Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 dae Geert - Ballito Geert -17 minutes ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -22 minutes ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

SOLAR STESEL VIR KARAVAAN ...

Springs
Profile picture for user Riaan
Submitted by Riaan on
Forums

Waar is al die die bofins met die kennis,raad en foto's?

Ek beoog om 'n krag stelsel aan te koop vir ons karavaan en kamp behoeftes.

Ek wil graagdie volgende uitrusting van elekrisiteit voorsien.

1. KIC 170 L Yskas/ Vrieskas 220V ingebou in karavaan. (Heeldag aan).

2. 2 x Snowmaster vrieskaste 60 L. (Heeldag aan/of kan in aand afsit).

3. 2 x 12v Waaiers in karavaan. (Dag en nag).

4. 6 LED ligte. 2 binne in karavaan en 4 buite.

5. 3 x Selfone (12 v) en Laptop (220V).

6. 2 x 12v water pompies (1 x binne karavaan en 1 x buite).

7. Laai van 4 x 7ah batterye vir aasboot (Moet ek 'n aparte stelsel hê om die batterye te laai?? en wat gaan ek nodig hê?)

Ek beoog om 2 x 200ah batterye aan te koop en agter in Bakkie te vervoer.

Ok nou die raad....

Hoe groot/veel sonpanele sal ek nodig hê?

Tiepe kontroleerder?

(Meters, wysers en gadgets wat alles check).

Groote van Inverter 12v na 220V? (Vir yskas).

Sal die 2 x 200ah batterye genoeg wees? (Hoe moet hulle gekoppel word (Gebruik eers die een en dan die ander een of altwee saam en sal die sonpanele hulle altwee binne 6ure weer vol kan laai?)

(Ek sal ook graag die batterye wil kan laai terwyl ek hulle vervoer. (Wat gaan die beste wees - Daai solinoid stelsels van voertuig se battery na agter met kabel of DC to DC laai stelsel in te bou in voertuig? Sal die stelsel dan ook werk om 'n klein 105ah tot 140ah battery te laai (vir wanneer mens net met voertuig en tent gaan kamp en een kamp yskas en 3 LED ligte).

Wie kan hierdie somme maak ivm die totale?

Nou die groot vraag????????????????

Wie beveel julle aan, waar ek die beste pryse, uitrusting en diens sal kry?

Ek sal graag die stelsel ook as nood tydens Loadshedding wil gebruik. (So verkieslik moet die stelsel mobiel wees). (Plug en Play stelsel).

Wie van julle het solar stelsels en kan julle asb fotos plaas (eerlik ek wil met die oog steel en sien watter planne julle manne gemaak het asb).

Sit asb julle gedagtes en idees by soos wat julle goed dink ek is 'n leek as dit by die soort van goed kom

Maar hierdie Desember wil ek koue bier drink, nie weer sukkel met gas yskas wat nie koud genoeg word in Desember se hitte en elke 2de dag ry om ys te koop nie.

Ek sien uit na julle raad en voorstelle.

Groete

 

 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 28/09/2018 - 02:04

Plug en play stelsel sal werk maak seker jou solar systeem is lekke fris is sterkte met projek Riaan

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 28/09/2018 - 05:26

Dit is nogal 'n lekker groot projek.    Het enigiemand al aan jou voorgestel om 1.5 V selle te gebruik en in serie te plaas?   Hoekom ek dit sê, ek het 'n vriend wat ook lank gespeel het met sy eie sisteem en het die 12V batterye gebruik, maar vir harde werk het hulle nie lank gehou nie.  Toe gaan hy oor na 1.5 V selle en van toe af is hy baie happy!   Ek dink natuurlik vir die ouens wat wil kamp met 'n 1 of 2 klein 12 volt combo's is dit nie nodig nie en raak die 1.5 V selle te groot en swaar, maar sodra jy groter wil gaan  kan dit moontli 'n opsie wees?

0
Witbank

johandup

Fri, 28/09/2018 - 07:30

Dis maklik om so 'n stelsel aanmekaar te slaan as jy baie geld het.

My vraag is hoekom kamp jy nie by plekke met krag nie? As jy alleen by plekke is sal 'n kragopwekker baie meer koste effektief wees. Kyk dan na die inverter soort wat duurder en baie stiller is.

Dis makliker om energie besparende toestelle te koop as om solar krag te voorsien aan aan energie vrate. Dis die raad wat gegee word as jy begin kyk na 'n stelsel vir jou huis.

Jy kry yskaste wat op gas hardloop maar dis groter en  nie so goed soos kompressor yskaste nie. Maar dan is jou stelsel baie makliker en nie afhanklik van die son nie.

Moet nie vergeet om te kyk na wat die gewig is wat jy wil bysit nie.

'n Solar battery weeg maklik 60kg. En moet nie diepsel met solar verwar nie. Diepsel batterye is baie oneffektief en hou nie lank nie.

Gaan kyk hoe kyk die stelsels wat op die boswaens geinstaller word. Bly weg van stelsels wat 220v gebruik want inverters is duur en verloor baie met omskakeling.

En jy kan maksimum 4 ure per dag krag kry van sonpanels - reken die 64 dae reëndae by vir die somer.

0
Pretoria

leeu

Fri, 28/09/2018 - 08:30

Hi Riaan,

Daar is 'n spreiblad wat jy invul om al die verbruik wat jy gaan nodig kry, uit te werk. Dan sal jy sien hoveel Watt panele jy gaan nodig kry.

Kragstelesels is baie duur, ek stel voor as jy in Centurion is, om 'n draai by Led & Beyond te gaan maak, hierdie manne is nie suinig met advies nie en sal jou stelsel, indien nie eers by hulle gekoop nie, gratis toets.

Ek beveel aan dat jy by 'n webwerf aansluit waar die dinge daagliks bespreek word soos: 4x4community.co.za. Daar is 'n leeftyd van voorstelle en idees. Elke ou dink sy stelsel is die beste, maar miskien werk dit vir hom, maar nie noodwendig vir 'n ander nie. Wees baie versigtig, jy kan vinnig te veel geld spandeer aan iets wat nie gaan werk nie. 

Ek sal kyk of ek die spreiblad êrens kan opspoor en hier plaas.

Groete

0
Pretoria

leeu

Fri, 28/09/2018 - 08:32

O, ek het vergeet om te noem. Ek het drie sonpanele op my wa se dak gehad met 2 x 200A batterye. Dit was 'n "overkill" want dit was net vir LED ligte, 2 National Luna yskassies en dit was dit. My panele het ek so opgesit dat jy dit kan verwyder as jy nie met die wa in vol son staan nie.

0
Pretoria

leeu

Fri, 28/09/2018 - 08:34

1. Determine the amount of battery hrs required (Bhr)

Bhr = Total hours between 220volt supply (Thr) – driving hrs (Dhr) – solar hrs (Shr) – generator hrs (Ghr) (if applicable)

Example 5 days between 220v supply :

Bhr = 120hr (Thr) – 25hr (Dhr 5hr/day) – 30hr (Shr 6hr/day) – 0hrs (Ghr).(remember do not double account – cannot book solar hours if one is driving during that time or visa verca, and one assumes that during Dhr, and Ghr, the equipment is running independently from the battery

In this example Bhr = 65hr

2. Determine the Battery amphrs required (Bamphr)

2 x Fridge – 2 x 2.5amps/ hr (average amps on a 24hr cycle), therefore one requires 65hr x 2.5 amps/ hr x 2 fridges, if I assume 90% efficiency, one requires 360amphrs. One can try to be a bit cute here and say well 10 hrs is at night thus X amps/ hr and the rest is during the heat of the day thus uses X amps/hr. 

Add an additional 5amphr per day for lights and others = 360 + 25 = 385

Thus Bamphr = 400amphr

3. Determine the amount of charging hrs

Charge hrs in this example is 25hr (Dhr 5hr/day) + 30hr (Shr 6hr/day) = 55hr

4. Determine amphrs provided (Pamphr)

If the vehicle’s charging capacity is 10amp, then at 80% efficiency the Dhr provides 200amphrs (8amps over 25hrs) over 5 days.
A 100W solar panel at 12 volts should theoretically provide 8.3 amps, at 60% efficiency (panel and controller) say 5amps. Two 100W panels in parallel say 10amps. The fridges would consume 7amp/hr (heat of the day) thus 3amps spare for charging at 80% efficiency the solar provides 72 ampshrs over the 5 days for charging (assuming good weather)

Thus Pamphr = 272amphr

2 fully charged 106 amphr batteries to start off with provides 150 – 160amphrs

5. Summary

Total amphrs required is 400 amphr, 

Battery amps provided during charging = 272amphr
Initial battery amphrs = 150 – 160amphrs

Thus total amphrs available is 432 amphrs

6. Comments 

It may seem that solar in this scenario is a waste of time (providing only 72amphr) but with no solar Bhr increases by 30hr and an additional 150 amphrs needs to be generated by Dhr charging resulting in an additional 19hr of driving over the 5 days

Please feel free to comment on my assumptions or correct my mistakes, I hope this is understandable and useful

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 28/09/2018 - 08:39

Ek stem met Johandup saam.  En ek dink oom Len sal ook saamstem.  Ek gebruik gas en die ligte is LED's wat baie min krag trek. 

Ek het ook my huis met daardie LED's gedoen en kan al die ligte in die huis trek van n motorfiets bat.  af vir meer as 4 uur.  Dit is gewoonlik die langste wat die ligte in die aand sal brand. 

Ek het n 9kg gas wat ek saamry vir die yskas  geyser en stoof. Dit hou meer as n week en weeg nie eers die selfde as net die bat. nie. 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 28/09/2018 - 09:15

Segekok het my gedagtes gelees, solar-krag is 'n duur opsie en al die komponente weeg swaar.  Ek is 'n gas-man en my yskas en vrieskassie (42 liter) word met gas aangedryf. Ek het 'n 102Ah battery in die karavaan met LED ligte en twee 12V waterpompies. My laptop en twee selfone laai ek met 'n klein 300W Moto-Quip invertertjie vanaf die karavaan se battery, net wanneer nodig.  Laasgenoemde battery top ek so nou en dan op vanaf my sleepvoertuig.

Ek dink absorpsie (gas) yskaste en vrieskaste is wonderlike toerusting en indien reg en gereëld gebruik, bly dit maar die ideale kragbron, goedkoop en eenvoudig. (My karavaan Dometic yskas is 13 jaar oud en my Edesa vrieskassie 35 jaar  -  beide werk nog steeds soos 'n droom, selfs in die Kruger Wildtuin teen 30º+ temperature).

0
Oos Londen

Goose

Fri, 28/09/2018 - 14:52

Riaan, ek stel voor jy ry na Bushpower toe in Midrand en gaan praat daar met die ouens wat weet. Jy kry honderde produkte wat dieselfde doen met elkeen sy eie prys.

0
Springs
Profile picture for user Riaan

Riaan

Mon, 08/10/2018 - 16:40

Solar oplossing

Ek dink ek het nou die Solar en krag oplossing vir my karavaan gekry.

3 x 300w (24V) Sonpanele. (As ek budget rek 4 x panale)

2 x 200AH Batterye. (As ek baie langer gaan staan as 2 weke 3 x batterye) Gewig nie regtig 'n probleem ek ry Mazda :-)

1 x 2,5kw of 3kw Pure Sine wave inverter.

60A Kontroler

Sien die plan werk so. My karavaan is 220v ingerig met 220v yskas en induksie plaat en 2 x snomaster yskaste (gaan hulle op 220v trek en nie 12v nie) Ek gaan die krag van die batterye deur die inverter na daai blou plug aan my karavaan koppel dan is daar 220v vir alles in die karavaan en Ma se haardroeër en mikrogolf. (Ok nie alles gelyk nie maar soos nodig). Daai 3 x panele van 24v geen vir my dubble die Amps wat 12v panele in dieselfde tyd so uitgestoot het. So dit is amper 1kw wat daai panele opwek en na batterye stoot.

Ek kan dan 12v LEDs aan batterye koppel soos benodig vir buite ligte. (Min amps LEDs). (Wat ek ook belangrik ag is dat wanneer jy 220v toerusting koop kyk vir die laagste amps en watts toerusting om tydens kamp te gebruik. (Mammie hoef mos nie 'n 2500 watt haar droeë tydens kamp te gebruik nie).

Die ander voordeel is wanneer ek nie kamp nie kan ek die stelsel by die huis gebruik tydens loadshedding en met bietjie uitbreiding op die panele en batterye kan ek my huis se basise behoeftes ligte (7w LEDs), yskaste, TV rekenaars ens gebruik op die stelsel tydens loadshedding.

Ok Ok Ok ek weet wat die meeste gaan sê OVERKILL (so what) ek het die spasie binne in die karavaan se dak om die panele te vervoer daai inverter weeg 6kg en die batterye (GEL) 120kg (60Kg) elk agter in my bakkie sal later DC to DC charger dubble battery stelsel in bakkie sit.

Ek kan die hele stelsel kry binne my budget met 2 jaar waarborg op al die items en gewaarborgde A graad panele met sertifikaat dat al die selle 100% werk. (Alle draade, koppelings en plugs ens ingesluit).

Behalwe die sogenaamde OVERKILL, wat dink julle van die stelsel en plan? Volgens berekeninge en 100% son en oordeelkundige gebruik van die elektrisiteit kan die batterye weer teen 12uur die volgende dag vol gelaai wees sonder om 'n cycle op die batterye te verloor.

Soos ek verstaan en na somme en raad is dit beter om die 220v rigting te gaan om dat die amps minder is op 220v as wanneer die yskaste op 12v is en dus minder krag gebruik.

Ek hoor graag van julle ingeligte opinies oor die beplande stelsel.

(Hopenlik drink ek die Desember nie weer warm bier indecision en ry kms agter ys aan nie).

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 08/10/2018 - 19:15

Ek gebruik een van die outjies by die huis.  Maar hy vat net 2 x 105 ah batterye en het ook 'n solar charger input.  Ek moet nog net die panele aanskaf - eendag.     Ons gebruik dit net vir ligte, TV - home entertainment, Hifi , rekenaars / fone en kampyskas en hy skop sommer self in as die krag afgaan.   Mecer bbone 24S

Mecer bbone

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus