6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -29 minutes ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -3 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Arie se kamp program

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!

Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.

Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.

Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?

So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!

Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.

Secunda

Sleep nou

Wed, 02/05/2018 - 05:39

Ek en ons hoot jou Arie dis harre werk om te sien hoe kamp om jou opgeslaan word weet ook jy gee vir Petra darem n koppie koffie so tussen alles deur mooi rylaugh

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 02/05/2018 - 10:58

Terwyl Arie nou baie besig is om te trek en nuwe huis opgeslaan moet word, sal sy plekkie maar leeg wees hier op die forum.   Ons hoop maar Petra kom gou klaar met alles.   Hy het haar al so goed getrein, sal seker nie lank wees nie. 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 04/05/2018 - 06:53

Voel ek toe soos 'n vreeslike belangrike mens toe ek gisteraand so teen 8uur 'n boodskap van Arie ontvang om te sê hulle is veilig by Môreson en Petra het die kamp toe al 60% opgeslaan.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 04/05/2018 - 13:35

Nou ja, Petra het uiteindelik ons kamp klaar gekry, sy is nou net gou besig om vir ons so peusel happie te maak en vanaand sal sy sekerlik vir ons so "T" beentjie braai?

Ons is toe Woensdag oggend so teen 10 vm uit Mabalingwe weg. lekker gery, van Pietrersburg in reen gery tot hier, van klein hael tot sulke jong wolkbreuke, wat ek omtrent niks voor my kan sien nie

Kry toe hier twee couples wat ons ook al 'n paar jaar ken, bietjie gekuier, die wa net so gelos en gaan slaap. gister gou die wa reggetrek sodat Petra hom kon level en begin tent opsit. Ek kom agter sy is ook nie heeltemaal vandag se kind nie raak nogals moeg, as sy die tentpen inslanery moet los om eers gou vir my 'n dop te gooi gaan dit met 'n vreeslike gesugtery?

Besluit toe om haar te bederf, so by 1.30 nm se ek vir haar om die res te los, die tent staan meeste goed uitgepak, ek sal haar bederf en Sitrus Spens toe neem vir middag ete. Dit is 'n plek op 'nplaas so 12 kilos van hier af, net in die wintermaande oop as al die ou mense by Tshippise is.

Lekker wilds hamburger ge-eet met die heerlikste vars vrugte slaai. sommer vir ons 'n geel waatlemoen en so paar jaar lemoene gekoop.

Vanoggend die laaste goed uitgepak, kyk ons pak die wa leeg, behalwe vir klere, borde, mense en goed, potte, bakke en al sulke goed kom in kaste in die tent, al wat ons ooit in die wa moet gaan is vir die yskas en as ons gaan slaap

Skottel is op, TV werk en nou rus ons.

Pragtige kamp so in die bosse, alle wild, behalwe die groot 5, kan lekker kilos in die bos gaan stap.

Min goed so mooi as bosveld?

O, ja hier is natuurlik ook 'n warm swembad, minnerale water wat uit die selfde oog as by Tshipise kom, onder dak swembad en buite een onder "shade cloth"

Die pragtige "Birds" wat ek so lief voor is - is hier niks van nie, jong mense kom nie hier nie, te afgesonder en niks om te doen nie, so ek moet nou maar noodgedwonge net vir pensioenarise sit eb kyk?

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 04/05/2018 - 14:38

So, daar is julle veilig by jul nuwe tuiste.   Petra is 'n voorslag, alles reg en op sy plek, in omtrent een dag!    Geniet alles daar.  Ek hoop daar kom darem so een of twee sexy pensionaris tannies verby.  Hou maar jou oog op die pad na die ablusie, dalk tref jy dit gelukkig.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 04/05/2018 - 16:01

Arie, bly julle is veilig daar en dat Petra so geswoeg het om in 24 uur alles gereed te he, nou kan jy sonder die gesugtery haar rustig rond order.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 04/05/2018 - 16:09

Voorie, ja daai is maar ouderdom jong, moet sekr messe wees?

Mooiste Freda, ja ek sal maar kyk vir 'n sexy ou tannie, probleem is hulle se jy is so oud soos jy voel, en wil baie graag so tussen 18 en 22 voel?

Lekker ver ent in die bos gaan stap, so 4 kilos, ai maar dit is lekker om weer in regte egte bosveld te loop, en spore te identifiseer.

Sal nog later weer bietjie fotos neem en hier plaas, regtig baie mooi wereld en lekker kamp, oud maar netjiese badkamers, klein kerkie so hoef nie so ver kerk toe te ry nie, en klein winkeltjie met die belangrikste vooraad, ook nie te vrek duur nie.

0

Goed om te hoor Arie en Petra is veilig by hulle nuwe tuiste .En ook aan Len wat dit gemaak het deur Gangsters Paradise . Ons hou die spasie dop laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 05/05/2018 - 13:27

no 1] Maar nog my kampie

No 2,3,4 Dametjie, word gevoed uit die swembad wat deurentyd gevoed word uit die minerale warm bron.

Mag visvang maar is vang en los.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus