Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -16 minutes ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -54 minutes ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Kokoriba Kampforum Saamtrek en Sterre kyk

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

kampforum saamtrek

Ok julle klomp kampers, daar is besluit om twee kamp saamtrekke te hou 25-27 Mei 2018.

  1. Kokoriba  -  R400 per naweek vir staanplek vir 6.
    Hier gaan ons saam met Anton sterre kyk en Saterdag aand na Noddy se uitsending luister.
  2. Bosfontein  -  R 600 per naweek vir staanplek vir 4.
    Hier gaan die kampers saam met Noddy om sy uitsending sit langs die kampvuur.
    Onthou hier is die skakel na die Bosfontein draad - http://www.blad.kampforu…

 

Ek sal die lys met name hier plaas soos julle dit vir my deur gee, hoop daar gaan meer kampers wees as op die stem draad.

google kaart
Centurion

Voortrekker

Wed, 11/04/2018 - 21:44

Ek het gaan loer en daardie naweek is perfek vir sterre kyk. Die maan kom lekker vroeg uit en is nog oppad na half toe - dit beteken mooi kontraste van die kraters en hy gaan nie die lugruim so verlig dat die beeld na ander liggame bederf word nie.  Ons gaan oor 3 en miskien 4 planete kan sien - Mars, Saturnus, Jupiter en as ons vroeg genoeg kyk vir Venus ook. Skerpion se stert begin ook lekker vroeg pronk met 'n magdom van clusters en nebula's wat gesien kan word. As julle verkykers het - enigiets van 10 x 40 en groter, bring hulle saam, want jy sal verbaas wees wat gesien kan word. Ek beplan om 3 teleskope te bring. 'n 80mm stukkie glas vir die kinders. Dan 'n 5" reflektor en 'n 6" reflektor. Hulle behoort oorgenoeg pret te verskaf.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 12/04/2018 - 07:24

Ek gaan deur die loop van die dag Pretoria Astronomy association kontak. Ek is lid daar en ken 'n paar van die mense. Gaan die saamtrek bekend maak en kyk of dalk nog 'n kamp-en-sterrekyker of 2 kan kry wat wil kom saam kamp en nog 'n teleskoop saambring. Daar is lede wat groot 12 en 14 duim monsters het smiley

0
Centurion

Dusty

Thu, 12/04/2018 - 11:22

Wie weet hoe die pad lyk na kokoriba? En ook watter een is die beste.

Ek het laas op die pad deur Brits in daai rigting gesleep en een van my kaste het los gebreek a.g.v. die pad toestand

0

Warren, Kokoriba is only R400.00 for the weekend.

EEK! saam R600 virri ander een is dit altesaam R1000.00?

Soos voortrekkers gaan ons van een na die ander? 

Oooo-nee-a-a julle smokkel met my kop....

 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 12/04/2018 - 12:12

Wie weet hoe die pad lyk na kokoriba? En ook watter een is die beste.

Stoffel die 2km grondpad tot by die kamp is baie netjies en word weekliks geskraap.   Ek weet net nie watter roete is die beste nie, maar soos ek daardie paaie ken sal dit beter wees om N4 en dan af te draai en deur Brits te ry, anderkant uit?    

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/04/2018 - 14:01

Stoffel, so gemaak, het nie jou vrou se naam nie en ook nie julle gesig foto's op my Outlook nie, stuur asb. vir my, e-pos.

 

0

cryingcrying What with landrover / camper / freezer/ tent / velt kombuis / 60L suiwer water / beddegoed / ESM ESM Kannie die bagasie koste bekostig....

Gotta cut my cloth according to my means.........

Sit my op vir kokkorot

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus