Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -4 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -5 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -6 hours ago

Julie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Julie het aan gebreek. Geniet die rusdag

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 07/07/2018 - 07:26

Lekker, lekker, die meeste van julle kan seker vanoggend bietjie inlê teen die koue.  Geniet dit, Maandag is dit weer vroeg op en aan die gang, koud of nie!

Ek het gisteraand, vir die eerste keer in 'n baie lang tyd, die bed warm gemaak op die outydse manier.  Doodgewone rubber warmwatersakke met kookwater.     Ons het 'n elektriese kombers in die karavaan maar wil dit nie by die huis gebruik nie.   Die Baai word mos nooit so koud nie... tot hierdie jaar!   Maar daai sakke werk uitstekend, tog te lekker.

Julle moet jul dag geniet.  My span speel nie vandag rugby nie, maar Nadal is weer op die baan! 

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 08/07/2018 - 06:12

Goeie more vanaf Nelspruit. 

Lekker weer hier. Koel maar nie koud nie. Wag nou vir beweging in die kombuis sodat ek kan koffie kry. 

Ry later vanoggend weer terug buiswarts.

Lekker rusdag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 08/07/2018 - 07:02

Goeie môre lewende wesens!  Lekker dag smiley

Wag nou vir beweging in die kombuis sodat ek kan koffie kry. 

Ja swaer, 'n man mis darem sy eie koffie ketel.  Geniet dit stoffelsmiley 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 08/07/2018 - 10:02

Dit is 'n pragtige sonskyndag in die Baai en dit lyk of die koue nou die wyk begin neem.

Ek wens julle almal 'n aangename en rustige Sondag toe.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 08/07/2018 - 12:18

Middag julle julle moet n awsome dag he ja ek n rowwe oggend agter die rug vrede

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 08/07/2018 - 13:23

Middag almal.

Lekker om weer by my eie huis te wees. Pad was darem nie te besig nie. Sien nou die trokke begin ook nou Schoemanskloof pad gebruik na Nelspruit en ook terug

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sun, 08/07/2018 - 19:49

Naand almal. Hoop julle het n wonderlike week gehad.

Ek was biethie besig en het nie eers tyd gekry vir ........  net nou seg oom Arie my taal gebruik op die forum is barbaarslaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus