie, ek ruil my…
Hehe Dassie, ek ruil my bande voor na agter met elke diens, so loop die bande eweredig af en moet in elk geval saam vervang word. Vir my gaan dit oor die bande moet presies dieselfde traksie op hê.
Johann L dankie vir jou kontak details volgende keer as ek bande laat vervang sal ek jou kontak vir die lening
As pensionaris is dit om te ewe, of jy nou twee en twee maande later twee moet vervang, dit moet gedoen word. Daar is nie meer "pay days" nie ?
n Goeie vriend in die…
n Goeie vriend in die bandebedryf het gefluister dat ons net seker moet maak van die vervaardegingsdatum. Party goedkoper bande is dalk al n hele ruk op die rakke en naby sy waarborg se vervaldatum,daarom die goeie afslag.
Weet, ek het aangedring op…
Weet, ek het aangedring op die selfde jaar toe ek die karavaan se bande geruil het, dit was Dunlop gewees.
Ja, daai datum van…
Ja, daai datum van vervaardiging is baie belangrik. Ek het dit nooit geweet tot ek daarvan op Cp forum gesien het nie. Nou al lank dat ek daarna oplet.
Bande
Dankie aan al die maats wat ge-antwoord het .Het gister met TWT se bande spesialis gepraat .Sy antwoord was die volgende .Die discovery is n swaar voertuig weeg by die 2.5 ton en die vervaardiger van die bande speel n groot rol wanneer dit kom by die keuse van bande vir die voertuig .In sy opinie is die Perilli's nie die regte band vir die Discovery nie ek moes eerder Continental's opgesit het . Dis glo n harder rubber wat slytasie betref .Moet ook byvoeg my bande word elke 10000 kilo's geruil en wiel sporing word na gegaan .My band druk is ook altyd reg ek toets dit elke maand .Soos hy ook genoem het van die karre soos Mercedes en BMW se castor en camber is so gestel dat as die voorwiele draai die bande sal oorleen teen die hoek wat die wiel gedraai word . Ek het self ook n Mercedes gery wat presies diesefde probleem gehad het die bande slyt net daai 5 % aan die buitekant .Of hy my nou n vy storie vertel het weet ek nie as hier manne is wat Mercedes of BMW ry kan hulle hulle ondervinding aangaande die slytasie aan die buitkant van die bande bevestig
Dankie
Bande
Dassie
Hier is 'n paar web tuistes, ek kyk ook altyd na die band se gewig limiet.
Het gaan loer
Dankie Willem Brits ek het gaan loer daar by Errol's Tyres sjoe maar die bande is duur .Hulle vra vir my bande 255 x 60 x R18 R3500 per band ek het by TWT net R2800 betaal vir dieselfde bande .
Skuus ek sien dis die 255 x 70 x R18 en nie 255 x 60 x R18
Dassie, ek het nooit daai…
Dassie, ek het nooit daai probleem met een van my MB gehad nie. So, ek kan nie sê dit is waar, of wolhaar nie.





Ek het............
Ek het nog nooit soiets by ons hier in die Kaap ervaar nie. Pryse hier sluit in die monteer van die bande en die balansering daarvan met nuwe kleppe. As jy sommer wielsporing ook laat doen, doen hulle dit teen 'n fraksie van die koste wat jou handelaar-agent vra.....En jy kan bystaan en sorg dat die tegnikus die korrekte modelvoertuig tot die rekenaar toevoer en dan kan jy sien op die skerm hoe naby aan presies korrek hy die boute vasdraai.
Wat wel interessant is, is die bande-handelaars se pryse verskil aansienlik vir presies dieselfde produk. 'n Mens moet dus eersc 'n bietjie "rond shop" voor jy 'n besluit neem.