Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -50 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -14 hours ago

Ons bevolking en hul humeur.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Vrydagaand het die Watefront [kleinerige winkelsentrum] in Bela Bela afgebrand, was 'n grasdak kompleks met heelwat lekker kuier en eetplekke.

As gevolg van die tipe konstruksie is die plek totaal verwoes.

Lees ek vandag op Face Book 'n "nuusberig" oor die brand, lees toe sommer ook die komentare;

Ongelooflik hoeveel mense vra of dit die Waterfront in Kaapstad was, die nuusberig meld duidelik Bela Bela in Limpopo??

Ander vra hoekom so stokou nuusberig nou opsit is dit vir sensasie, hulle dink aan Spar wat so twee jaar gelede afgebrand het.

En dan die klomp wat dadelik met woede en die ongelooflikste kru taal uitvaar teenoor die "Barbare"

Een blanke dametjie, en volgens haar FB profiel foto lyk sy soos 'n middelklas dame van so laat dertig, het in 'n kort paragraaf die kruste woord wat mens kan gebruik vir die vroulike geslagsdeel, seker 7 keer gebruik!!

Baie vaar uit want dit sal dan nou die oorseese toeriste uit die land uit hou?

En so was daar seker so 200 komentare wat absoluut oningelig geuiter was.

Voorlopige ondersoek dui op 'n elektriese kortsluiting?

Ek kan nooit help om te wonder, die mense wat so na 'Barbare" verwys en dan in 'n taal wat geen ordentlike mens in die toilet sal gebruik nie, is hulle nie dalk groter barbare nie?

Wonder hoe voel daai mense as hul kindertjies daar lees, en dit is die F woord - P woord selfs die Vader se naam word gebruik om te vertel watse barbare die spul is. Baie vertel dan ook hoe sal hul daai spul gaan vrek maak en al sulke belaglike dreigemente??

Ek skaam my morsdood as my kinders moet dink ek reageer so en gebruik daardie absolute swak gekruide taal.

Ai tog, ons weet almal hulle het geen selfrespek nie - maar respekteer ten minste jou kinders asb?

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 26/08/2018 - 16:41

Die mense wat so aangaan moet n voorbeeld vir ander en hulle kinders wees eendag vloek hulle kinders net so dan is die ma of pa stom geslaan oor waar kom die kinders daaraan no

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 26/08/2018 - 17:26

Alweer afgebrand?    Ek begin al wonder of die mense nie die grasdak winkels opsetlik afbrand nie?

Ons was seker 6 weke gelede daar en het toe die nuutste een besoek waar kinders die diertjies kan kosgee ens.   Ken die eienaar redelik.

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sun, 26/08/2018 - 18:07

Arie, jinne, daardie gedrag (woorde - uitdrukkings) is eintlik maar die openbaring van werklike innerlike van die spesifieke mense. Soms verstaan ek dit ook nie (die mense wat so optree/handel/praat nie.

Ek staan redelik sterk teenoor mense (insluitend familie/kinders) wat hier by ons kuier en die werker/s is buite/binne besig om te werk, en daar word neerhalend/afbrekend gepraat van (die mense). Ek duld dit net nie, en het al amper kwaaivriendskap daardeur gehad.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 26/08/2018 - 18:11

Arie ek wou nog vra, vir wat kuier en lees jy op Facebook?     Dit is mos die tipe plek waar mense oor die algemeen min respek het vir hulle naastes?

Middag Frans!   Hoe gaan dit? smiley

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 26/08/2018 - 18:19

Arie, ons volk ook maar aansitterig, onseker, en aandag soekerig.  So as sou die gedrag bevraagteken, moet ons bietjie gaan wonder hoekom, en die antwoord is maar ook redelik voor die hand liggend, soos jy se opvoeding.

Neef glo so half dat ons dalkies eendag in n Mad Max situasie gaan leef, eenvoudig vir die rede dat geleerde, opgevoede en denkende mense so bekommerd oor die toekoms raak dat hulle min of gladnie kinders het nie. In ons vriendekring is dit n werklikheid.

Arie, so daai gedrag, is van n generasie wat oningelig,  glad nie bang om openbare mening te lug nie, baie selfversekerd in hul uitlatings.  Vergeet dit om te probeer n standtpunt redeneer.....

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sun, 26/08/2018 - 18:35

Voorie, ons kla nie en praat nie uit nie!!! (dit gaan goed, dankie!!)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 26/08/2018 - 18:58

My opinie :-

  • Om krities-beskaafd van ander te verskil, is 'n kuns en niks is daarmee verkeerd nie.
  • Om egter platvloers te kritiseer, openbaar jy 'n gebrek aan ordentlike opvoeding en heelwaarskynlik hoe oningelig jy is.  Die gevaar is ook dat kinders jou rolmodel volg, netsoos wat jy heelwaarskynlik jou ouers se swak rolmodel gevolg het, (want hoekom tree jy dan so op ?)
  • Sosiale media ontbloot gebruikers se karakters onteenseglik sonder dat hulle daarvan bewus is

Ons gewone mense moet maar op sosiale media die kaf van die korrels skei want 'n ou sal nooit die kaf-gebruikers kan verander nie - hulle ouers was nie geslaagd met hul opvoeding nie so hoe sal jy dit nou regkry

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 27/08/2018 - 02:48

Ek kom weer agter dat sommige mense dink dat hoe meer kru woorde hulle gebruik hoe sterker word hulle. Ek is weer geleer dat sodra iemand so tekere gaan dat hy alreeds enige bespreking/argument veloor het.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 27/08/2018 - 06:27

Op skool het ons n stukkie gelees en dan vrae daar oor geantwoord.. Dink dit was begrips toetse genoem... Die vermoë om te verstaan wat mens lees... Meeste mense op F/B slaag nie daardie toets nie.

Mense lewer sommer komentaar op inskrywings omdat hulle aanvaar hulle weet waar oor dit gaan.  In ingels is die woord ASSUME......make an ASS out of U and ME ...

 

 

0

Assumptions??.......Ek wou nou sê wat ek gewoonlik vir iemand sê wat sommer net "assume" maar aangesien dit 'n "kru woord' bevat sal ek maar eerder nie.......alhoewel dit baie waarheid bevat

0

Arie, jy moet onthou dat daai mense n baie belangrike en groot aanwins is vir die ekonomie van hierdie landjie.

Sonder hulle sit miljoene op straat en baie mense sal kripeer van elende.

Geen werk vir die polisie nie, geen hof amptenare nie, geen tronkbewaarders nie, geen prostitute of hulle kliente nie, geen skurwe kroeg met uitsmyters nie, niemand om raserige XR 6'se te tune nie.

Niemand om te verdedig in die hof nie, arme prokureurs, niemand wat vieslike goed op toilet deure skryf nie, arme verfwers!

Niemand om ons te laat giggle nie, soos nou die anderdag toe n man weer vra op n bekende kampgroep op Facebook - "Kan iemand my se hoe is die pad Kaap toe?" - liewe ouers, hoe oningelig kan jy wees in jou lewe, en jy is n man met kinders!!

En so kan ek aangaan oor daai groepie mense wat n belangrike doel het in die voedsel ketting van ons ou landjie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 28/08/2018 - 07:22

Oom vleisballetjies, daar sien jy alweer die positiewe kant, ja ek moet erken ek het negatief gekyk na hulle!!

Soos jy noem - hulle dra baie by tot ons ekonomie, dankie dat jy dit uitwys! Dan ook daai ouens wat die fords tune dat hulle lekker raas is natuurlik broodnodig vir my persoonlik en nie net vir die ekonomie nie!

0

Dink nou so daaraan, wie gaan nou al daai Ranger bonnetscopes, moddersprui, vlam stickers en al die ander krismisboom versierings koop as daai mense nie met ons was nie.

Nog n werkgewende industrie in sy m.......aai in!

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Tue, 28/08/2018 - 10:03

Môre Ooms Frikkadel en Arie,

Nou dat julle die draadjie in die FORD rigting druk.

Dit moet die ongelukkigste voertuigeienaars in die land wees - hierdie FORD bende.

Hy betaal enigiets van 400 tot 600 duisend rand vir 'n ryding waaraan hy dan R200 000 spandeer om die gedoente NIE soos 'n FORD te laat lyk nie, en hom net naastenby so tevrede soos die meeste van ons GEWONE outjies te laat voel.

Soos julle sê - hulle hou 'n groot mark met baie katoeterkies aan die gang.

Groetnis

213 dae

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus