Ek sien Warren het hierdie foto's op kampforum se FB groep gedeel.


Ek wil nou nie weer op…
Ek wil nou nie weer op dieselfde ou snaar tokkel nie. Maar sleepspoed........
Ek volstaan daarby dat as jy stadiger sleep (90 kph) gaan jy meer beheer hê indien so-iets onvoorsiens gebeur. Hier kom die ding van positiewe optimisme weer ter sprake. Jy vertrou dat so-iets nie gaan gebeur nie. Maar wees voorbereid dat dit wel kan gebeur.
Dit is niks lekker nie. Kan…
Dit is niks lekker nie. Kan myself indink hoe hulle moes gevoel het. Sterkte vir die twee mense.
Dit is hartseer
Sjoe ek huil my dood as my karavaan so moet lyk . Chris ja stem met jou sleep spoed het dalk n rol gespeel maar ook is enige van ons ooit gereed vir so n situasie as daai voorwiel bars .
Voorwiel bars is maklik om…
Voorwiel bars is maklik om te beheer daai agterwiel is altyd sports. Hoe grooter band is hoe meer sports
Sal nou nie kan se of die ou…
Sal nou nie kan se of die ou vinnig of stadig gesleep het nie maar my mening is ook dat speod wel 'n rol gespeel het.
Ek is glad nie 'n voorstander vir 'n stabilizer nie en het nog nooit met een gessleep nie want volgens my gee die stabilizer jou net vals hoop. Ek is nog maar nuut in die sleep besigheid, sleep nou maar eers van so 1995 af, so dalk is ek verkeerd maar dit is hoe ek daaroor voel.
Daai Pajero het ook 'n stabilizer aan maar het verseker nie in die geval enige uitwerking gehad nie.
Baie jammer om van die mense…
Baie jammer om van die mense se skade te verneem...
Die vraag.... WAAR GAAN ONS NOU N NUWE JURGENS KRY?
Ons het daai ondervinding…
Ons het daai ondervinding dis hoekom ek nie in stabilizers glo nie
Ek is ook nie regtig n…
Ek is ook nie regtig n voorstander van n stabilizer nie. Dit steek soms onderligende probleme soos verkeerd pak ens weg.
Ek is maar tegnies gestremd…
Ek is maar tegnies gestremd. Verduidelik bietjie waarom om nie 'n stabiliseerder te gebruik nie.
Toe ek begin sleep het (Cressida en Sprite Sport kombinasie) het my wa begin swaai sodra ek 80 kph oorskry het. Na installasie van 'n Tando, was die probleem op 'n einde.
Sedertdien gebruik ek nog maar steeds my Tando ('n paar sleepvoertuie later en deesdae 'n Caravette 6B). Is ek nou soos die ou oom wat elke paar kilometer 'n bietjie poeier by die ruit uitgestrooi het. Toe sy passasier vra wat hy doen, sê hy dis leeupoeier om die leeus weg te hou. In reaksie op die passasier dat daar nie leeus in daardie omgewing is nie, was die oom se antwoord dat dit wys hoe goed die leeupoeier werk.
Nou wonder ek of ek ook spreekwoordelike leeupoeier uitstrooi met die gebruik van my Tando? Is dit nie nodig nie? Is dit gevaarlik? Indien wel, waarom?
Volgens...
Volgens ander berigte op sosiale media is die Pajero in 2009 tweedehands gekoop en het nog die bande opgehad waarmee dit gekoop is - dus minstens 9 jaar oud !
Ek wonder net waarheen gaan so 'n karavaan-wrak want met die JurgensCi probleem en die duur koste van nuwe waens, is dit NOU die regte tyd om 'n karavaan-skrootwerf te begin om gebruikte onderdele te verkoop. Op die foto is daar nie veel oor van daardie wa nie, maar daar sal tog bruikbare items wees.
Weet iemand of daar wel iewers al so 'n skrootwerf is ?
@ Chris. Ek was nog nooit n…
@ Chris. Ek was nog nooit n voorstander van n stabiliseerder nie. Eerstens soos ek genoem het steek dit onderligende probleme weg. As die wa reg gelaai is en mens pas jou spoed aan by die feit dat jy sleep en so ook jou bestuurs tegniek sal daar nie nprobleem wees nie.
Ek gaan nie vir jou sê jy moet nie met hom sleep nie, ek sleep sef ook soms met my tando, maar kon nog nooit die verskil agterkom nie. Ek wil ook nie my selg uitgee as n X pert nie. maar as dit dan nou werklik n verskil sou gemaak het sou daar mos al lankal wetgewing daar oor gewees het of tenminste sou die versekering dit vereis het.
Ek het iewers gelees dat die "ANTI SWAY" wat in somige voertuie ingebou is soos bv. Jeep ens nie regtig vir die gebruik is soos n stabelizer nie maar slegs vir die voertuig in bv. sneeu en ander glade pad oppervlaktes. ( ek mag dalk heel verkeerd wees oor dit)
Chris, dit is my mening en…
Chris, dit is my mening en ek kan nie vir jou se of dit gevaarlik met of sonder die stabilizer is nie. Mense wat die gebruik sweer by dit en gee glo gemoedsrus. Ek self het nog nooit met een gesleep nie en is so geleer deur my pa. Hy het wel 'n trapezium as geskenk gekry by iemand en een keer daarme gesleep en dit vinnig af gehaal toe hy weer by die huis gekom het.
My mening is dat jy, soos Segekok se, klein probleempies wegsteek en daarom se ek dit gee jou vals hoop. So baie ouens met die stabiliser en groot SUV motors sleep dat die stof staan want hulle het mos die stabilizer aan.
Ek sleep ook nie net 200 of 300 kilos nie, my Corolla en Super Sport het al die land goed plat gery en ek het al 2 keer wiele verloor op die Super Sport. Mens voel dit dadelik sonder 'n stabilizer en kan dadelik stop sonder om baie skade op jou wa te kry.
Chris...
Chris, ek is maar ook 'n leek, maar my opinie op jou vraag is die volgende :-
- Stabiliseerders is 'n "after market" produk om die werklike fout wat die swaai veroorsaak, te versteek. 'n Karavaan behoort nie te swaai indien dit korrek gepak is en daar nie fout met die bande is nie.
- 'n Stabiliseerder help wel om die sleur van wind wat deur 'n verbygaande vragmotor en gevolglike swaai veroorsaak, te verminder.
- Wat ek nie van hou nie, is die afwaartse druk wat die stabiliseerder op die A-raam veroorsaak wanneer die stabiliseerder daarin gehak word. Tydens 'n rit op 'n ongelyke padoppervlakte wissel hierdie druk op die A-raam voortdurend.
Ek kritiseer nie die gebruikers van 'n stabiliseerder nie want dit kan tog dien vir gemoedsrus, maar maak net seker dat jou wa nie swaai sonder die stabiliseerder nie sodat dit nie die ware oorsaak van swaai versteek nie.
Ek plaas hier n link na n…
Ek plaas hier n link na n gesprek wat alreeds op die hier bespreek was. dalk kan jy daar ook gaan loer or wat mense te seg het.
Ek het weer op die foudies…
Ek het weer op die foudies waargeneem dat die Pajero se agter band gebars het, vir my gelyk siis n rethread wat losgekom het, ek kan verkeerd wees...
Ek dink nie noodwendig dat…
Ek dink nie noodwendig dat dit 'n rethread is nie. My wa se band het laasjaar voor Colesburg gebars en ek weet dit was nie 'n rethread nie en die loopvlak het ook so los gekom.





Pajero Wiel bars
Voortrekker, vriend op 'n WhataApp groep het dit ook gedeel. is vriende van hom se mense. Soos ek verstaan is die ourrige mense en het gelukig nie ernstig seer gekry nie. Blykbaas het die Pajero se wiel gebars en als het afdraande van daar gegaan.