Gaan nou so bietjie deur my kamp fotos en kom op so paar af by Smilin Thru. Die oord is werklik 'n groot aantrekkingskrag vir kampeerders.
Hierdie was Desember 2015 by Smilin Thru. Was baie lekker, maar??? redelik bedrywig.
1) By ons staan plek. Oom Jurgie se bankie waar jy rustig oor die rivier sit en kyk.
2) Ons moes maar afskort om ongewenste deurlopery te voorkom vanaf die chalets asook stof wat die voertuie veroorsaak wat na die gewilde restaurant gaan.
3) Chalets op agtergrond.
4) Ons uitsig vanaf die karavaan.
5) 'n Ander uitsig oor die rivier.
6) Uitsig vanaf oom Jurgie se bankie.
7) Gewilde glybaan tot in die rivier.
Darem nou nie ek wat daar loop met die kaalkop nie.
8) Die gewilde ''foefie slide'' by die swembad.
9) Lekker swembad, veral vir lekker afkoel met die erg hitte golf van 2015.
10) Geraldine en ek geniet 'n yskoue Savanna, veral met die erg hitte.
Ek neem die foto, weet nie wie die ou op die agtergrond is nie, maar ek ''watch'' hom![]()
11) Lekker ou skaap ribbetjie pot.
Smilin Thru
Anton, Smilin Thru is in Parys, OVS.
Die 3 oorde sit so langs mekaar:
Smilin Thru, Weltevrede en Eastco.
Die rustigste oord waar jy werklik ontspan is, Eastco.
As jy ń party klong is, gaan Smilin Thru toe.
Nice fotos Dennis, dankie…
Nice fotos Dennis, dankie vir die deel.
Ek moet weer daar uitkom, ons was baie jare laas daar, (iewers in die laat 80's of vroeë 90's) het hule nog daai toe geboude swembad?
SM
Johann, Desember toe ons by Eastco was, het ons wegneem etes by hulle restaurant gaan koop, toe was daar genoem dat hulle is besig om die swembad weer reg te kry.
Ek weet nie hoekom my pos 2 keer deurgegaan het nie, maar ek wou noem dat as jy ń kamp familie band wil bou, gee ek Eastco 1ste plek.
Smilin Thru is ń baie lekker oord, maar ons wat nou begin gryshare kry, soek maar eerder die rustigheid daarom verkies ons Eastco.
Ek moet krediet gee aan Rudi wat sorg vir die vermaaklikheid by SM, hy hou oud en jonk die heeldag besig![]()
Ek moet se ek was in 1995…
Ek moet se ek was in 1995 laas daar maar dit was baie lekker. het toe ook sommer weer deur gery na ons ou plaas tusse potch en parys en gaan kyk hoe dit daar lyk.





Dit lyk baie lekker DK. …
Dit lyk baie lekker DK. Dankie vir die lekker fotos en vertel. Waar is die plek?