Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -34 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Mooiman en vrou by Shammah

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek moes vanmiddag Bela-Bela toe ry en besluit toe om 'n bietjie te gaan kyk wat vang die pensionarisse alles aan by Shammah Bosveld kampeerplek.  Lyk vir my dit gaan heel lekker daar.

Ek het ook hierdie 2 mooi mense daar raakgeloop en hulle was so gaaf om my in te nooi vir' n lekker yskoue koeldrank en kuiertjie.   Ek het ook bewyse van die gebeurtenis smiley​​​​​​

Petra en Arie op hulle "nuwe" stoep tent. 

Petra en Arie

Arie was ook so gaaf om vir my sy mooi tamatie plantjie te wys. 

Tamatie plantjie

Tomato smoke

Dit was sommer baie lekker om julle weer te sien.  Onthou om my te nooi wanneer die eerste tamaties uitkom vir 'n lekker slaailaugh

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 05/09/2018 - 17:24

Anton, was lekker om jou weer te sien.

Ek nooi jou beslis vir so lekkerrrrrrr mensg, nee wag, leeeke nee, lat ek wer 3, aglosmaar, jy weetwatekbedoel

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 05/09/2018 - 19:12

Johann, kan sommer agterkom jy nie vir Antie petra baie goed nie??

Ek ken haar 51 jaar waarvan ek al 48 jaar met haar getroud is, boetaaaaa, sys MOEILIK, gelukig is ek 'n baie besadige stil mens.

Maar dankie vir my kompliment, jy som my darem reg en in die kol, op!?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 05/09/2018 - 19:19

Nou hoe groei daai plantjie so mooi in sulke dorre, bruin grond?   Tamatie, my voet!   Ek ruik 'n rot.   Ek dink dit is 'n plantjie wat in 'n potjie groei.   Arie eet nog nie eers die slaai nie en hy is klaar deurmekaar.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 05/09/2018 - 19:23

Hehe Arie, ek wonder hoeveel mense kon my eerste sin ontleeddevil

Ek het reeds 'n nuwe draad begin om myself  "voor te stel",  ek dink baie mense beskou my "uit tart" houding as moeilikheid soek, maar ek het daar teen besluit,  ek is soos ek is,  en geniet dit nogals om soms net bietjie te "stir". ek geniet elke inset op onse forum.

Wat jou en Petra betref,  ek is regtig ernstig, julle is albei twee opregte kampeerders mense-mense. Maar dan ook, so is almal wat ek en Bennanta daar by Mabalingwe ontmoed het.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 05/09/2018 - 19:24

Freda, ek was daar en het dit met my eie oge gesien.   'n Mooi bedding en als, en mens kan sien hy word met baie liefde versorg. 

Shammah is 'n lekker plek waar die oues sommer lekker uithang ook laugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 05/09/2018 - 19:51

Arie vertel my vandag dat hulle nou besluit het hierdie 3 maande op een plek kamp is te kort.  Hulle gaan nou vir 6 maande by Shammah staan en sien hulself nou as Permanente kampeerders en nie meer as Nomads nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 05/09/2018 - 20:05

Oom Arie, julle word nie ouer nie, lyl nog net so goed soos n paar jaar terug toe ek julle in Deneysville gesien het.

Snaaks ek is ook lief vir tamaties 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 06/09/2018 - 07:39

Ja my dierbaaarlike vriend die wonderbaarlike DK het vir my die troetelnaampie "Steekbaard" gegee, suiwer uit liefde vir my!!

Ek het nogal geheg geraak aan die naam.

Ai julle mense laat my klein voel deur ons so te vlei, maar dankie. Petra se ook dankie, sy moes eers gou na die foto kyk, as sy nie happy was sou sy Voorie verplig om dit te verwyder!

Ek het nou al 'n groot klomp manne en dames van die en die vorige forum persoonlik ontmoet, Almal deur die bank "GREAT MENSE"

Dit is wonderlik om te mag deel wees van so groep wonderlike mense - lief julle almal!

Die tamatie plantjie het ons hier ge-erf, kamp bestuur vertroetel hom regtig baie mooi, hulle wil he Petra moet 'n tee van dit trek, om pyn te verlig?

Ons is maar so half skrikerig, nie seker of dit 'n goeie dink is nie, ons is oor die algemeen glad nie lief vir enige soort van pille en goed om pyn te onderdruk nie.

Petra was so 18 maande terug in RB op morfien vir pyn, sy het dit so gou as moontlik gestaak, so bang sy kan later nie sonder dit leef nie?

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/09/2018 - 08:10

Stetkte vir Petra Arie.

Ek glo as jy daai tamatie plant reg hanteer, gaan dit verligting bring, sonder na gevolge, ek hoop maar die kenners lees hier raak. Ek het al baie gehoor dat dit vir pyn gebruik word?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 06/09/2018 - 08:25

Arie, dit is altyd jammer om te hoor dat Petra aanmekaar pyn het.   Ons harte gaan regtig uit na haar om daarmee saam te leef.  As mens dit nie self beleef nie, kan jy jou nie regtig voorstel hoe dit moet wees nie.   Daar is eintlik nie woorde om met haar te simpatiseer nie want dit sal dit nie beter maak nie, net genade van Bo.   Hou jy maar net aan om vir haar baie liefde te gee, sy verdien dit.heart

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/09/2018 - 08:30

Amen.

Daar is eintlik nie woorde om met haar te simpatiseer nie want dit sal dit nie beter maak nie, net genade van Bo.   Hou jy maar net aan om vir haar baie liefde te gee, sy verdien dit.heart

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 06/09/2018 - 08:32

Oom Steekbaard, daai papegaaislaai kan beslis vir Petra help, al is dit net om jou strooipratery sagter op die oor te laat klink!!

Arie, regtig, dit werk baie goed, ek het mense wat met Afrika-aartappel boer vir uitvoer-doeleindes, en hulle verwerk ook die tamtatieplante in smeermiddels (olie) ens., maar ek sou voorstel om eers met baie matige (flou) teetjie te begin.

Vir die olie se gebruik moet mens ook maar eers toets, ek wou vir my hand dit gebruik, maar met toetse was daar uitslag, en ek blyk dus allergies te wees daarvoor. Ek weet egter van baie mense wat baie goeie resultate kry, en totaal afgestap het van gewone medikasie, maar nou baie beter lewensgehalte het (danksy die "tamatie-blaar"olie! )

Vir jou pyp, maak maar eers blare effe droog!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus