Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -16 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Kruie om te plant en hulle voordele

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek het hierdie raakgeslees op afrikaanseforum.co.za

*geleen van 'n kunstenares vriendin Maree.  :notworthy: :icon_salut:    -deur Meraai

Bergpatat help met gewigsverlies omdat dit die metabolisme stabiliseer.

Bitterbos help om die lewer te ontgif en kan met sukses gebruik word vir mense wat lewerkanker, hepatitis en lewerkwale het.

Dasbos en Balderjan help om nn verkoue uit te sweet.

Dasbos en Karmedip help met blaasontsteking en ander blaasprobleme, asook prostaatprobleme aangesien dit verseker dat die blaas behoorlik geledig word.

Dasbos en Klipgruis ontgif die liggaam en help met nierprobleme omdat dit die waterbalans in die liggaam reguleer.

Dasbos en Renostertop versterk die longe in pasiënte met tuberkulose (TB).

Dawidjie-wortel help met die geheue.

Dermpoeier bestaan uit 14 verskillende soorte wortels wat op ‘n maalklip gemaal word en help met toestande soos spastiese dikderm, geïrriteerde dermsindroom, maagsere en hardlywigheid.

Gifbolblare versnel die genesing van wonde en bedsere.

Grashout verlig winde op die maag.

Kalmoes help mense wat wil ophou rook deur rooklus meer hanteerbaar te maak.

Kaneelbol stabiliseer bloedkondisies soos bloedduk, bloedsomloopprobleme en spatare, en cholesterol.

Kankerbossie en Karmedip verlig die simptome van blaaskanker, prostaatkanker en kanker van die pankreas.

KANKERBOSSIE, DIE KONING VAN KRUIE
Kankerbossie is die kruie met die meeste streeksname, dit word in die Karoo Willekeur, Kalkoentjies of Gansies genoem,  in die Overberg word dit Keurtjies genoem en in die Weskus word dit Jantjie Berend. As n mens met ouer mense praat en vra watter kruie hulle die meeste gebruik het, is die antwoord meestal ‘Keurtjies’.

Meeste kruie wat 'n mens gebruik, word gebruik vir 'n 3-maande periode, dan los 'n mens dit vir 3 tot 4 maande om die liggaam tyd te gee om die genesing verder te vat. Dit bly vir my interessant dat die moderne mens klaarblyklik vergeet het dat die menselike liggaam so ontwerp is, dat die liggaam homself keer op keer self kan genees. Dis hier waar Kankerbossie inkom, dit hou die immuunstelsel sterk en as dit sterk is, word al die organe ondersteun. Hierdie krui is al een wat jy jaar in, jaar uit kan drink, elke dag.

Daar is onlangs baie navorsing gedoen oor Sutherlandia frutescence en wetenskaplikes het onteenseglik bewys dat Kankerbossie die immuunstelsel versterk en dat dit die hoof-kruie is om voorkomend kan drink. Mans hoef nie te wag om 40 jaar oud te word om Kankerbossie saam met Karmedip te drink om n gesonde prostaat te verseker nie en vrouens kan Kankerbossie saam met Katjie-3-Blaar gebruik om te help met die geweldige simptome van menopouse.

Dis wetenskaplik bewys dat Kankerbossie TB en HIV pasiënte help met hulle geweldige gewigs-verlies, want dit help om pasiënte 'n eetlus te gee, asook met die bou van spiere, na 'n lang siekbed. Hierdie kruie help ook met angstigheid, die vloek van die moderne eeu, omdat dit die Kortisol vlakke in die liggaam verhoog. Kankerbossie het ook anti-inflammatoriese en anti-oksidant komponente en kan ook verligting gee vir mense met tipe 2 Diabetes. Hierdie kruie moet langdurig gebruik word, mens kan dit nie net vir 3 weke gebruik en dan tot die gevolgtrekking kom ‘dat die kruie nie werk nie’.

As ‘n mens kruie gebruik, is 'n mens deel van die proses van jou genesing, want jy moet toegewyd wees om te onthou om dit daagliks te gebruik, dit gereeld voor te berei en ook emosioneel betrokke te word met jou fisiese herstel. Toe ek begin kruie gebruik, het ek begin leer om te luister na my liggaam en besef elkeen van ons ken ons liggame die beste en deur bewus te wees van hoe jou liggaam werk, so kan jy voorkomend te werk gaan.

Katjiedrieblaar help met hormoonbalans, premenstruale-sindroom (PMS), menopouse en warmgloede. Kan met groot sukses gebruik word in die plek van hormoonvervangingsterapie. In kombinasie met kankerbossie kan dit gebruik word om die immuniteit van kankerpasiënte te verbeter.

Kraalbos versterk die kopvel sodat dit verhoed dat hare uitval en die teruggroei van hare stimuleer. Dit verbeter ook algemene kondisie van hare.

Knoffel – Koning in jou tassie van winter-doepas
Die winter is die tyd dat die imuunstelsel oortyd moet werk om al die verkoues, griep en brongitis hok te slaan en hier is organiese knoffel 'n uitstekende bondgenoot. Rou knoffel, knoffel in sop, knoffel saam met Dasbos en Klipkruie help om die liggaam sterk te hou deur die wintermaande.

Die meeste knoffel wat mens in supermarkte koop, word ingevoer uit China uit, waar dit baie keer geneties gemanupileer word om min of meer almal dieselfde te lyk en bestraal word om te voldoen aan invoer vereistes. In die Karoo, naby die klein dorpie Loxton, is Johan Scholtz al n paar jaar besig om organiese knoffel te verbou. Ek het dit onlangs begin gebruik en ek kon nie die verskil glo nie! Die knoffel smaak anders, “lewendig”, sou ‘n mens dit kon noem. Ek is baie gelukkig dat ek so naby die knoffellandery woon, want ek sal van nou af sorg dat ek nie sonder hierdie bondgenoot is nie. Johan se tel nr is 0533 813 905 en sy e-pos adres is elandshcoltz@gmail.com.

Onder Boererate, is daar ‘n resep vir gout en artritis, waar ‘n mens 1kg knoffel gebruik en hier is ‘n geleentheid om organiese knoffel te gebruik. Trouens, dit is noodsaaklik om organiese knoffel te gebruik, as jy knoffel medisinaal gebruik.

Kruitjie-roer-my-niet verlig tenniselmboog, heupprobleme en verstuite gewrigte. Dit is uiters giftig en moet slegs uitwending en met groot versigtigheid gebruik word.

Lukwartboomblare en Rooivergeetwortels verbeter suikervlakke in diabetes-leiers wie terselftertyd ‘n gesonde dieetprogram volg.

Manskruie verminder impotensie.

Manskruie en Vrouekruie kan help vir mense wat sukkel om swanger te raak.

Oogbossie help met oogprobleme soos oë wat baie water, asook met katarakte.

Oondbos verlig hoofpyn, gewoonlik in kombinasie met ander kruie wat waarskynlik die hoofpyn veroorsaak.

Rooivergeetwortels en Jakkalsbos help met hartprobleme, veral na hartomlynings aangesien dit bloed versterk en die orgaan help om trauma te hanteer.

Velpoeier help met ekseem, psoriase, gordelroos en kopluis.

Vlak-grashout is ‘n vinnige maar sterk manier om van ‘n verkoue ontslae te raak.

Wildepampoen verlig rugpyn.

Wynruit, Wilde-als en Nieshout genees longkwale, asma en brongitis.

BRON: Met erkenning aan Maree en haar oes vanuit: Vanaf Kruie Kraai Koning 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 12/08/2018 - 16:01

Dankie Frans, ja die Anys gegeurde boegoe by my is Agathosma capensis ,  volksnaam is Steenbokboegoe.Wat Neels se Anys is, weet ons nie.  Hier groei nie n ander inheemse plant in my omgewing wat n anysgeur het nie.

Ek gebruik maar boeke om my te help, het n redelike versameling erkende naslaanwerk vir die area.  Google is n goeie beginpunt, stem saam daar.

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 12/08/2018 - 17:00

Frans, ek weerspreek jou nie oor wat jy sê van Google nie.   Ek dink egter mens kan soms misleidende informasie kry op Google ook.   Ek sien nou die dag my apteker het 'n kennisgewing wat klante waarsku om nie medisyne volgens Google aan te koop en te gebruik nie.   Ek vra hom toe daaroor (ken hom van kindsdae af) en hy sê toe vir my dit is soms gevaarlik hoe mense verkeerde inligting op Google kry, veral wat aanbetref rate vir skete en kwale.

Maar ek gebruik ook Google gereeld en deesdae as mens iets meer wil weet oor 'n ding, dan gaan hoor jy by Mrs Google.laugh

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 13/08/2018 - 08:30

Freda, nadat ek nou 15 minute sit en antwoord skryf vir jou, druk my skewe vinger verkeerde knoppie en weg is alles. Ek kan ongelukkig nie weer alles skryf, effe gedruk vir tyd.

Ongelukkig moet mens van google (internet) gebruik maak om by sekere inligting uit te kom. Daar is darem verhandelinge van mense wat erg gestudeer het ook beskikbaar, nie sommer net ouens wat soos, ek, net gelees het nie!!

Dit is die rede warom ek elke keer my bron van Gerald (Mossie) Moskovitz van Sing Fefur plaas, http://www.herbsorganic…, dit is 'n hoogs bekwame  apteker, wat aptekerswese gelos het en verder kruie bestudeer het, en op hulle kruieplaas kweek, vermeng, verpak en versprei.

Groetnis (kan nie blommetjie opsit nie, rekenaar steeks) crying

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 21/02/2020 - 16:34

Hendrina Groenewald vra hierdie vir my op Facebook:

"Anton Kan iemand my help met hoe maak mens kaneelbol tee"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus