Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -45 minutes ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -3 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -5 hours ago
Jy is reg Geert............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -6 hours ago
Korrek Wessel............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -6 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 23/04/2018 - 08:50

Vanoggend voel dit of 'n las van my skouers af is.   Uiteindelik is ons vry om ons forum te geniet sonder om te worry oor ander wat dink ons kan dit nie sonder hul hulp doen nie.  Of oor wat ons sê vir die "lesers" van die lewe nie.    So het 'n hoofstuk in my lewe afgesluit.   Aan die een kant hartseer, want ek hou nie van 'n mooi hoofstuk wat noodwendig moes eindig nie.

Nou stel ek voor ons slaan 'n pragtige nuwe blaadjie om en kyk vorentoe!

Kyk nou vir Gesie se hartseer vanoggend.  Dit is mos iets om diep gevoelens oor hê, eerder as oor onbenullighede.   Jammer vir julle, Gesie.   Ons glo sy rus in vrede.

Nouja, die dag stap aan.  Ek het dingetjies om te doen, sien julle later.

Geniet julle dag ten volle.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Mon, 23/04/2018 - 10:31

More al die Forum maats .Laat dit n wonderlike dag wees vir julle . Is besig om vuilgoed weg te ry

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 23/04/2018 - 19:22

Mense, julle moet almal 'n baie rustige nag geniet.   Laat daar vrede in almal se harte wees en onthou altyd, die klappe in die lewe maak van ons sterker mense.  En later besef jy, dit was toe nie regtig 'n klap nie, dis was die gewone verloop van die lewe.   Al wat ons moet doen is sterk staan.  Aanvaar die dinge wat jy nie kan verander nie.   En verander die dinge wat jy kan.

Dankie vir 'n pragtige forum waar ons regtig mooi vriendskappe deel sonder enige pretensie of bybedoelings.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 23/04/2018 - 20:02

Tannie Freda, ek wil hier aansluit, wil nie lang stories maak, o wee kan partykeer opstelle skryf. 

Oom Voorrie het die forum gestig uit liefde vir kamp en als wat daarmee saamgaan en die liefde wat hy ontwikkel het vir mense op wegsleep se forum Ek moet hierdie aanhaal en dit kom  van Willie Broomhead ( Ek kan nie presies onthou, maar dit is iets soos: Doen n werk waarvoor jy lief is of iets waarvan jy hou en jy werk eintlik nooit meer nie.)

Inspirerend. Ek wens oom Voorrie al die beste toe, veral omdat hy nog n mens se mens is, saam kamp, dinge reel, kyk hoe lekker saam Noddy. Mag die forum so vooruitgang dat hy dalk n lewe daarvan kan maak as hy dit so wil he, goed vir hom en nog beter vir almal van ons wat kamp geniet.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 24/04/2018 - 01:58

Goeie more.

Lê ek nou en wik en weeg. Moet ek maar opstaan en kantoor toe gaan of nog n rukkie wag. Sal maar kyk wat gebeur

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 24/04/2018 - 02:31

More Almal. Mooi dag vir almal.

 

Dusty ek het ook ers gewik en weeg maar het toe maar kom werk. 

Nou op my 2de koppie koffie.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 04:50

Goeie môre mede Kampforum maters !

Lekker gereën (nou nie die groot syfers waarvan julle in die noorde praat nie) en ek voel dus sommer baie goed vanmôre  -  ons is dankbaar !

En.......................ek voel of ek van 'n berg op my skouers ontslae geraak het.

Geniet die dag.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 24/04/2018 - 04:55

More Len en Deon,

Deon ek het maar die horlosie lê en dophou. Gister was 'n besige dag by die huis gewees. Die versekering het toe die waterskade kom regmaak. Deure vervang en die plek weer geverf.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 05:00

Dit is lekker om al so vroeg deur 'n paar mense gegroet te word.   Ekself was weer vroeg wakker vanoggend, het gisteraand 8.30 al lê en lees in die bed en sommer gou geslaap.

Gesie, daardie selfde motto van Willie word deur sy seun gebruik.  Net jammer hy leef dit nie uit nie.

Len, ek sien jy het 'n draad geopen oor die reën, ek moet dit nog gaan lees.  Intussen, ek is so bly julle het reën gekry.  Hou moed, teen die tyd wat julle terugkom van die wildtuin, het daar al baie reën geval.

Hier by ons het 'n wind in die nag opgekom.  Een van daai winde wat klink of hy huil al om die hoeke van die huis.   So spokerige een, ek het my amper verbeel Gees wandel hier rond, wou uitgaan om hom in te nooi.....

Julle moet almal jul dag geniet.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus