Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys November 2026 Geert -47 minutes ago
olie prys vandag November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Kaapse kobras Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Honde kinders - wys ons joune

Oos Londen
Submitted by Goose on
Forums

My drie Worsies...

Slowstrike hulle is te dierbaar vir woorde . Ek vind myne as hulle verveeld raak dan vat hulle hulle grafies daai kort kampeer soort en grou gate wat vir niks skrik nie .Niks is veilig as die 3 besluit om op n jag ekspedisie te gaan .Die molle hier het hule "furniture" gevat en na die buurman getrek waar dit veiliger is laugh

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 22/08/2018 - 20:52

Kastrol - Leeu van die Wes Transvaal.

Ontmoet vir Kastrol, die leeu van die Wes Transvaal. Regtigwaar die klein Jack Russel dink hy is `n leeu!

Stout!, het dit op goeie authority vanaf sosiale media dat hy `n direkte afstammeling van lucifer is!

Het net oe vir sy nooi, hy sal haar agtervolg waar sy ookal loop!

Daai jersey probeerslag was `n groot mislukking, volgende dag word die jersey in stukkies gevind.

 

 

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Wed, 22/08/2018 - 22:01

Gesie daai Jack Russels het n persoonlikheid soos geen ander hond .My 3 dink hulle besit die huis en ek betaal net die huur vir hulle .Maar ou Kastrol mag maar hoor laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 02/09/2018 - 19:10

Ons nuwe brak is nog op moedersmelk. Gaan hom einde Oktober haal, Great Dane. Eintlik wou ons nie weer n hond gehad het nie, maar daar is nog tyd om een te geniet.  Sy naam is Spyker. Ek hou van n rrrr... vir n hondenaam op die einde, hulle jou ook daarvan.

Spyker

En so lyk Spyker as hy eendag groot is.

Ou brak

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Mon, 11/02/2019 - 08:24

Ons 3 vier voet kinders.

Honde
Voor is Nina (3 jaar) Daple/Basset.
Middel die nuutste Maxi (8 maande) Rhodiese rifrug/Boerboel. 
Agter is Chocolate (5 jaar) Chiuahua/Jack Russel
huis
Maxi se huis wat ek gebou het die naweek.

Chocolate hou van Indiese disse, Nina is mal oor vis en Maxi sal ons nog moet sien. Die kat is te goed vir fotos. laugh

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 11/02/2019 - 09:10

Gerhard,  jy het jou kamera gedraai toe jy die foto geneem het.  Daar waar die foto's gestoor is "edit" hom en stoor hom weer, dan behoort hy reg te laai.  Ek het dit ook al gekry, die rekenaar draai hom reg maar hy laai nie reg nie, as ek dit gedoen het is hy reg.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/02/2019 - 21:28

...................is ek en my annerhelfte verby die kinderskry-stadium  -  alle 2-been en 4-been kinders is lankal uit die huis en ons operate maar op 'n lock & go basis.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 12/02/2019 - 14:06

Wat ons by honde kan leer.........

 As iemand wat jy liefhet tuiskom, hardloop om hulle te groet;
 Moet nooit nee sê vir 'n pretrit nie;
 Geniet die vars lug en die wind in jou gesig ekstaties;
 Neem af en toe 'n slapie;
 Strek voordat jy opstaan;
 Hardloop, baljaar en speel daagliks;
 Gedy op aandag en laat mense aan jou raak;
 Moenie byt as 'n grom genoeg is nie;
 Staan 'n oomblik stil op 'n warm dag en lê op jou rug op die gras;
 Drink op 'n snikhete dag baie water en lê onder 'n skaduweeboom;
 As jy gelukkig is, dans rond en swaai jou hele lyf;
 Geniet 'n eenvoudige, lang uitstappie;
 Eet met smaak en entoesiasme, hou op as jy genoeg gehad het;
 Wees lojaal, moet nooit iets voorgee wat jy nie is nie;
 As dit wat jy wil hê diep ingespit is, grawe tot jy dit vind; en
 As iemand 'n slegte dag het, wees stil, sit naby en leun saggies teen hom aan.

 

Dan laastens hoekom lewe honde nie so lank nie

Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe en om almal altyd lief te hê,  

Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie

0

....ja Jacques, en ook buite op die gras skyt?devil

Ons moes mos vroeg Desember ons getroue ou Rottweiler laat uitsit en het nou 2 weke terug vir ons klein Jack Russel gekry - 7 weke oud en Saterdag my Boerboel gaan kry.....mensig maar die gaan 'n reus word.  Die puppy weeg op 8 weke klaar 9.8kg.  Die se pa is nog relatief 'n jong reun van ontrent 20 maande oud en weeg reeds 65kg en die oupa is 'n 91kg hond.... 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus