Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laaste foto ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 minutes ago
Kom ek traai nog Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 minutes ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -14 minutes ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -18 minutes ago
Ek dink Rona het my laat wen. Ek gaan verloor!!! Voortrekker -44 minutes ago
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 29/04/2018 - 07:46

Nee wat, Petra is OK net seer en styf en loop baie swaar, dankie vir die belanfstelling.

Ja die oppak sal maar moeilik wees, ons het elkeen ons spesifieke takies gehad en nou sal ek maar alleen moet opsnork!

Nog te vroeg in die oggend om te begin, as ek daai mooi vroutjie van my wil moeilik maak, dan moet ek vroeg al begin skarrel, sy word eers wakker teen nege uur se kant na t5 koppies koffie.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 29/04/2018 - 08:24

Weet jy, ek wip sommer my gat en gaan gee hom aan by die skool prinsipaal, Mr Broomhead. Dan sal hy gonnie wees hier op die forum!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 29/04/2018 - 08:29

Ai tog, Arie, ek is so jammer om dit te lees.  Ek kan my voorstel jy moes baie groot geskrik het.  Wat nou?  So iets kan seker nie vir geen rede gebeur nie.  Gaan julle by die dokter hoor?   Jammer ook oor die pyn in die nag, ek hoop alles gaan goed van vandag af.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sun, 29/04/2018 - 08:39

Gees die tablet se screen is te klien, my vingers is dik en my oge is nie meer wat dit was toe ek 30 was nie. Soms druk ek en niks gebeur nie en soms druk ek dan is dit verkeerd. (Ek praat van die sleutelbord op die tablet )

En verder is ek werklik lisdeksies. So vreeslik jammer vir die spel probleem.....  Sal maar net stem pos hier los....?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 29/04/2018 - 09:14

Moet se, hy trek baie op Gryswater?

Gesie, jy moet die ou omie maar verskoon man, al skool wat ek gehad het was "Trap der Jeugd"

Dit is omtren gelykstaande aan vandag se graad RR.

Ek is dom gebore en het nie veel by geleer nie, dan is ek nog arm gebore, maar het gelukig nog omtrent alles van dit oor.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 29/04/2018 - 10:28

Kadassie sit soos 'n styf gespande snaar, die spanning maak hom stokstyf.  En Kieppie se lyftaal sê duidelik:  "Ek dink eers daaroor".  Kyk hoe is daai koppie teruggetrek in die borsie in.  Mooi Kieppie, speel bietjie "hard to get", girl!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 29/04/2018 - 16:02

Goeie middag almal, glo julle het die naweek geniet,  ek het.

Arie, regtig jammer om van Petra se storie te verneem, sterkte daar. Stuur asb ek en Bennanta se liefde groete vir haar. Vir jou ook, ek kan my indink hoe jy moes skrik. 

Harry, sterkte vir jou ook,  maggies dit kon baie erger gewees het. 

Willem, julle moet die kamp geniet.? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus