Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -2 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -3 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 26/05/2017 - 07:26

Ek hoop almal is op en wakker en lus vir die nuwe dag.    Voortrekker, jammer om te hoor van jou seuntjie.  Ek hoop hulle het vir hom netjiese stekies ingesit langs daai ogie.   En Fransman, bly julle is veilig tuis.   So kom en gaan alles.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 26/05/2017 - 09:47

Ek loop nou al die hele week met n kierie. Het 'n letsel vanuit my jeug toe ek 25jr terug met motorfiets ongeluk gemaak het. Staal plaat en 16 skroewe in linker been. Elke winter net na die koue begin dan looi hy my vir so n week.   Ek wil gaan koffie maak, maar moet eers moed bymekaar skraap om die lang trappe onder na die kombuis aan te pak.

0

Ai Voortrekker en so verniel ons onse lywe met ons stuitige jeug .So gepraat van kierie die ou oom en n paartjie met 7 kinders staan by die busstop .Die ou oom tik ,tik so op die grond met sy kierie wat die jongman verskriklik irriteer.Toe die bus daar kom is daar net genoeg plek vir die jongman se vrou en 7 kinders hy en die ou oom moet wag vir die volgende bus .Tik ,tik tik die ou oom op die sypaadjie en die jong ou vererg hom en se Oom daar by die hardeware winkel verkoop hulle sulke rubbers wat jy op jou kierie se punt kan sit .Se die ou oom Boetie as jy n rubber op jou kierie gesit het het ons al 2 plek op die bus gehad  Moreel van die storie Moenie met n ou oom sukkel nie laugh

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 26/05/2017 - 14:08

Dankie Dassie, jy kry dit altyd reg om my so lekker te laat lag!   

Ek gaan nou hier by die kombuisie van ons ablusieblok in om Jik water aan te maak vir die vadoeke.  Ek vat die bottel Jik en voel iets kriewel teen my vinger.  Hier sit 'n helse groot bobbejaanspinnekop.   Ek gooi die bottel Jik in die wasbak en die spinnekop begin rondskarrel om te ontsnap.   Ek gril dat die hoendervleis my uitslaan, maar wil hom nie graag doodmaak nie en Colin is dorp toe.  Aan die ander kant wil ek hom nie daar los nie want dan gaan ek nie in die kombuis wil ingaan nie.   Hy gaan sit agter die Sunlight Liquid.  Ek vat die besem en kantel eers die Sunlight bottel in die wasbak in en met een beweging vee ek hom  grond toe, maar hy hardloop onder die groenterakkie in.  Ek staan buite, stamp en druk met die besem teen die groenterak.   Hier kom twee werkers verby, sien hier is iets verkeerd en kom nader.  Ek sê, help my, maar moet hom nie doodmaak nie.    Hy skuif die rakkie, vat Ta met die hand en dra hom 'n hele entjie weg.   Die twee loop lag-lag  en kopskuddend hier weg oor die miesies!

0

laugh Freda ek sien in my geestes oog hoe jy skarrel oor daai spinnekop .Maar by gese daai goeters is lelik verby maar heel onskadelik .

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 27/05/2017 - 06:03

Goeiemore! Gedink ek gaan bietjie later lê vanoggend.  Wie het nou gedink dat 'n stukkie staal 'n man so nederig kan hou. Trek hy my uit die bed uit en vat ek maar n warm bad om die ou been van my beter te laar voel.  Sit ek maar hier op my stoepie, drink koffie, luister na hane wat kraai en lees hoe mooi  volwasse en vredevol die kampforumers (nuwe woord) hier gesels.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 27/05/2017 - 07:44

More Voortrekker en al die ander kampforumers.    Dis koud, maak daai koffie lekker warm en geniet 'n vredevolle Saterdag.   Die wat belangstel in rugby, hoop jou span wen.  My span speel eers more teen my hometown span.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 27/05/2017 - 14:00

Dagsê almal  -  ek weet dit is 'n bietjie laat om te groet, maar ek het 'n goeie rede daarvoor.  Terwyl julle julle koffietjies gedrink het, was ek om 08:00 by die tandarts, nie vir 'n noodgeval nie, 'n gewone besoek.  Ja, glo dit as julle wil, hier by ons in die Kaap is ons tandartspraktyk op 'n Saterdag ook oop en aan die werk ! 'n Lekker groot praktyk met 'n klomp jong tandartse wat wil werk !  Dit wil mos nou gedoen wees !

Ons wag nog geduldig vir reën, tot dusver nog net stof nat gemaak  -  om presies te wees, die afgelope drie dae 2mm gehad !

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 28/05/2017 - 08:14

Dankie Voortrekker, my koffie is oppad.   Ek hoop jou been voel beter vanoggend?

Geniet julle Sondag, maters.   Seën vir almal.

0
Centurion

Dusty

Mon, 29/05/2017 - 04:29

Goeie more almal,

Tee gemaak en dit maak my lekker warm binne. Koffie ook aan die gang.

Vanoggend kan ek voel die koue is oppad. Temperatuur het geval tot by 6° met 'n koue wind saam met dit.

Lekker dag vir ieder en elk en ook 'n geseende week

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 05:25

Ek ook alweer vroeg wakker vanoggend.  Wakker gelê vir 'n ruk, toe kry ek lus vir my tee.  Nou sit ek maar so rukkie hier, dan kruip ek weer bietjie in.   Een van die lekker dinge van pensionaris wees.smiley

Die gaan 'n kort week wees vir ons.  Ons is basies nog 2 dae by Dibiki, Woensdag pak ons op en Donderdag trek ons Plettenbergbaai toe.   Die maande vlieg baie vinnig verby.

Ek hoop niemand het 'n Bloumaandag nie en dat die week vir almal 'n goeie een gaan wees.

0
Centurion

Dusty

Tue, 30/05/2017 - 04:28

Goeie more almal wat hier kom deelneem,

Lekker fris oggend vanoggend. Temperatuur daal nou elke oggend meer.

Vandag 38 jaar gelede is ek en my vrou in die huwelik bevestig. Ek dink sy verdien 'n medalje om so lank saam met my te wees. 

Lekker dag vir elkeen.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 30/05/2017 - 06:53

Goeie more vriende, die ketel kook, wie soek 'n koppie warm boertroos op die koel Dinsdag oggend?

Mnr en Mev Dusty, baie geluk met jul 38ste herdenking, mag julle nog baie saam geniet.

Ons gaan nie nie vir julle sing "Kinners by dosyne" nie?, maar mag dit vir julle 'n heerlike dag wees.

0
Centurion

Dusty

Tue, 30/05/2017 - 07:07

Dankie Johann.

Nee, daar is nie kinders by dosyne nie. Slegs twee

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 30/05/2017 - 07:28

Ja, die koue maak dat ek behoorlik bokspring om by die ketel uit te kom.  Kan nie wag vir my warm koppie tee nie.   Geniet julle koffietjie.

Baie geluk met die 38 jaar Dusty.  Dit is 'n groot voorreg.   Geniet julle dag saam.

0
Centurion

Dusty

Wed, 31/05/2017 - 04:55

Goeie more almal,

Tee al gedrink en 'n koppie koffie ook.

Middel van die week. Geniet dit

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 31/05/2017 - 07:51

Dankie, ek het klaar my tee geniet, gaan nou ook koffie maak.   Waar is ons koffiedrinkers dat hulle so stil is?   Frans het gesê hy gaan besig wees met werk en bietjie stil raak, solank hy net nie weg raak nie.   Voortrekker, hoe gaan dit met daardie been?   Raak dit darem al beter?

Ek sit nou nog bietjie rustig, voordat ons later moet begin kamp afslaan.   Gelukkig lyk dit altyd na meer werk as wat dit op die ou end is.   Ons laaste slapie by Dibiki vanaand.

Lekker Woensdag vir almal.  Wie gaan braai vanaand?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus