Te pragtig
Slowstrike hulle is te dierbaar vir woorde . Ek vind myne as hulle verveeld raak dan vat hulle hulle grafies daai kort kampeer soort en grou gate wat vir niks skrik nie .Niks is veilig as die 3 besluit om op n jag ekspedisie te gaan .Die molle hier het hule "furniture" gevat en na die buurman getrek waar dit veiliger is ![]()
Kastrol - Leeu van die Wes…
Kastrol - Leeu van die Wes Transvaal.
Ontmoet vir Kastrol, die leeu van die Wes Transvaal. Regtigwaar die klein Jack Russel dink hy is `n leeu!
Stout!, het dit op goeie authority vanaf sosiale media dat hy `n direkte afstammeling van lucifer is!
Het net oe vir sy nooi, hy sal haar agtervolg waar sy ookal loop!
Daai jersey probeerslag was `n groot mislukking, volgende dag word die jersey in stukkies gevind.
Hehehe oom Dassie, dis hoe…
Hehehe oom Dassie, dis hoe dit die kant ook gaan.
Ons nuwe brak is nog op…
Ons nuwe brak is nog op moedersmelk. Gaan hom einde Oktober haal, Great Dane. Eintlik wou ons nie weer n hond gehad het nie, maar daar is nog tyd om een te geniet. Sy naam is Spyker. Ek hou van n rrrr... vir n hondenaam op die einde, hulle jou ook daarvan.

En so lyk Spyker as hy eendag groot is.

Ons 3 vier voet kinders
Ons 3 vier voet kinders.
Middel die nuutste Maxi (8 maande) Rhodiese rifrug/Boerboel.
Agter is Chocolate (5 jaar) Chiuahua/Jack Russel
Chocolate hou van Indiese disse, Nina is mal oor vis en Maxi sal ons nog moet sien. Die kat is te goed vir fotos. ![]()
Julle mag nie lag nie maar…
Julle mag nie lag nie maar die een is baas in die huis die honde buite moet maar lig loop
Gerhard, jy het jou kamera…
Gerhard, jy het jou kamera gedraai toe jy die foto geneem het. Daar waar die foto's gestoor is "edit" hom en stoor hom weer, dan behoort hy reg te laai. Ek het dit ook al gekry, die rekenaar draai hom reg maar hy laai nie reg nie, as ek dit gedoen het is hy reg.
Dankie oom Willem...
...Gerhard, jy het jou kamera gedraai
Laat 'n pensioenaris die jong rekenaar tegnikus reg help ![]()
Gelukkig..............
...................is ek en my annerhelfte verby die kinderskry-stadium - alle 2-been en 4-been kinders is lankal uit die huis en ons operate maar op 'n lock & go basis.
Wat ons by honde kan leer…
Wat ons by honde kan leer.........
As iemand wat jy liefhet tuiskom, hardloop om hulle te groet;
Moet nooit nee sê vir 'n pretrit nie;
Geniet die vars lug en die wind in jou gesig ekstaties;
Neem af en toe 'n slapie;
Strek voordat jy opstaan;
Hardloop, baljaar en speel daagliks;
Gedy op aandag en laat mense aan jou raak;
Moenie byt as 'n grom genoeg is nie;
Staan 'n oomblik stil op 'n warm dag en lê op jou rug op die gras;
Drink op 'n snikhete dag baie water en lê onder 'n skaduweeboom;
As jy gelukkig is, dans rond en swaai jou hele lyf;
Geniet 'n eenvoudige, lang uitstappie;
Eet met smaak en entoesiasme, hou op as jy genoeg gehad het;
Wees lojaal, moet nooit iets voorgee wat jy nie is nie;
As dit wat jy wil hê diep ingespit is, grawe tot jy dit vind; en
As iemand 'n slegte dag het, wees stil, sit naby en leun saggies teen hom aan.
Dan laastens hoekom lewe honde nie so lank nie
Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe en om almal altyd lief te hê,
Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie
Wonder maar altyd of die…
Wonder maar altyd of die honde "ouers" ook so harig is, blaf, knor en die been lig by elke wiel... ![]()
....ja Jacques, en ook buite…
....ja Jacques, en ook buite op die gras skyt?![]()
Ons moes mos vroeg Desember ons getroue ou Rottweiler laat uitsit en het nou 2 weke terug vir ons klein Jack Russel gekry - 7 weke oud en Saterdag my Boerboel gaan kry.....mensig maar die gaan 'n reus word. Die puppy weeg op 8 weke klaar 9.8kg. Die se pa is nog relatief 'n jong reun van ontrent 20 maande oud en weeg reeds 65kg en die oupa is 'n 91kg hond....
Hierdie is baie diep.
Slowstrike Hierdie is baie diep maak eintlik seer " Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie "
Hier is my vier been skadu.





Daar is hulle nou
Daar is hulle nou