Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -10 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -15 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -21 hours ago

Tuiniers

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse mense,

Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.

Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.

Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.Kweekhuis

Winter gepeuter 

Kweekhuisie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 10/07/2018 - 20:24

Herman, netjies man !  In een van daardie lweekhuise potte kan ek mooi tamaties sien hang.

Ek kan ongelukkig nie saamgeselas nie want ek het nie 'n plaas nie, is 'n stadsjapie wat in 'n sekuriteitskompleks woon waarvan alle plante die afgelope twee jaar morsdood gevrek het van die droogte.

Ek spook egter al die afelope 10 dae om die wortels van dooie palmboompies wat in 3 potte (1m hoog) geplant was, uit te kry.  Vandag daarin geslaag om die laaste pot skoon te kry en nou is daar drie Bougainvilleas ingeplant.  Môre moet hierdie potte nuut geverf word.

Jammer ek kan nie oor 'n groentetuin gesels nie, maar dog ek sê maar net.

(Ek het nie 'n Filemon wat my help nie, doen alles self soos wat ek aanvaar jy ook maar doen).

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 10/07/2018 - 21:08

Ek sukkel maar met die tuin maak. My tamaties wil nie dra nie

Tamaties

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 10/07/2018 - 21:26

Len, het gelees van hoe jy spook met die bol wortels in die potte. Plant n Suurlemoen in een pot, daai Bougainvilleas gaan oor n klomp jare daai potte laat kraak met hulle wortels. 

As die heining om die tuin bekyk word, sal julle sien daar is varkdraad tot by 1,6m en dan 4 staaldrade om blou pyp tot by 2,4. Die varkdraad is 200mm diep begrawe, dis vir die yster totte, hulle vrek lief vir n stukkie vars groente. Dan die boonste staaldraad tot 2,5m is gelektrifiseer vir die burgers van die berge. Dit is vrek snaaks om hulle so teen die varkdraad te sien sit, en met verlangende oge na die pampoene te loer, maar oorklim is net te skokkend vir hulle.

Op die oomblik is daar pragtige tamaties nl, Roma, Black russian en my eie mini plumb hibried. Een trossie het 105 vruggies op gehad! Verder,  slaai, basiliekruid, en selfs groenbone in die kweekhuisie. 4 pynappels van die stingels gekweek, en n paar Garob saailinge so pas opgekom. n Karmedip krui van saad gekweek. Karmedip se volksnaam is die vér pis bossie. Vir die ou omies met stywe prostate seg die mense.

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 11/07/2018 - 05:52

Herman, jy sal miskien onthou dat ek jare terug op die ander forum genoem het ek sou  graag bietjie groente in my tuintjie wou plant.  Alhoewel ek ook in 'n meenthuis is, is daar langs die wasgoeddraad 'n strokie grond  waar ek gedink het om dit te doen.   Jy het my nog aangemoedig om dit te doen en raad gegee.   Ongelukkig het ek toe nooit daarby gekom nie.  Ek het wel bietjie kruie geplant maar al wat aanhou groei het, was die "mint".

Soos Lennie hulle mag ons ook al vir 'n lang tyd glad nie tuin natmaak nie.  Deesdae lyk my tuintjie maar eenvoudig en net plante wat in die droogte kan oorleef.   Die berugte molle, wat jy ook goed van weet, het darem die wyk geneem as gevolg van die droogte.

Vandat ek afgetree het by die mark en self groente in die winkels moet koop, rys my hare oor wat dit deesdae kos.   Dit moet wonderlik wees om dit self te kan kweek, veral organies.  Ek kan net indink hoe lekker dit is om jou eie groente in die tuin te gaan haal.  Plant jy ook wortels, kool, aartappels en uie?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 11/07/2018 - 06:12

Ons het in Phallaborwa n burger erf gehad of so iets en my pa het uie en tamieties geplant my vingers nie groen niks kom op niewink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 11/07/2018 - 09:19

Herman, daardie "vêr-pis-bossie" vir outoppies, ek aanvaar dit werk nét om 'n stywe prostaat  te verslap en nie ook op ander plekke nie, andersins is dit 'n groot newe-effek ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 11/07/2018 - 09:25

......"daai Bougainvilleas gaan oor n klomp jare daai potte laat kraak met hulle wortels"

Herman, oor 'n klomp jare is ek in 'n aftree-oord dan is die gekraakte potte die koper van my huis se probleem !  Intussen gaan ek die pragtige Bougainvilleas geniet en my verbeel ek is in die Laeveld oppad Wildtuin toe !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/07/2018 - 09:41

Deon, ek vermoed daai tamaties is op 'n high, hoog in die takke.

Ek sukkel maar met die tuin maak. My tamaties wil nie dra nie

Tamaties

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 11/07/2018 - 13:27

Neef plant omtrent als Freda, van Aspersies, aarbeie tot ysterpampoene, maar net n paar plante. Ons eindig altyd op met te veel. Moet erken met die brassicas sukkel ek altyd, luise is n groot probleem. Aspersies begin in Augustus uitloop, weet nie of ken die mense die smaak van n kraalvars groen aspersie nie, net soos die mini sweatcorn koppies wat in slaai kom. Gepraat van slaai, aspersies, aarbeie met balsamic asyn, weet nie wat Von nog bysit nie, is nammies, Roma tamaties, basilie kruid en mozarella skyfiesyes

Len, ek gebruik nog nie daai bossie nie, soos jy se terwyl die"waterworks" nog werk, vat mens nie onnodige kanse nie.  Goeie idee van die bougainvilleas, lekker geharde plante, moet hier n hoekie soek om te plant, en die laeveld is regtig n mooi plek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 11/07/2018 - 15:17

Neef, lyk my ek sal die 3B moet haak en daar by jou kom staan maak dan kan ek ook hand bysit om so lekker in die groente tuin te kan grawe.

Ek het een van daai klein soort Bougainvilleas in 'n bak geplant en het mooi gegaan vir 'n paar jaar maar hy is nou net 'n droë bossie.

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 11/07/2018 - 15:36

Johann, nee, ekke dink daai goed (tamaties) wat Segekok van praat, is eintlik Papagaai Slaai wat DEON ge-eet het, en toe deurmekaar begin voel het!!! hoog in die takke of ERG deur die blare!!!, segekok!!!!

Deon,, ek het ook so effe van 'n plantplekie van alle dinge, en was GROOT geld aangebied om so bietjie van daai plantmateriaal te kweek vir so 'n ander ou, wat halwe snaakse karakter is!!!, ekke maar liewer nie wou saamspeel!!!

Is besig met fotos verwerk en verklein van my plantplekkie, en sal een of ander tyd saampraat op Neef Herman se plaasdraad!!!!!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/07/2018 - 20:11

Deon, ek is self nie 'n kenner nie, ek weet net, elke keer as ek braai vuur maak met daai tamatie blare,  dan "geniet ek die lewe" ??

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 11/07/2018 - 21:43

Deon, ek het ook van daai tamatie plantjies van jou, by Checkers gekry toe ek vir meer as R 150 gekoop het.

Toe gaan koop ek sommer vir R 1500,00 en kry n hele Checkers sak vol smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus