Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Sindikaat vasgetrek wat baie mense gevang het

Pretoria
Submitted by leeu on
Forums

Goeie môre, wie het gisteraand Carte Blanche gekyk?

Die sindikaat wat verkopers o.a deur OLX, Gumtree, ens geadverteer het verneuk is, is vasgetrek in Vereeniging/ van der Bylpark. Hulle skakel die verkopers en lei hulle in 'n lokval met diamante wat eers verkoop moet word en dan kom twee polisie lede ingeloop en word die verkopers geintimideer, heeltemal onskuldig.

Pasop as julle iets adverteer, wees altyd gefokus en op julle hoede.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/10/2018 - 11:46

Ek verstaan nou nie mooi nie, as jy wil saam diamante smokkel oortree jy die wet, dan kan jy mos nie moan as jy verneuk word nie?

Hulle se mos "There is no honour amongst thieves"?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/10/2018 - 11:49

Arie, hoe ek dit verstaan is die onskuldiges  wil nie diamante smokkel nie, maar dit kom so voor en dan kom die polisie die prentjie in om hulle te intimideer?  Dalk is dit net my verbeelding?

Leeu moet asb vir ons kom verduidelik. smiley

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/10/2018 - 11:53

OK, ek het gaan soek en kry toe iets op Mybroadbad:

How the scam works

A syndicate member contacts the victim – the vehicle seller – and lures them to a meeting in Vanderbijlpark to buy their vehicle.

At the meeting the victim is introduced to a second member of the syndicate, who shows them a bag full of cash and diamonds.

The diamonds must allegedly be sold to a third party to make up the rest of the cash to pay for the vehicle.

The victim is then taken to a nearby house, where they are told to wait for the rest of the money to arrive.

Fake police officers then barge into the house and accuse the victims of fake diamond dealings.

HIER IS DIE SKAKEL :  MYBROADBAND

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 16/10/2018 - 07:02

En hier gebeur dit alweer op my voorstoep.

Dit is deesdae gevaarlik om goed tekoop op die verkoop groepe.

Het my Suzuki Vitara ook op n groep gesien en gekoop. Ek het eers ondersoek gedoen en die man op FB gaan uitkyk en wel Suzuki daar ook gesien waar hy hom gebruik het en ook die registrasie nommer deur n vriend laat nagaan om te sien of dit syne was.

My bank doen nie "instant" EFT nie, toe soek hy kontant. R 60k. Het hom mooi laat verstaan ek trek nie soveel geld en loop by n bank uit nie. As hy kontant soek doen ons transaksie binne die bank en al,die papier werk en hy kan met daai hoeveelheid geld by bank uitloop, as hulle hom dan roof, is dit sy verlies.

0
Pretoria

leeu

Tue, 16/10/2018 - 14:35

Jammer julle, ek het so bietjie besig geraak. Gelukkig het julle die storie uitgepluis. Ek het juis so week of twee terug 'n pragtige National Luna yskassie gesien op Gumtree, toe verneem ek die verkoper bly ook in Vereeniging, toe wil hy my ontmoet by die Ultra City, toe skrik dit my af. Ek wou die 80L koop en eerder my swaarder 110L verkoop het, maar sal dit maar eerder hou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus