Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -34 minutes ago
Pretoria November 2026 Geert -35 minutes ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 16/04/2018 - 13:48

Nou ja, nou is jy so te sê gereed om te haak Len?

Ek pomp ook my bande self,  het so digitale druk meter by Midas gekoop juis omdat die ander onbetroubaar is. Op die TPMS stelsel,  het die bande van mekaar verskil as ek dit hier by ons laat pomp het.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 16/04/2018 - 13:54

Ek pomp die bande maar by TWT maar gebruik my eie meter.  Dit is omdat ek die bande met Nitrogen pomp, glo my van ek die bande vervang het het ek nog nie nodig gehad om dit op te vul nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 16/04/2018 - 18:19

Ek stem saam Willem, my Pathfinder se Coopers en my Mercedes se Yokohamas is ook met stikstof gevul en verloor geen druk nie.  Ek het dit nie met die Exclusive laat doen nie omdat die bandeplekke met stikstof-pompe hier by ons nie toeganklik is vir 'n groot karavaan nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 16/04/2018 - 20:29

Ek het ook lankal die stikstof geskip, hier is nie fasalitiete  naby my nie, en ek gaan die druk elke keer voor ek haak na. (Vanderbijlpark TWT is die naaste, en dit is 15Km ver)

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 16/04/2018 - 20:51

Ek wil nou nie lelik wees nie..   Sal more n skakel deel wat die verskil tussen stikstof en gewone lug uitwys.  Gewone lug bestaan uit 78%  stikstof en dit maak nie regtig n verskil nie.

Dit is soos revier water en damwater....  Dit is maar die selle ding....

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 16/04/2018 - 21:00

Ek het dit ook iewers gelees, maar ek kan vir 'n feit getuig dat bande met stikstof daarin verloor oor 'n jaar GEEN druk nie terwyl met gewone lug het jy wel na 'n paar maande druk verlies, selfs al is dit net effentjies.

Jy is glad nie lelik nie Segekok, kom met daardie storie dat ons op die hoogte van sake kan bly.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Mon, 16/04/2018 - 21:04

Ek onthou het jare terug gelees dat die Stikstof se molekules groter is as suurstof vat dus langer vat om deur die rubber te ontsnap

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 16/04/2018 - 21:19

Ek sal dit more post as ek by die rekenaar is. Die tablet wil nie copy &past nie...

Ek gaan nie stry oor die druk verlies nie. Maar as droe lug gebruik word deur vog opvangers ens get dit die selfde efek. Vir Vliegtuie word dit gebruik omdat dit nie vog bevat nie. Die vog vries agv. die baie lae tempratuur wat dan probleme kan veroorsaak met die landings.

F1 gebruik ook stikstof weens die hoë spoed en tempratuur veranderings

Vir gewone voertuie isvdaar nie regtig n voordeel vir die koste en moeite nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 17/04/2018 - 07:31

Die volgende gedeelte is vanaf die AA se webtuiste gekry. Soos ek gestraand geseg het ek sal gou vanoggend doen.

Ek probeer nie iemand se sienning verander nie. Dit is vir elkeen om te besluit.

 

 

 

Should you fill your tyres with pure nitrogen?

Nitrogen might leak more slowly but you still have to check your tyres regularly

Some tyre specialists now offer to inflate your tyres with pure nitrogen, and charge extra for it.

Purified nitrogen has been used to inflate tyres on aircraft and racing cars for many years but does it really make sense for ordinary car tyres?

The air we breathe, and the compressed air normally used to inflate tyres, is mostly nitrogen anyway – 78% Nitrogen, 21% Oxygen and 1% other gases.

Filling tyres with nitrogen

For passenger car tyres the main claims for pure nitrogen seem to be:

  • Less corrosion – because unlike air there's no moisture in pure nitrogen
  • Slower rate of pressure loss – because the nitrogen molecules are larger than the oxygen they’ve replaced.
Your tyres can lose air:
  • Through the inner lining of the tyre
  • Because of a faulty or dirty valve
  • Because of punctures, or
  • Through failure of the seal between the tyre and the wheel rim

Pure nitrogen might leak more slowly through the liner, but you’d still have to check the condition and pressure of your tyres regularly.

  • Corrosion is unlikely anyway with normal compressed air because only the outer tread band of a car tyre contains steel – the amount of moisture reaching it from the inside is minimal.
  • To change to nitrogen, the air already in your tyres has to be removed first.
  • There will usually be a one-off charge per tyre but once filled with nitrogen, future top-ups would have to be with nitrogen if any advantages are to be maintained.

Overall, while accepting the possibility of purified nitrogen being of benefit in certain applications, we don't think that the cost and possible inconvenience are justified for normal passenger car use.

Aircraft and motorsprot

At cruising height, temperatures may be as low as -40C and any moisture in aircraft tyres can freeze causing vibration and balance problems when landing.

  • Pure nitrogen is dry so eliminates this problem.
  • Using dried compressed air could achieve the same thing.

In motor sport, they use pure nitrogen (or dried compressed air) to eliminate moisture in tyres which helps reduce tyre temperature at high speeds and loads.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 17/04/2018 - 07:45

Die verduideliking maak logies sin - dankie Segekok.

In my geval het die bandhandelaar aangebied om my nuwe bande gratis met stikstof te vul en by meer as een handelaar hier in ons omgewing kan jy ook gratis jou bande met stikstof toets en "op-top" indien nodig.  Ek hou dus maar daarby vir wat dit werd mag wees, maar besef ook dat dit nie "die-dood-van-Katrien sal" wees as ek met gewone lug pomp nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/04/2018 - 11:19

Dog ek wys net gou wat lê voor :-

.

of dalk dit :-

.

...selfs dit is ook fotogenies, pragtig :-

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/04/2018 - 11:28

Ons mag dalk soiets weer sien, maar nie sommer nie - dis raar maar waar ! :-

.

Dalk sien ons soiets weer :-

.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/04/2018 - 11:37

Ek hoop ons kry weer hierdie lieflike staanplek langs die heining in Shingwedzi, ons eerste kamp :-

.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 18/04/2018 - 12:01

Len, dit is nie 'n wonder jy is so mal oor die wildtuin nie!   Dit is darem maar die beste kamp wat daar is.

Pragtige foto's.   Veral die kameelperde! wink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 18/04/2018 - 12:19

Len is so opgewonde hy gaan homself binnekort nat maak! wink

Daardie foto van die 1 kameelperd wat die ander een abba is baie mooi - ongelooflik hoe die diere mekaar help.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/04/2018 - 13:25

Ons gaan beslis weer net buite Pafuri-hek in die heel noorde van die Wildtuin kyk of ons weer sulke lekker mopani-braaihout vir "next to nothing" kan optel :-

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/04/2018 - 13:34

Verskoon tog vir dié wat reeds hierdie foto elders gesien het, maar dis hoe ek daarvan hou om te braai "sit-sit-so" en ek sal volgende maand min of meer elke aand so aangetref word :-

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus