Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 hour ago
Slaap al die ou toppies na die stemmery November 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Dromme November 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Tuiniers

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse mense,

Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.

Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.

Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.Kweekhuis

Winter gepeuter 

Kweekhuisie

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 12/07/2018 - 08:07

Ek hou ook van groente plany en het altyd nog so stukkie grond gehad om in te plant. Hierdie winter het ek besluit om die grond bietjie te laat rus (Goeie verskoning as jy lui is). Daai stukkie grond kan baie groente produseer soveel so dat ons hope het om weg te gee vandat dit net ek en die vrou is wat oor is in die huis.

Gelukkig het ek `n boorgat dus is water nie `n probleem nie. Voordat ek gestenig word oor die water spaar storie die gat is maar 28 m diep en die pomp lê op 23 m As ek die pomp nie minstens 3-4 ure per week laat loop nie begin die water bo by die gat uitloop en loop dan in die driveway af en is verlore. Tans gee ek aan al die bure wat direk aan my grens `n waterbeurt per week. Gelukkig het ek solarkrag so dit kos my niks om dit te kan doen nie

Hierdie jaar gaan ek min groente plant maar ek gaan `n poging aanwend om een of twee van daai reuse pampoene te kweek. Het al een jaar een van 83 kg gehad wat niks is in vergelyking van die ouens wat 200+ kg outjies kweek nie.

Die grenadella teen die muur is nou eers so 6 maande oud en daar is reeds heelwat vruggies.

`n Interessante feit van `n grenadella is dat hy altyd van regs na links rank. Het dit nie geglo nie maar het dit so geplant en jou werklikwaar dit is so.

 

Groetnis

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/07/2018 - 09:25

Danie, dit is 'n baie lekker stuk groete tuin wat jy daar het,  netjies.

Ek voel net ons moet nie water mors nie, al moes jy munisipale water gebruik vir jou tuin, word dit nie vermors nie. Na my mening, is vermorsing, wanneer jy water net dood eenvoudig "weg gooi" .

Ja ek gaan dalk te erg aan oor water vermorsing, MAAR dit sit na aan my hartblush

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 12/07/2018 - 09:31

Sien almal het groot groente tuine. Julle sal lag vir die een by my huis. Ek dink dit is maar 1x4 meter. Net groot genoeg om die kleinkind besig te hou

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 12/07/2018 - 09:38

Nou wonder ek wat is die idee van groente tuin, surly is daar nie so baie mense wat daai goed eet nie?? Of gee julle dit vir die bokke?

Kyk as julle nou 'n klompie beeste en skape aanhou kon ek dit verstaan................. maar groente, nee dan ry ek liwer 'n Toy!

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 12/07/2018 - 09:48

Oom Arie 

Die motorhuis se agterdeur is by die groente tuin se hekkie. In die motorhuis is daar `n "stukkende" yskas vol bier biltong en droë wors. 

Ek staan staan graag daar by die hekkie en maak die "groente" nat

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 12/07/2018 - 10:31

Hierdie is vir oom Len

Ek het ook die twee b/villas in potte geplant. Baie mooi plante maar daai goed het `n skerp kant. Daai dorings skrik vir niks.

Ek het ook `n "raam" gemaak van 10mm staal rod om die plant teen op te lei en vorm te gee. Dit werk redelik goed maar die takke moet gelei/gevleg word terwyl dit sag is want as dit eers hard word is daai skerp doring `n probleem. Die takke breek egter baie maklik as dit sag is. 

Die plante moet nie te veel water gegee word nie veral as dit in `n pot staan. Hulle is egter "morsig" verloor baie blare en blomme daarom staan dit nie naby die swembad nie.

My vrou gebruik die blomme wat sy allerhande olies en ander doepa opgooi. Dit beland gewoonlik iewers in iemand se badwater of `n potpoerie bak.

Ek het eers `n suurlemoen en lemmetjie bom in elkeen van daai potte gehad maar dit was nie baie suksesvol nie. Die spuitstof vir al die peste en plae was vrek duur en het nie eintlik gewerk nie. Ek was nog nooit baie gelukkig met sitrus bome nie die goed wil nie behoorlik groei nie en het altyd een of ander pes

Nogtans mooi en geharde plante,

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 12/07/2018 - 10:52

Danie, nee dan verstaan ek, die groete tuin is eintlik net 'n verskoning om vleis te eet.

Al wat die menslike liggaam nodig het is protiene, daai ander goet wat die bokke eet gee mens net alerande siektes en ellendes, en dan maak dit nog vet ook!

Terloops, nou teen die einde van ons vakansie, vind ek toe 'n slaghuis, die heerlikste Eland rump, T bones, ens teen R55.00 per kilo.

Wildsbiltong R93.00 per kilo, en vrek lekker.

Gisteraand by gesamentlike braai twee lekker dik Eland T bones gebraai, amper my vingers afge-eet!!

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 12/07/2018 - 11:03

Lekker jaloers is ek nou. Ek trek maar swaar deesdae Elize eet feitlik geen vleis meer nie so dis groente en hoenner. Ek eet nie vis nie so my keuse is beperk.

Ons gaan September Phalaborwa toe vir `n week en dan Eiland toe vir nog `n week. Deel maar asb daai slaghuis se naam.

Ek is half skaam om te noem dat ek met ons vorige kamp maceroni en kaas geeet het daai aand nie eers `n flentertjie vleis gesien nie en het net een keer gebraai.........

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 12/07/2018 - 11:14

Danie, sy naam is Gordonia, lekker naby aan Tsipisse, maar bietjie ver van Eiland af????

Ek sien die plek al lankal, ry gereeld verby, maar ek dog dit is sommer so spassa shop, gister vind ek toe uit hulle het die lekkerste vleis!!

nou wat is fout met Elize en die bok kos saam, daai goed is gif vir mens se liggaam! Laat sy maar groente en hoedertjies eet, jy kan mos vir jou so lekker fillet gaarmaak met brood - wat meer het 'n man nodig?

Ek eet baie keer, gisteraand weer, net vleis met niks by nie, daai T bone was so groot ek het my trommeldik net aan vleis ge-eet. dit is naturlik die rede hoekom ek NOOIT siek word nie, kry genoeg protieene in.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 12/07/2018 - 17:09

.................vir die raad.

Ek het goed opgelees en navraag gedoen voor ek besluit het die drie potte moet elk 'n bougainvillea kry.  Jy is reg, beslis nie te veel water nie en sy "voete" mag beslis nie in water staan nie. Daarom het ek 10 dae se moeite gedoen om die dooie palms se wortels uit te kry en 'n rooster met rivierklippe daarop geplaas,  onder in die pot waar die dreineer gat is.  Hierdie drie potte van my staan voor op die sypaadjie, beslis ver van die swembad af !

Ek wil nou graag nog 'n boom op die sypaadjie plant om die "dooie" plaveisel wat my grasperk vervang het, van 'n bietjie kleur en plantlewe te voorsien.  Ek kyk op die oomblik na die inheemse, immergroen Curtisia Dentata (Assegaai-boom) vir dié doel.  Dié boom se vruggies lok glo baie voëls.

Ons plant dus nie noodwendig almal groente nie, maar ons vroetel darem ook in die grond rond om die wêreld 'n mooier plek te maak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 12/07/2018 - 17:29

Len, ek plant net so baie bome hier, het al amper n stukkie woud gemaak. Net jammer so 3 jaar gelede swart ryp, het n hele klomp van my bome laat vrek.

Die Assegaai is n pragtige woud-rand boom. Ek het hier 2 wat al seker 10 jaar oud is, en nog nie tekens van n bessie toon nie. Iets waarvoor mens bedag op moet wees vir bome wat vruggies maak, veral die wat vlermuise ook eet. Die bokkers mis in die vlieg en as daar geboue naby is, mors die spul nogal hewig teen mure.

Kyk of kan jy n draai maak by Trees for Africa in Stellenbosch. Vriend van my, Dag Willems, het n groot verskydenheid,  tot groot bome wat hulle vir jou kan kom plant. Dit help om so 10 jaar op n boom se groei te wen, veral as ons tyd min raak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 12/07/2018 - 19:19

Ja Freda, hulle het redelik mak geword, en mens kan redelik naby aan hulle kom. Op die oomblik voer ek lusern, om die veld bietjie te spaar, was ook baie droog voor die winter. Nou het hulle al gewoond geraak aan die daaglikse roetine van voer kry op n sekere tyd.

Party dae raak ek spyt oor die besluit om wild aan te hou. Waneer dit tyd is om getalle te verminder, is dit nie net vir oplaai en veiling toe neem nie, eintlik n bietjie van n dilemma.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 12/07/2018 - 19:21

Oom Len

`n Wilde perske boom is ook iets wat klein vruggies maak en hulle groei nogals vinnig so semi bladwisselend maar verloor nooit al sy blare nie.

Neef ek weet nie of dit die stad is hier by ons nie maar ek het jare laas `n vlermuis hier rond gesien Hier by my is dit die Hadidas wat alles betjorts soms voel ek om `n putty mes te vat om die kar se ruit skoon te kry maar nou ja ek sal hulle nooit verjaag nie

 

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 12/07/2018 - 20:26

.................Trees for Africa is op my besoeklysie, het al op hulle webblad na die Assegaai-boom gekyk  -  hulle pryse is egter 'n bietjie styf.  Het ook al na Plant Culture (ook Stellenbosch/Somerset-Wes area) se webblad gekyk en hulle pryse lyk iewat beter.

Iets wat my egter bekommer is dat die boom tussen die ooste son en my drie Bouganvilleas gaan groei en dit gaan die direkte son wat Bougainvilleas benodig, afkeer.  Sal nog maar 'n bietjie moet oordink.

Danie, ek ken die Wildeperske-boom.  My ouers het een in ons voortuin by die huis waarin ek grootgeword het, gehad  -  miskien ook iets om te oorweeg.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sat, 14/07/2018 - 13:53

Noudat daar soveel mense hulle se plantery gewys het, voel ek half agtergelaat met my poging. Beslis nie in die klas van Neef Herman se volwaardige kweekhuis (wat dan verhit word vir wintertye nie!!!).

Eers so bietjie geskeidenis! My/ons huis het ons laat bou in 1974, en in '75 begin met GROOT groentetuin area nadat boorgat laat boor was. Aartappels en uie geplant, patats (sal later foto soek en plaas), en ons destydse bure het redelik voordeel getrek van die oeste!

So in 1983 begin met eie besigheid, en drasties afgeskaal in die groete-afdeling!!!, en meer vir EIE gebruik probeer voorsien.

Meer gekonsentreer op "patty pans", "marrows" ens., en boontjies van verskillende soorte, komkommers en dan Poolse komkommers en geel Poolse boontjies waarvan die sade "seker maar ingesmokkel was". ek het net present gekry! En natuurlik "jaartboontjies",wat so 62cm bereik het.

.

Verskillende kleure patty pans, en sommige laat pieringgrootte word, HEERLIK as dit gevul was met maalvleis ens.

.

a.Natuurlik  ook GROOT murgpampoene gehad, wat "rekord-grootte "bereik het, en die oom in die plaaslike koerant besorg het!!

Ook aparte kruietuin 

.

Sommer so algemene foto 

.

Met sogenaamde "aftrede" begin van 2018 'n lang vooraf beplande skadunet tonnel begin bou van 6m x 4m by 2.5m hoog - Natuurlik met my getroue en bekwane tuiningenieur se hulp!!!, ek is mos effe kruppel!!!

.

Hier is raamwerk van hek (met my anysplante teen betonmuur in agtergrond (ook ander storie vir 'n ander dag).
.

.

Ek het hele konstruksie gedoen met 50mm plastiese waterpype, en slegs hek se hegpunte/skarnierpunte is van staalboute. Res van konstruksie is gegom, en op strategiese plekke met aluminium klinknaels aanmekaar geheg. KAN uitmekaargehaal word indie verskuif moet word.

.

Hier is skadunet nog NIE styfgespan nie, alles in wording.

.

Van ander hoek geneem.

.

.

Hek se handvatsel!!!!

.

Vanuit ander hoek, met aan linkerkant in voorgrond deel van my roosmaryn plante, het ongeveer  10 bosse van tot 1.5m hoog, baie erg oor die gebruik daarvan, braai en berokensdoeleindes.

.

Binnekant van hok, staalraamwerke waarin vierkantige "bees-lek"houers, en ander gekoopte plastiekhouers gebruik word om in te plant, selfs 20liter verfhouers ens., kan gebruik word, en NIKS raak aan die grond nie. Dit is op gerieflike werkshoogte, en die staal wat van in grond ingaan, is besmeer met ghries om miere en slakke weg  te hou van alle plante. Die wit 20mm plastiekpypraamwerke onder is met "bobbejaan-plastiek" grid gedoen, om toekomstige aanplantings van komkommmers en pampoentjies weg te hou van die grond af. Na die bokant toe tussen die 2 raamwerke kom ohiesdraad gespan op alles wat kan oprank, na boontoe te lei.

.

So klompie kruie ens., maand of wat terug. Nou met koue is alles eers effe dooi, en net uie en beet direk in grond langs die raamwerke, nie hier gewys nie. Ons maak maar gereed vir plantery DV September. 

Hier is van ou jaartboontjie stoele wat die bouproses oorleef het, en darem oes kon klaarmaak. Ek konsentreer meer op die tipe boontjies, gee met baie minder plante meer peule vir gebruik as enige ander plante.

Ons oes elke jaar genoeg om hele winter deur te verskaf (gekerf en gevries - ook 10cm lengte stukke ) tot  volgende oesseisoen.

Ek moes in 2016 met my siekte vir die eerste keer sedert omtrent 1977 spinasie koop!!!

En, ja, Arie, ons moet maar sulke goete eet, met sekere persoonlike  gesondheidstoestande is dit ongelukkig nodig!!!!!

Maar spesiaal vir Arie, heerlike groente, spesiaal met vars roosmaryn voorberei!!!

.

.

Dit is dan MY TUINMAKERY!!!

 

 

 

 

 

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 14/07/2018 - 14:02

Oom Frans, sjoe, oom is n besige mens. Daai is een moewiese groot pampoen en het my teorie daaroor.

Testeroon! Daar was baie naby daai pampoen gepiepie, oom Frans was  nog jonk en die wat die pampoen so muscles gebou het. ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus