Gisteraand weer die alombekende, afgesaagde oeroue stories moes luister, oor hoe sleg dink nou eintlik gaan hier in ons pragtige stukkie paradys. Snaaks die manne wat dan weet hoe sleg gaan dit hier, ry almal die nuutse en groot motors, alles wat maar kan oop en toe maak in hul karavane en as hulle nie kla oor die land nie moet ons hoor hoe goed doen hul kinders, almal hier in SA en almal met top poste en moewiese salarisse. Toe ek nou so klein bietjie positiewie tyd in die treurmare wou inbring, word ek vertel dat hul net realisties is????? Ek hoor dit nogal gereeld.
Vroeer so bietjie in die veld gaan stap, leeker myself sit gemaak op 'n boomstomp met 'n mooi uitkyk op so kleinerige troppie blesbokke wat wei en in die koelte le en rus.
Sit toe so en kontempleer die lewe en wat is die doel nou eintlik van ons mensdom hier op aarde. Ek het maar altyd geglo ons hoofdoel is om andere te help, maar ek dink toe so bietjie verder oor ons probleempies hier in die land, en aan gisteraand se gesprek.
Ek kan om die dood nie sien dat 'n positiewe uitkyk onrealisties is nie, jy KAN mos positief wees en nog steeds realisties?? Net so goed kan jy pesimisties wees maar die positiewe realiteit miskyk.
Elke dag hoor' lees, sien ons net moord doodslag, brand protesteer, ens, ens en dan maak ons daai ons eie en leef daar mee saam dag en nag, en ons raak al hoe meer depresief en agresief. En wat vir my vreeslik erg is, waneer mense kuier en soos deesdae die mode is begin almal praat oor moord, inbraak en al daai goed, en die pragtige onskuldige klein kindertjies sit met groot ore en luister, ai tog hulle word sommer van geboorte af gebrein spoel dat die lewe bestaan uit geweld, vernietiging, verkragting en so meer. Ok g'n wonner dat so baie aan drugs verslaaf is nie!!!!
Ja ek is realisties, ek weet maar baie goed dat ons groot probleme het, en dat dit nie maklik opgelos sal word nie, gelukig hoef ek my nie daaroor te bekommer nie, daar is Iemand wat dinge sal regmaak.
Ek wend 'n doelbewuste poging aan, elke oggend as ek wakker word;
Om altyd die mooi of die beste kant van iets te sien.
Om ten minste een persoon 'n opregte kompliment te gee
Om ten minste een persoon daadwerklik te help met iets
Om van gister se probleme te vergeet, kan niks meer daar aan doen nie
Om net oor nou bekomerd te wees, help nie om te worry oor netnou nie, ek dood dalk voor dit realiseer
Om my kinders te los om hul eie ding te doen, hetsy hier [waar nog baie geleenthede is] of dalk oorsee groener weivelde te gaan soek, ek het my lewe gehad, hulle moet nou opsnork.
Om my nie te bekomer oor my kleinkinders se skool opvoeding, gaan hul werk kry of nie, ai tog ek kan mos nie my kop breek oor iets so ver in die toekoms nie, vir al wat ons weet is ons ekonomie daai tyd dalk sterker as Amerika en China s'n saam?
Die tyd waarin ons nou leef is die volgende geslag se "Goeie ou dae!" elke generasie het sy probleme en die wereld draai en bestaan nog steeds.
Ons worry ons vrek, word grys oor goed wat heeltemaal buite ons beheer is, al wat wel binne ons beheer is, is om ons klein kindertjies te beskerm teen al die praaitjies, hoe ek almal sal vrek skiet as hulle my plaas wil vat. Sou iemand veral 'n anders kleurige tog per ongeluk voor ons inswaai op die pad, moewiese vloek woorde, "ek sal jou vrek donner" en so is daar talle voorbeelde. Ai tog metwatse gesindheid word so onskuldige bloeidjie tog groot?
Nee wat ons paaidjie is lankal vir ons uitgestippel, niks wat ons doen kan dit verander nie, nou hoekom dan so vreeslik oorreageer oor 'n politikus se toespraak??
Alles waar wat jy sê, Arie. …
Alles waar wat jy sê, Arie. Veral die deel oor die kinders is vir my ook 'n steen des aanstoots. Ek hou niks daarvan dat sulke gesprekke voor kinders gevoer moet word nie. Net so wonder ek dikwels oor die arme kinders wat in die plakkerskampe woon, kinders wat die protesoptogte, geweld en selfs moord sien. Ek wonder dikwels hoe kan hulle dit ooit regkry om eendag "anders" te wees as die voorbeeld wat aan hulle gestel word.
Nou wat kan Neef bydra. So…
Nou wat kan Neef bydra. So gedaan met al die negatiwiteit, maar selfde tyd so bekommerd. Gaan ons twee oues hier so op die buitekant van samelewing ook maar net n statistiek word, is die jong klomp wat naweke mekaar moor, en kwaad is vir almal, nie rede tot bekommernis nie.
Gisteraand kuier n ou mater hier, in ons jong dae het ons menigte maratonne afgedraf, nou het hy kanker. Besluit na n paar bottels wyn dat n Afrika toer beplan moet word, en sou die ergste nou moet gebeur, dan is dit nou maar so, elk geval is ons eintlik nou verby die beste.
Gaan nie verder probeer filosofeer nie, hopeloos te eenvoudige mens. Mooi loop.
Mens kan tog seker…
Mens kan tog seker realisties wees en posItief...Dit is soos om n spaarwiel saam te ry as jy met verlof gaan. Jy is dalk positief dat jy nie n papwiel sal kry nie maar dit sal beslis stupid wees om deur die veld te gaan ry sonder daardie spaarwiel.
Positief wees dat daar nie by jou ingebreek sal word nie... waarom dan n alarm en sekerheids mense......
Deon, ek dink jy sien…
Deon, ek dink jy sien positief in 'n heel ander lig as ons??
Ja virseker gaan jy eendag 'n spaarwiel nodig kry, MAAR dit is hoe jy daai geleentheis om die wiel te ruil benut, gaan jy vloek en moan, jou vrou laat skuldig voel omdat jy weer so moet sukkel, of gaan jy die geleentheid gebruik om sommer so bietjie van die ryery te ontspan en kyk wat om jou aangaan.
Die regte positiewe uitkyk sal ook wees om dankbaar te wees dat jy moes stop om die wiel te ruil, as jy nie gestop het nie was jy dalk op 'n verkeerde tyd op 'n verkeerde plek en was dalk in 'n moewies motor ongeluk betrokke??
Alles gebeur met 'n doel, ons moet net soek vir die doel hoekom iets gebeur het?
Dit is net soos wat ek gereeld hoor, "Wonderwerke gebeur nie meer in die moderne wereld nie??" Hey, skrik wakker dit gebeur heeldag en aldag om ons, ons is net te negatief om dit raak te sien!?
Ek het sowat 7 jaar terug die tuig neergele, toe Petra met kanker gediagnoseer was, ons het besluit om die tyd wat oor bly saam te geniet. So jaar in ons toerdery in, 6 jaar gelede, het twee onkoloee vir ons vertel dat Petra net uiters ses maande het om te leeef, sy reken toe dat g'n mens vir haar kan vertel hoe lank sy sal lewe nie. Twee en 'n half jaar terug, vertel die onkoloog in Richard Bay waar sy in die kanker kliniek opgeneem was dat ek maar die kinders moet laat kom om te groet???
Nou ja hier sit sy saam met my op die stoep en gee my al my dae!!
Sy weier flat weg dat ons ophou met die kampery, sy reken sy is net so normaal soos enige ander vrou, ja sy sit met wonde in haar mond en in haar lies wat glad nie genees as gevolg van bestraling, sy het dooie voete as gevolg van chemo, sukkel om te loop, sukkel baie om te eet, het heeldag pyn, MAAR sy smile altyd en as iemand vra se sy altyd "Baie goed dankie, kan nie beter gaan!"
Dit is positief, sy het net geweier dat die negatiewe goed haar baas word, sy sien net die goeie goed!
Oom Arie. Positief kan net…
Oom Arie. Positief kan net een betekenis hê. Ek is positief maar nie stupid nie.. Ek aanvaar nie sommer net als gaan maanskyn en rose wees nie. Maar ek loop ook nie en bekla my lot by almal by elke braai nie.
Ek sien altyd die humor in als raak en so ook die positiewe.
Om daai wiel te ruil pla my nie, ek laat Hel1 dit doen. dit is minder werk
Arie, dis is nou "FIGHTING…
Arie, dis is nou "FIGHTING SPRIRIT".
Ons een vriendin is ook net so 6 maande gegee en sy het 'n goeie 5 jaar plus nog gelewe.
Sterkte vir julle.
Deon, baie mense glo om…
Deon, baie mense glo om positief te wees glo jy niks gaan met jou gebeur nie, ongelukig is die lewe nie so nie, baie dinge kan en sal maar altyd verkeerd gaan.
Kyk maar net na ons leiers, so baie dinge loop verkeerd - negatief beteken dat jy net die verkeerde dinge raaksien en dit jou eie maak.
Positief beteken dat, alhowel daar baie dinge verkeerd is, kyk mens na die goeie goed en maak dit jou eie, dan gaan mens nie so swaarmoedig deur die lewe nie, en ja daar is baie dinge wat die 'nuwe" [ok nie meer so nuut nie] regering oor die laaste 24 jaar gedoen het!!
Plaas dat ons liewer daarop konsentreer en hul krediet gee daarvoor, sal die meeste mense liewer videos en stories op sosiale media versprei wat net gemik is daarop om almal se bloedruk op te jaag en te loop en vertel hoe hulle die barbare sal vrek maak?
Om elke aand te gaan slaap met sulke haat gedagtes gaan jy jou self tog surely ongelukig maak?
Maar ja elkeen sien dit soos hy/sy dit wil sien, en dit is elkeen se volste reg, ek kritiseer nie daai mense nie, hul mag dinge anders sien as wat ek dit sien en ervaar, en dit is goed so, ek doen maar net wat my gelukig maak.
Wonder nou nog wat het van daai moerse emigrasie van al die blanke boere Australia toe geword, of het hul dalk bietjie opgesweep geraak en nou is hulle maar stil?
Ek glo net as ons mekaar liewer opsweep met goeie gedagtes en dade ons nog lekerder in hierdie klein paradys van ons gaan lewe?
Daarshy Arie, baie gepaste…
Daarshy Arie, baie gepaste fred vir die forum, ek prober om ook altyd positief te wees al gaan dit partykeer maar swaar!
Oom Vleisballetjies, eintlik…
Oom Vleisballetjies, eintlik baie maklik kyk net elke dag om jou rond.
Laasmaand het omtrent almal gal gebraak oor die hoe brandstof prys, mens sou sweer "doomsday" het aangebreek, nou is dit doodstil en almal wat so gekerm het beplan alweer hul volgende vakansie????
Ek kyk elke dag in die kamp, as ons in die winkels is, op die paaie, dan bessef ek weer, shit maar ons leef goed hier!!!!
Afrika is maar in my bloed, sal nie op ander plek aard nie - NZ ---- hopeloos te veel reels en regulasies, mens mag glad nie vir jouself dink nie!
Australia --- net soos NZ en te duur?!
Amerika, nee wat nie terwyl Trump daar is nie, dam kyk net wat het die skottel met ons R gedoen!!
Nederland, te koud!
So kan ek aangaan.
Wonder soms almal hier in ons land wat die land so sleg maak en beswader, maar hul bly maar hier, of kan hul nie werk kry daar annerkant nie????
Ek het al baie genoem, sal maar weer herhaal, ek ken niemand wie se kinders of hulself nie werk het nie, ken ook niemand wat finansieel swaarkry nie?
Arie, dit is goed en mooi…
Arie, dit is goed en mooi dat jy mense wil inspireer om positief te wees. Ek glo darem nie die lede, soos ek hulle leer ken het op die forum, lewe met negatiwiteit nie. Ek dink almal besef hulle het baie om voor dankbaar te wees en 'n positiewe houding is tog net beter vir jou eie omgang en geluk elke dag.
Ek dink dit is meer 'n geval van mens kan nie help om bekommerd te wees oor alles wat rondom ons gebeur nie. Dit is tog nie lekker om daarvan te hoor en/of dit te sien nie. Mens kan tog nie met oogklappe deur die lewe gaan en maak asof dit nie bestaan nie. Ja, ons moet ook nie toelaat dat oogklappe ons verhoed om die goeie ook raak te sien nie. Laat ons nou maar eerlik wees, ek dink ons raak al afgestomp, seker tot die dag dat daar iets regtig sleg met ons persoonlik gebeur?
Herman se stelling dat hy en Vonnie alleen op hul plaas, daar in die berge is, is tog rede tot kommer want mense word aangeval en vermoor op plase, dit is tog 'n werklikheid. (Herman, ek hoop regtig julle is darem so ingerig dat jul redelik veilig is? Jy kan ons gerus daaroor gerusstel.)
En Arie, ek glo jou en Petra se situasie, is die hoofrede hoekom jy een dag op 'n slag die lewe aanpak met positiwiteit. Julle kon so maklik in sak en as verval het, ek haal my hoed vir julle af. Ek is regtig jammer dat Petra so baie ongemak verduur en wens haar opreg net goeie dae toe en dat sy nog lank vir jou gespaar sal bly.
Antie, my inset was glad nie…
Antie, my inset was glad nie gemik op iemand hier nie, ek sien maar net op face book en hoor so met die kuier saam hoe kwaad is die mense!
Ja mens moet bewus wees wat om jou aangaan, en dan moet mens natuurlik die nodige voorsaorg tref, maar meer as dit kan jy nie doen nie!!
Om te vloek en skel, vertel hoe jy mense gaan vrek skiet aan jou niks help nie, ek het met die oorlog in Zim geleer dit is toe ook glad nie so maklik om jou wapen op iemand te rig en hom dood te skiet nie, vir my en baie vir my makkers in elk geval was dit maar moeilik. makliker om in 'n bondel te skiet dan weet jy nie of jy iemand gedood het of nie?
In elk geval ek glo dat jou paaitjie vir jou uitgele is, en om jou dood te bekommer daaroor gaan jou niks behalwe grys hare in die sak bring nie!?





Wat anders kan ek sê ?