Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!
Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.
Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.
Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?
So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!
Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.
Arie ek glo
Ek en ons hoot jou Arie dis harre werk om te sien hoe kamp om jou opgeslaan word weet ook jy gee vir Petra darem n koppie koffie so tussen alles deur mooi ry![]()
Terwyl Arie nou baie besig…
Terwyl Arie nou baie besig is om te trek en nuwe huis opgeslaan moet word, sal sy plekkie maar leeg wees hier op die forum. Ons hoop maar Petra kom gou klaar met alles. Hy het haar al so goed getrein, sal seker nie lank wees nie.
Voel ek toe soos 'n…
Voel ek toe soos 'n vreeslike belangrike mens toe ek gisteraand so teen 8uur 'n boodskap van Arie ontvang om te sê hulle is veilig by Môreson en Petra het die kamp toe al 60% opgeslaan.
Dankie vir die boodskap…
Dankie vir die boodskap
Anton, klink my hul sein daar is seker swak.
Nou ja, Petra het…
Nou ja, Petra het uiteindelik ons kamp klaar gekry, sy is nou net gou besig om vir ons so peusel happie te maak en vanaand sal sy sekerlik vir ons so "T" beentjie braai?
Ons is toe Woensdag oggend so teen 10 vm uit Mabalingwe weg. lekker gery, van Pietrersburg in reen gery tot hier, van klein hael tot sulke jong wolkbreuke, wat ek omtrent niks voor my kan sien nie
Kry toe hier twee couples wat ons ook al 'n paar jaar ken, bietjie gekuier, die wa net so gelos en gaan slaap. gister gou die wa reggetrek sodat Petra hom kon level en begin tent opsit. Ek kom agter sy is ook nie heeltemaal vandag se kind nie raak nogals moeg, as sy die tentpen inslanery moet los om eers gou vir my 'n dop te gooi gaan dit met 'n vreeslike gesugtery?
Besluit toe om haar te bederf, so by 1.30 nm se ek vir haar om die res te los, die tent staan meeste goed uitgepak, ek sal haar bederf en Sitrus Spens toe neem vir middag ete. Dit is 'n plek op 'nplaas so 12 kilos van hier af, net in die wintermaande oop as al die ou mense by Tshippise is.
Lekker wilds hamburger ge-eet met die heerlikste vars vrugte slaai. sommer vir ons 'n geel waatlemoen en so paar jaar lemoene gekoop.
Vanoggend die laaste goed uitgepak, kyk ons pak die wa leeg, behalwe vir klere, borde, mense en goed, potte, bakke en al sulke goed kom in kaste in die tent, al wat ons ooit in die wa moet gaan is vir die yskas en as ons gaan slaap
Skottel is op, TV werk en nou rus ons.
Pragtige kamp so in die bosse, alle wild, behalwe die groot 5, kan lekker kilos in die bos gaan stap.
Min goed so mooi as bosveld?
O, ja hier is natuurlik ook 'n warm swembad, minnerale water wat uit die selfde oog as by Tshipise kom, onder dak swembad en buite een onder "shade cloth"
Die pragtige "Birds" wat ek so lief voor is - is hier niks van nie, jong mense kom nie hier nie, te afgesonder en niks om te doen nie, so ek moet nou maar noodgedwonge net vir pensioenarise sit eb kyk?
borde, mense en goed, …
borde, mense en goed,
? Mense ? In julle wa?
So, daar is julle veilig by…
So, daar is julle veilig by jul nuwe tuiste. Petra is 'n voorslag, alles reg en op sy plek, in omtrent een dag! Geniet alles daar. Ek hoop daar kom darem so een of twee sexy pensionaris tannies verby. Hou maar jou oog op die pad na die ablusie, dalk tref jy dit gelukkig.
Arie, bly julle is veilig…
Arie, bly julle is veilig daar en dat Petra so geswoeg het om in 24 uur alles gereed te he, nou kan jy sonder die gesugtery haar rustig rond order.
Voorie, ja daai is maar…
Voorie, ja daai is maar ouderdom jong, moet sekr messe wees?
Mooiste Freda, ja ek sal maar kyk vir 'n sexy ou tannie, probleem is hulle se jy is so oud soos jy voel, en wil baie graag so tussen 18 en 22 voel?
Lekker ver ent in die bos gaan stap, so 4 kilos, ai maar dit is lekker om weer in regte egte bosveld te loop, en spore te identifiseer.
Sal nog later weer bietjie fotos neem en hier plaas, regtig baie mooi wereld en lekker kamp, oud maar netjiese badkamers, klein kerkie so hoef nie so ver kerk toe te ry nie, en klein winkeltjie met die belangrikste vooraad, ook nie te vrek duur nie.
Arie arriveer
Goed om te hoor Arie en Petra is veilig by hulle nuwe tuiste .En ook aan Len wat dit gemaak het deur Gangsters Paradise . Ons hou die spasie dop ![]()
Arie, is bly dat die reis…
Arie, is bly dat die reis goed en veilig was.
Geniet julle kamp daar.
Wag vir al die fotos van die plek
Dit is lekker wêreld daardie…
Dit is lekker wêreld daardie. Het al self 'n paar keer daar deurgery en ook oornag. Lekker warm stil bos ![]()
Fotos sal kom met tyd, ek is…
Fotos sal kom met tyd, ek is drie maande hier, wil nie alles in die eerste week doen nie.
No 1]Uitsig van my stoep…
No 1]Uitsig van my stoep
No 2] Ons Kampie
No 3 & 4] Uitsig op my naaste bure, van ons stoep af.
no 1] Maar nog my kampie…
no 1] Maar nog my kampie
No 2,3,4 Dametjie, word gevoed uit die swembad wat deurentyd gevoed word uit die minerale warm bron.
Mag visvang maar is vang en los.
Nog steeds die dam, kyk na…
Nog steeds die dam, kyk na daai moewiese voel neste in die boom op die tweede foto.
Hier is so piep klein dorpie…
Hier is so piep klein dorpie op die wildsplaas, meestal vakansie huise maar tog so 15 permanente inwoners. Mooi netjiese en goed versorgde huise.





Veilig ry Arie en geniet dit…
Veilig ry Arie en geniet dit daar in die Noorde.