Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -12 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -18 hours ago

Noem geen name nie?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

ek wil nie name noem nie maar ek skryf die stukkie vir iemand op die forum wat mal is oor tennis, en dan spesifiek oor 'n sekere Spanjaard.

Die lang lenige donker Spanjaard stap op die tennisbaan, sy houding spreek van totale selfversekerheid.

Sy skuif reg op haar gemakstoel, neem so klein slukkie van haar Cherraz, haar oe is vas genael op daai lyf, sy voel, voel langs haar om die glas op die tafeltjie nee rte sit, sy kan nie vir ‘n oomblik haar oe van die skerm en HOM wegdraai nie.

Dit is warm op die baan, die donker geheimsinnige man is kaalrug, net so klein kort broekie aan, sy soepel spiere beweeg sensueel soos ‘n slang oor sy bors as hy beweeg, die lenige spiere in sy bo-bene en kuite is so styf sy voel of sy kan kitaar speel op dit. Die son bak op sy lyf, as hy die baan loop en inspekteur, daar vewrskyn so fyn lagie sweet op sy bors, dit laat hom glinster in die son, haar asemhaling raak al hoe vinniger, haar fingers vroetel onwilekeurig in haar hare. Dan…… hy draai sy gesig direk na die kamera, dit lyk of daardie donker sensueele oe direk in haar oe inkyk, sy voel of hy daar haar diepste geheime en verlange kan lees. So warm gevoel begin in die seter van haar lyf, dit versprei oor haar hele ligaam en laat ‘n blos op haar wange. Onwilekeurig lek sy haar lippe af, en sit met so fyn glimlagie om haar lippe.  Met so ligte snak en sagte kreun geluid voel, voel sy weer vir haar glas wyn, neem ‘n diep teug, baie dieper as wat sy bedoel het, maar haar hande bewe, haar liggaam verraai haar. Gevoelens wat sy al van vergeet het spoel deur haar lyf, sy het oe vir niks anders nie, net daai oe!!!!

Dan draai hy weg, draai sy sterk rug op haar, sy moet haar weerhou om nie die skerm te storm en haar hande oor daai rug te streel en haar vingers deur sy hare te stoot. Sy voel soos ‘n tienderjarige bakvissie, so hol kol op haar maag, sy is senuweeagtig en gee kort kort so giggle laggie, sy weet sy tree op soos ‘n bakvissie, maar daai lyf………………………?

Uiteindelik begin die wedstryd, sy weet nie of hy goed of sleg speel nie, sy sien net daai spiere orals oor daai sensueele donker lyf, en dan as hy so op sy tone gaan met sy hande bo in die lug, om aft e slaan, en daai klein witbroekie span so styf oor daai twee pragtige boude, sy snak na haar asem, neem rukerig en bewerig nog ‘n sluk wyn, bessef dan die glas is leeg……………….

Ja nee kyk die Tannie like haar tennis!!!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 02/09/2018 - 16:38

Lyk my sy is nie die enigste lid van hierdie forum wat die spanjaard en sy snare bewonder nie? laugh    Die een drink wyn en ander suig sy pyp totdat daar niks meer twak oor is nie cool

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 02/09/2018 - 17:29

Jissie, Arie, ek weet nou regtig nie van wie jy praat nie. blush  Wie sy ookal is, sy moet weet, sy staan in my pad.   Ek het alleenreg op daai lyf.   

Jy beskryf alles so perfek en mooi, dit is asof hy in lewende lywe hier op die forum verskyn.   Ek kan sweer jy praat van my.surprise    Die groot sweetdruppels op daai pragtige bruingebrande bo-arms en die mooie bene!   En dan, as sy hempie te nat raak en hy trek 'n droë een aan, daai six-pack.  Sjoe, mens weet nie waar moet jy eerste en laaste kyk nie.

Ja, helaas, al wat ek kan doen is kyk (en bewonder en wonder!)  en sluk aan daai wyn, sit nie eers die glas neer nie, dit help darem vir die droogheid in die mond.

Na 6 vanaand is hy weer te siene, ek en daai tannie, van wie jy praat, is reg vir hom!

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 03/09/2018 - 07:20

Ek kyk glad nie tennis nie, maar net geluister wat die Tannie kort, kort laat val hier op die forum, toe so bietjie met my inerlike vrou gesels, my self in die tannie se skoene geplaas en my verbeelding laat loop.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 03/09/2018 - 07:39

krap-snuif-krap-ruik-krap-snuif 

Ek het dieselfde opgemerk.  Dit bevestig eintlik dat Arie nie tennis kyk nie en slegs op die tannie se fantasië kon skryf.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 03/09/2018 - 07:45

En dat die botteltjies presies net so moet staan.  En die sakke en handdoeke presies op die regte plekke moet wees.   En dat hy oor al die lyne tree want hy trap nie daarop nie.   Ag Spekkies, al sy maniertjies is dan so oulik...wink

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 03/09/2018 - 09:19

Ek het so pragtige kruie boompie langs my kamp, gister vir noddy gewys, hy ken van plante en het my vertel dit is die boom van die lewe? En hier het ek gedink dit is 'n tamatie plantjie.

Ek het so per ongeluk uitgevind as my pyp met daai blaartjies stop, rook ek baaaaaaaie lekker, worry nie eers meer oor Petra se geneul om my ore nie!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 03/09/2018 - 09:28

Nee o hel ek hoor nou baie storietjies oor die Spanjaard? Botteltjies, snuif en krap [wat krap hy?] weet nou glad nie meer wat die tannie in hom sien nie??

Ek kyk nie vir die "mans" wat tennis speel nie, lyk vir my alteveel na so moffierige game vir mans?? Kyk liewer stoei of boks, vir my persoonlik so bietjie meer manlik, rugby orraait maar ek verkies sokker. Moet erken daai ouens sit ok maar baie aan?

Wat ek die meeste geniet is maar motor wedrenne, en veral kragboot wedrenne, sekker maar omdat ek self daaraan deelgeneem het vir baie jare?? Ook sokker gespeel in my se jonger dage?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 03/09/2018 - 10:41

Arie, Nadal het gewoontes wat hy slaafs navolg as hy speel.   Hy trek aan sy broek en vee oor sy gesig.   Nou sê die mans altyd hy trek sy broek uit sy agterent, dan ruik hy daaraan.laugh   Dit is sy manier om te fokus, as hy onder druk is, doen hy dit selfs terwyl hy op sy stoel sit.   Hy het twee botteltjies, een met water en een met 'n sap.  Hy sluk eers die sap, sit dan die botteltjie presies op die regte plek versigtig neer, dan drink hy water en sit daai botteltjie 'n entjie van die ander een presies versigtig neer.laugh   Hy is baie gedissiplineerd en 'n perfeksionis is alle opsigte, ook baie aggressief en aanvallend.     Maar van die baan af is hy so nederig soos kan kom.   'n Klompie jaar gelede was hy nie baie gewild onder die skare nie, maar deesdae is hy 'n absolute "crowd favourite".   Ek maak nou maar grappies oor sy lyf maar sy hele houding en die vibe wat hy op 'n tennisbaan bring, is hoekom ek so baie van hom hou.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 03/09/2018 - 11:20

Antie, ek trek maar net so bietjie jou been, as jy van hom hou dan mag jy maar, ek is self mal oor die Spaanse meisies, hulle doen maar net iets vir my?

Jy het so ruk terug genoem dat jy nie jou held so goed kan beskryf soos ek my nimfe nie - toe het ek maar so paar woordjies in jou mond gele en namens jou geskryf.

As die man daarvan hou om sy agterent te ruik is dit mos maar sy besluit, los hom maar om dit te doen!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus