
Ok julle klomp kampers, daar is besluit om twee kamp saamtrekke te hou 25-27 Mei 2018.
- Kokoriba - R400 per naweek vir staanplek vir 6.
Hier gaan ons saam met Anton sterre kyk en Saterdag aand na Noddy se uitsending luister. - Bosfontein - R 600 per naweek vir staanplek vir 4.
Hier gaan die kampers saam met Noddy om sy uitsending sit langs die kampvuur.
Onthou hier is die skakel na die Bosfontein draad - http://www.blad.kampforu…
Ek sal die lys met name hier plaas soos julle dit vir my deur gee, hoop daar gaan meer kampers wees as op die stem draad.
Ek sien op FB Johan van…
Ek sien op FB Johan van Heerden en Cora is in vir Kokoriba. Hy gaan vir Christo en Kleintjie ook vra om te kom.
Ek het gaan loer en daardie…
Ek het gaan loer en daardie naweek is perfek vir sterre kyk. Die maan kom lekker vroeg uit en is nog oppad na half toe - dit beteken mooi kontraste van die kraters en hy gaan nie die lugruim so verlig dat die beeld na ander liggame bederf word nie. Ons gaan oor 3 en miskien 4 planete kan sien - Mars, Saturnus, Jupiter en as ons vroeg genoeg kyk vir Venus ook. Skerpion se stert begin ook lekker vroeg pronk met 'n magdom van clusters en nebula's wat gesien kan word. As julle verkykers het - enigiets van 10 x 40 en groter, bring hulle saam, want jy sal verbaas wees wat gesien kan word. Ek beplan om 3 teleskope te bring. 'n 80mm stukkie glas vir die kinders. Dan 'n 5" reflektor en 'n 6" reflektor. Hulle behoort oorgenoeg pret te verskaf.
600 BUCKS! BUT I'M ONLY ME!
Oooo-nee-a-a Who want's to share with me?![]()
Ek gaan deur die loop van…
Ek gaan deur die loop van die dag Pretoria Astronomy association kontak. Ek is lid daar en ken 'n paar van die mense. Gaan die saamtrek bekend maak en kyk of dalk nog 'n kamp-en-sterrekyker of 2 kan kry wat wil kom saam kamp en nog 'n teleskoop saambring. Daar is lede wat groot 12 en 14 duim monsters het ![]()
Warren, Kokoriba is only…
Warren, Kokoriba is only R400.00 for the weekend.
Wie weet hoe die pad lyk na…
Wie weet hoe die pad lyk na kokoriba? En ook watter een is die beste.
Ek het laas op die pad deur Brits in daai rigting gesleep en een van my kaste het los gebreek a.g.v. die pad toestand
smokkel met my kop....
Warren, Kokoriba is only R400.00 for the weekend.
EEK! saam R600 virri ander een is dit altesaam R1000.00?
Soos voortrekkers gaan ons van een na die ander?
Oooo-nee-a-a julle smokkel met my kop....
Wie weet hoe die pad lyk na…
Wie weet hoe die pad lyk na kokoriba? En ook watter een is die beste.
Stoffel die 2km grondpad tot by die kamp is baie netjies en word weekliks geskraap. Ek weet net nie watter roete is die beste nie, maar soos ek daardie paaie ken sal dit beter wees om N4 en dan af te draai en deur Brits te ry, anderkant uit?
Warren, it is the one OR the…
Warren, it is the one OR the other not both
Warren, gaan Kokoriba toe. …
Warren, gaan Kokoriba toe. As jy daarvandaan terugkom is jy 'n gesoute sterrekundige!
Kokoriba Kampforum Saamtrek
Stoffel, so gemaak, het nie jou vrou se naam nie en ook nie julle gesig foto's op my Outlook nie, stuur asb. vir my, e-pos.
Ek't gedog ek gaan Dubai to....
![]()
What with landrover / camper / freezer/ tent / velt kombuis / 60L suiwer water / beddegoed / ESM ESM Kannie die bagasie koste bekostig....
Gotta cut my cloth according to my means.........
Sit my op vir kokkorot
Kokoriba Kampforum Saamtrek
Warren, kyk op die lys, jy is 2de van bo ? Of is dit nie jy daai nie ?
Of is dit nie jy daai nie ?…
Of is dit nie jy daai nie ?
Warren jy moet kyk in die 'volwasse' blokkie, daar is 'n 1
He-he, Warren, jy het nie 'n…
He-he, Warren, jy het nie 'n kat se kans op die forum nie. Jy is sommer op die lys nog voor jy geantwoord het.





Kokoriba Kampforum Saamtrek
Hier is die begin lys.