Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 minutes ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekkerlees stories Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vervelig Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
N1 versus N12 Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -4 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 14/04/2018 - 20:49

Okay, dan is ek julle "slim mense"?

Kliek op die nommertjie lang die draad se indeks, dit neem jou na die laaste inset wat jy nog nie gelees het nie.

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Sat, 14/04/2018 - 21:36

Dagsê almal.

Oom Voortrekker ek is nou nie eintlik slim met die forum bladsye nie blush maar hoekom maak jy nie die link op daai koffie beker knoppie dieselfde as die link wat jy gebruik op "last" onder aan wat dan direk na die laaste bladsy toe gaan nie? 

last 

Lekker aand vir almal verder.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 15/04/2018 - 05:15

Goeie more almal.

Sit ek vanoggend langs n batterylampie en koffie drink. Krag is af vanaf so half nege se kant gisteraand. Alweer kabels gesteel. Miskien kry ons vanmiddag laat anders more eers weer krag.

Lekker Sondag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 15/04/2018 - 05:51

Goeie môre almal smiley Lekker dag yes

Gerhard, dankie.  hmmmm.  Ek het al baie probeer om Len se koffie skakel te fix, maar kom nie reg nie. Ek sal vir een van die slim mense moet vra, maar eers moet ek 'n slim mens vind. ?

dit lyk vir my die laaste bladsy skakel word gegenereer elke keer as die bladsy laai.  As jy dus op die laaste skakel regs kliek en die link copy, sal jy sien die link verwys klaar na die huidige 'laaste' bladsy se nommer.   Ek soek dus die HTML kode of URL 'kode' vir hierdie tipe skakel wat outomaties na die laaste bladsy van 'n node gaan in Drupal 8

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 15/04/2018 - 07:10

Hierts op hierdie Sondagoggend!   Ek hoop almal is rustig.   Geniet die dag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 15/04/2018 - 07:42

More Kampforum.co.za, geniet hierdie dag voluit.

Gerhard, daai nommertjies vat jou direk na die laaste inset wat jy, as die lid nog nie gelees het nie. Ek vermoed dat dit voldoende is, tensy ek Len verkeerd verstaan?

 

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Sun, 15/04/2018 - 11:06

Goeie morê

Anton ek sal so bietjie verder kyk of ek iets sien, anders my broer vra of hy weet wat kan gedoen word. Hy doen dit vir 'n lewe en ken die goed bietjie beter. Gaan net nie vandag veel daaraan doen nie want dis vroulief se verjaardag. smiley

Rustige dag vir almal

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 15/04/2018 - 11:09

Môre sê julle oulike kampers.

Ek gebruik weer elke keer die "Aktiewe Forum Onderwerpe" en klik net op die nommertjie onder die " ? " dan neem hy my na die laaste een wat ek nog nie gelees het nie en so weet ek ek bly opdatum met wat ek nog nie gelees het nie.

l

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 15/04/2018 - 12:21

Ja, die nommertjies langs die Aktiewe of Nuwe onderwerpe werk net die beste.  Jy mis geen insette so nie.    Gerhard, geluk aan jou vrou, geniet die dag saam.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 15/04/2018 - 17:48

Decaffeinated koffie.

Wie van julle hou van decaffeinated koffie.

Ek koop altyd die blou pakkies van Cafe Enrista. Is mal oor dit. Dit het net baie duur geword. Hardloop nou so R 45.00 vir 10 sakkies, as dit nie op n special is nie.

Was gister by De Deur vlooi mark en sien toe daar is pakke vir R 28,00. Met verval datum van 2019.

Ek koop toe sommer 30 pakke. Weet nie of dit van n trok afgeval het nie.

Nou gaan ek vir n rukkie koffie drink. smiley 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 15/04/2018 - 18:37

Niks teen jou inset bedoel nie Harry, maar al hierdie "name coffees" proe, vir my, al verder weg van koffie.

Ek moet darem noem, ek drink nie baie koffie nie, as ek koffie drink, moet dir Ricoffy wees. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus